wie se vryheid?

  • 0

/Xam-sprek’rs wassie minnie, hul was baie,
een kraal narie ann’r opg’spoor, uitg’wis,
volksmoord g’n grappie, sweerl’k, ’s g’wis,
om g’skied’nis loop historici wawye draaie

Van’r Stel, Plett’nberg, Oudtshoorn, o, goew’rneur,
sou sek’r maak, inkomm’r, setlaar, word b’skerm,
’t was mossie nod’g, Mens oor inheemse t’ontferm,
aan Eerstes se argument, g’san’k, pleidooi, t’steur

kaart-’n-transport virre grensboer ’n groot saak,
vind v’n vyand was v’rkenn’rs se prioriteit, taak,
vyandvest’ng douvoordag m’t grond g’lyk g’maak,
werfbobb’jaan m’t mag en men’ng makg’maak

tot v’dag toe bly Eerste Mens uitg’skuif,
eeue g’lee al v’n erfgrond af v’rdryf

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top