Departement Afrikaans: Lektorpos beskikbaar aan die Universiteit van Fort Hare, Oos-Londen-kampus

  • 0

Aansoeke word ingewag van geskikte kandidate vir die volgende pos:

Universiteit van Fort Hare
Oos-Londen-kampus

Lektor: Departement Afrikaans
Fakulteit van Sosiale en Natuurwetenskappe

Die Departement van Afrikaans aan die Universiteit van Fort Hare benodig die dienste van ’n Lektor in Afrikaans op die Oos-Londen-kampus:

Vereistes

  • ’n Magistergraad in Afrikaans.
  • Navorsingsartikels in geakkrediteerde vaktydskrifte.
  • Minstens drie jaar akademiese en administratiewe ervaring op tersiêre vlak.

Pligte

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om

  • voor- en nagraadse modules in Afrikaanse Taal- en Letterkunde aan te bied
  • nagraadse studieleiding te verskaf
  • deel te neem aan die navorsingsaktiwiteite en gemeenskapsprojekte van die Departement en die Fakulteit.

Aanvangsdatum

1 Januarie 2013.

Stuur u aansoek, waarin u huidige posisie en pligte uiteengesit word, vergesel van ’n CV, kopieë van kwalifikasies en drie verwysingsbriewe, aan:

Dr S Smith
Departementshoof Afrikaans
Universiteit van Fort Hare
Privaatsak X9083
Oos-Londen
5200.

Sluitingsdatum: 26 Oktober 2012

Navrae kan gerig word aan:
Dr S Smith, ssmith@ufh.ac.za.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top