Crito se gewaande Objektiewe Oordeel

  • 2

Met Crito se lesing van Andries Visagie resensie van TT Cloete se Karnaval en lent besef ‘n mens vir die soveelste keer dat Crito kommentaar lewer op ‘n resensie sonder om die boek te lees. Dus, as hy hierdie bundel gelees het sou hy die volgende besef het:

http://www.dieburger.com/bylae/2014-04-06-soeke-na-goddelike-in-moderne-wreld-boei

Visagie skryf:”Hierdie skildery is ’n uitbeelding van die karnaval, wat deur uitspattige gedrag en oordadige kos- en drankgebruik gekenmerk word en wat volg ná die einde van die sobere vastyd wat as Lent bekend staan.”

Dis egter eers karnaval, dan lent. Die Lent, aldus die Rooms Katolieke kalender, volg na die uitbundigheid. Dit staan ook so in die voorwoord tot die bundel.

Ek dink Crito se gewaande Objektiewe Oordeel van wat ‘n resensie behoort te wees, kan net water hou as die tersaaklike boek ten minste gelees is.

Joan Hambidge

  • 2

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Joan, jou problem met Crito is nie uniek op LitNet nie. Ek het dieselfde probleem met Wouter Ferns.

     

    Johannes Comestor

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top