Webseminare | Web seminars

 
Dank die sterre vir Engels
Ek was vanaf 2008 tot 2010 ’n student aan die US. Ek beoog ook om weer in 2012 te studeer. En ek dank die sterre vir Engels op kampus.

Daar is wel ’n paar elemente van persoonlike vooroordeelwat ek graag op die tafel wil lê voordat ek hier verder gaan. Eerstens, alhoewel my moedertaal Afrikaans is, was my universiteitsopvoeding omtrent 100 persent Engels gewees. Ek praat beide tale, elk met ’n baie anderse waardering as vir die ander.

Die redes waarom ek die sterre dank vir Engels op kampus, is pragmaties en eenvoudig. Hier is ’n paar:
  1. Ek verneem dat vanaf 2011 meer as 50 persent van studente aan die US nie Afrikaans is nie. Indien nie, dan sal dit baie, baie vinnig so wees. So much for the taalbulle majority.

    Die feit dat ons onderrig en – nog meer pertinent – ons navorsing al hoe meer in Engels plaasvind, is die rede waarom die US stadig maar seker haar pad terugklou tot in die top 500, waar sy regtens hoort.
  2. Rede nr 2, asook die feit dat my onderrig ’n Engelse komponent bevat, maak my natuurlik vreeslik gelukkig, want my graad is meer kompeterend in die werkplek. Wys vir my ’n prominente maatskappy se hoofkantoor in byvoorbeeld die finansiële of ingenieurswese-sektore wat nog hoofsaaklik in Afrikaans verkeer en ek wys vir jou ’n kortsigtige besigheidsmodel.
  3. Engels maak my graad soveel meer uitvoerbaar na ander lande – dit het (vir goed of kwaad) die universele oorbruggingstaal geword, en bied my beter toegang tot daardie universiteite, beurse en markte.
  4. Ek hou van die feit dat daar ’n gevestigde Engelse subkultuur op kampus is, bru. Dit sal vir my fantasties wees as daar ook ’n hele paar ander sulke subkulture hulself kom vestig. Dit vorm ’n aangename and noodsaaklike teenwig vir die wit-Afrikaner-Calvinis-houding en belaglike backward-looking debatte oor kunswerke op kampus wat "demonisties" voorkom, ens. Dit is nie meer 1983 nie.
  5. Die aggressie waarmee die taalbulle optree, en die absolute wilskrag wat hulle inspan om hierdie kwessie aspris in ’n bakleiery te omskep, doen per slot van rekening ver meer skade aan ons taal as enigiets anders. Afrikaans is ’n wonderlike taal, maar sonder natuurlike, organiese en ongeforseerde ontwikkeling gaan sy sterf aan ’n suurstoftekort na die brein. Die Hollanders skroom nie om “computer” of “Big Bang”te sê nie. Ek steun beslis nie die woord “oerknal” nie; en ek is nie alleen nie. En dit sê baie oor die aard van Afrikaans se probleem.

Maar afgesien van hierdie baie eenvoudige, pragmatiese opsomming van my persoonlike gevoelens oor die saak, asook die ongelooglike gehalte van die publieke diskoers wat ’n mens hier en hier kan raaklees, is daar ’n slotsom wat ek dink hierdie klein meninkie oortref.

Daar is drie fundamentele elemente inherent aan hierdie debat.

Eerstens, Afrikaans as ’n taal, as ’n verskynsel, is in die kak.

Tweedens, daar is ’n onopgeloste sosiopolitiese probleem aan die US – dié van die universiteit se identiteit, wat af en toe in direkte teenstand kom met die identiteit van sy lede.

Derdens, daar is ’n sterk koppeling wat gemaak word tussen taal en identiteit – persoonlike identiteit asook groepsidentiteit (in hierdie geval dié van die US).

So: hou op om die drie te verwar met mekaar. Afrikaans se penarie is nie analoog aan die US s’n nie. Die koppeling is ’n sosiale instink, en die stand van Afrikaans as ’n taal kan nie gebruik word as leverage in die stryd om die US se identiteitskrisis op te los nie.

En laastens, daar is geen realistiese argument uit te maak dat die verkose taal en identiteit van jou opvoeders hoegenaamd die manifestering van jou eie persoonlike identiteit ondermyn nie. So hou op huil, man up en grond jou besluit in wat die beste sal wees vir die volhoubare verbetering van die Universiteit Stellenbosch – kwaliteit.

Phil

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address