Vir Jaco oor die VF plus en gay regte

  • 20

Na aanleiding van my en Jaco Fourie (en vele ander!) se onlangse meningswisseling oor die komende verkiesing / vir wie om te stem, en Jaco se uitgesproke steun vir die VF plus, het ek oor die volgende gewonder:

Jaco is, as hom reg verstaan, uitgesproke gay. Nou’t ek gaan kyk op die VF plus se webwerf of daar énige iets oor gay / lesbiese regte gesê word. Hulle verwys darem so skalks na vroue- en kinderregte, maar niks oor gay / lesbiese regte nie. Om die waarheid te sê, daar word eintlik niks oor menseregte gesê nie, behalwe die ou geykte selfbeskikking goed nie. Ek self is heteroseksueel, maar het ek al jare terug besef dat gay / lesbiërs op dieselfde menswaardigheid geregtig is as elke ander landsburger in die (soms droewige) land van ons. Soos die grondwet tereg proklameer, behoort daar géén diskriminasie te wees teenoor gay / lesbiërs nie: Nie in die werkplek, die kerk, die sosiale omgewing of wáár ook al nie.

Jaco, kom ons speel bietjie wensdenkery: Die VF plus wen die verkiesing en skielik verander die omgewing geheel en al: Die Afrikaner-konserwatiewes neem beheer oor, en bepaal die samelewing-orde. Waar gaan julle (gay/ lesbiërs) julself bevind. Weer randeiers op wie neergekyk word en bespot word … Hoekom sê die Mulder-broers niks nie? Hulle wéét hulle sal in die openbaar vergúís word deur die regses wie se stemme hul graag wil hê.

Ingeligte stemgeregtigdes wil hieroor weet. Kan jy opheldering vir ons kry. Die VF plus sê niks hieroor nie.

Dirk Rigter

  • 20

Kommentaar

  • Jaco,

    Hy is desperaat om jou te kry om vir die DA te stem. Moet jy nie daaraan steur nie, ek is ook gay en stem al jare lank vir hulle. Die VF gaan nie sommer die grondwet kan verander nie, al wou hulle, wat ek sterk betwyfel.

    Onder die ou Nasionale Party-regering was daar streng konserwatiewe mense wat teen gays gekant was, sommiges sou jou sommer gedonner het as hulle van jou uitvind.  En dit het in baie gevalle gebeur. Die NP het, ek dink dit was in die 80's, die wette teen gays versag en bepaal dat dit in privaatheid tussen instemmende volwassenes mag plaasvind.

    Van die laat 70's af het ek gereeld gay klubs bygewoon en lekker disko gedans. Ons is nooit ge-"raid" of gedreig deur die polisie nie, net enkele privaat skobbejakke het soms van ons ouens aangerand as ons snags by die klubs uitkom. Ek is seker in die DA is ook sulke skobbejakke soos in elke party en elke organisasie van die samelewing.

    Bowendien en bowenal, die Vryheidsfront beplan gladnie om die verkiesing te wen en die land te regeer nie, dit bestaan bloot om hom te beywer vir die regte van minderheidsgroepe.

    Wees verseker van die vryheid wat jy as gay onder die Vryheidsfront sal geniet.

    Varkspek

    • Goeie dag. Op die lig van gay regte ondersteun ek nie. Die bybel is baie duidelik oor hoe God daaroor voel. Ek kan nie iets ondersteun wat nie die Here se goedkeuring wegdra nie. Ek oordeel nie mense nie en elke mens het ’n vrye wil gekry oor hoe hul wil lewe. Ongelukkig sal daar altyd ’n skeiding wees tussen bybelsgehoorsame christene en christene wat die bybel wil vertolk soos hulle wil.
      God seën

  • CorneliusHenn

    Wyl die onthutste Dirk Rigter 'n kwessie probeer maak van die VFPlus se kamstige swye oor gay / lesbiese regte, kan ek nie help om te wonder wat ek van sy DA en ANC se openlike en blatante minagting vir Afrikaner regte moet dink nie ... net nog 'n bewys hoe sulke (s)linkse nuwe/neo liberale "useful idiots" nie 'n benul aan konsekwente denke het nie!

  • Dirk  

    Jy het ooglopend  nie na die ondergenoemde skakel gekyk wat as respons deur Cornelius  op my brief  “Tyd  om te stem of glad nie te stem  nie” – 10 Maart 14  aangegee was nie.  Daarin sal jy vinning agterkom  dat die VF+ se politiek nie die sort is wat jy  in jou brief hierbo wil projekteer nie.  Jy sal ook in die video waarneem dat anderskleuriges,  met VF+ hempies wat kort kort instemmend  vir die spreker geknik het, ook teenwoordig was.  

    Ek stel voor dat jy na  hierdie video kyk alvorens jy onware veronderstellings  maak soos in jou brief  weergee is.  

    http://www.youtube.com/watch?v=XcwDx114IFQ&feature=youtu.be
      
    Die VF+ waarheid is:  

    1.   Hulle is die enigste parlementere party wat teen  diskriminerende  “regstellende" aksie, wat Bruin en Indiers ingesluit, gekant is.  

    2.   Hulle is die  engiste parlementere party wat gekant is teen die verlenging tot  2019 vir verdere grondeise, met die gepaardgaande hofsake en besluitnemings vir jare daarna.  

    3.   Hulle ondersteun en  onderskryf die grondwet  wat in sigself  gelyke regte aan almal toeken, gays inkluis.  

    4.   Hulle ondersteun en  onderskryf gelykheid van  al ons landstale, asook die daadwerklike bevordering van elk.  

    5.   Hulle wil hulself vir die toekoms herposisioneer as ‘n  party vir minderhede ongeag  ras.  

    6.  Hulle weet hulle sal  nooit in eie reg, die regering van die land word  nie, net soos die DA; COPE; EEF; AGANG; IFP; ens. in eie reg, dit ook nie sal kan  regkry nie, die dat hulle die post ANC  regering as ‘n  veelrassige koalisie van  politieke partye as die toekomstige  regering sien, waarby die VF+ deel is om vir minderheidsregte te kan beding.  

    Die ses punte wat ek hierbo genoem het, sal jy of direk, of  deur sinspeling, in die video waarneem.  Ek glo hierdie punte be-antwoord jou vraag veral mbt tot die VF+ se possisie betreffende gays. 

    Die VF+ se verklaarde  onderwerping aan die konstitusie wat gelyke regte aan almal, gays inkluis, toeken, beteken  hulle sal nie teen gays diskrimineer nie.  

    Op my beurt vra ek jou.  Waar het jy ooit enige VF+ anti-gay uitinge of optrede teegekom?

  • Dirk

    Ek gee hiermee 'n aparte respons teenoor dit mbt VF+.  Dit gaan hier oor Afrikaner-gay wees.

    Jy is redelik nuut hier.  Ek het hierdie onderwerp al voorheen in redelike diepte bespreek, maar sal dit kortliks vir jou hier opsom.

    As gevolg van persoonlike waarneming, waar Afrikaners omtrent 60% van die blanke bevolking uitmaak, is Afrikaner-gays omtrent 80% van die blanke gay-bevolking.

    Die meerderheid Afrikaner-gays is sku vir anderskleurige gays, tot so 'n mate dat daar 'n tweespalk op ras gegrond is tussen blank en anderskleurige-gays.  Sodra 'n gayklub 'n ongewenste getal anderskleurige ondersteuning het, verdamp blanke-gays na nuutgestigde klubs, en word die proses herhaal vir dieselfde redes.

    In die verlede was Johannesburg, veral Hillbrow die gay-mecca.  Vandag, die paar blanke-gay-klubs wat nog in Johannesburg te vinde is, is in die noordelike voorstede versteek te vinde, weg van die taxis roetes; toegang en drankies peperduur daarby vir ooglopende redes.

    Vandag is Centurion en Pretoria die blanke gay-mecca.  In die verlede het Pretoria blanke-gays Johannesburg klubs ondersteun.  Vandag is dit andersom waar Johannesburgers na Centurion en Pretoria toe ry.

    Die ironie is die geveinsdheid, liberaal praat (dws. polities korrek wees) maar verkramp optree.

  • Dirk, hierdie land het genoeg bobbejane in hoge plekke. Dis nie nodig om nog een agter die berg te gaan haal nie.  Die VF staan nie enige kans om aan bewind te kom nie. (Demografie tel eenvoudig daarteen.)  Ook is wensdenkery nie 'n basis vir besluite neem, (of  nie neem nie). Indien Jaco VF wil stem, kan hy dit gerus doen en sy stem op sy maag skryf en met sy hemp afvee. Ek kan dieselfde vir my eie stem se. Ek gaan VF stem, omdat EEN:  ek is na twee verkiesings so keelvol vir DA arrogansie in die  en munisipaliteit  waarin  ek woon (arrogansie ten spyte daarvan dat op munisipale vlak al die departemente ietwat disfunksioneel is, maar ook besonder duur is betreffende eiendomsbelasting,  asook  diensfooie)  en in die verlede het ek vir COPE  en voor dit vir De Lille gestem as gevolg van DA se disfunksionele gebrek en DA  arrogansie, maar nie een van daardie 2 partye is tans 'n opsie nie. TWEE: Die VF sal minstens Afrikaans praat en OOK vir Afrikaans praat indien nodig. Daarvoor hoef mens nie wensdenkery in te span nie.  DRIE,  die VF bly eenvoudig klein gebak, al stem beide Jaco en ek (asook 'n paar ander mense) vir hulle, dus hoef ek myself nooit te verwyt dat hulle beide disfunksioneel en arrogant sal wees en dat ek vir hulle gestem het nie.

    Groete

    Henk Seymore
    4 April 2014

  • Dirk  

    Van die ANC ministers het reeds beweer hulle wil in die toekoms  toesien dat die stede se voorstede ook die nasionale demografiese persentasie mengsel sal moet verteenwoordig;  gemik veral  op blanke voorstede. Dit sal die grootskaalse onteiening van privaat wonings verg, soortgelyk aan  die huidige plaasonteienings. Daarbenewens,  met verandering in wetgewing, bepaal die staat nou  die waarde vir uitbetaling.  

    Sal jy die DA wat so graag deesdae die ANC beter wil na-aap om swartes te trek, steeds ondersteun?  Indien  nie, hoekom  is dit dan ‘n  “OK”  dat boere se eiendomme onteien  mag word, maar dit is ‘n  “NEE-NEE” waar die vooruitsig bestaan van onteiening van jou eie eiendom in die voorstad?

    Alternatief!

    Die kanse is goed dat die DA wel sodanige wetgewing sal teestaan.  Hoekom? Want die meerderheid blankes wat die DA ondersteun, is stedeling en ook omrede hulle persoonlik in hul sakke geruk gaan word.  Dubbele standaarde? 

    Anders gesien, sodra die DA oorweldigend swart geword het, gaan die swart bestuur, soos die Mazibuko en Athol Trollip gevalle, vir die blankes se wat hulle reeds vir die Afrikaners gese het:  "Julle bydrae is uitgedien, ons het julle nie meer nodig nie".  Wil jy tot dan wag alvorens jy die DA verlaat?

  • Varkspek

    Bly daars nog 'n gay op SêNet. Kan nie onthou dat jy dit voorheen genoem het nie.

    Die Apartheidsjare was vir my lekker gay-jare gewees. Jonk, varsity student, tesame met ander gays in Durban. Dit was die jare toe die berugte Kapt Basie Smit se onttug-polisie 'n  span aanloklike sivvie-geklede jong polisiemanne en reserviste aangestel het om gays seksueel uit te lok en dan te arresteer.   Ons kon hulle ontduik, want 'n gay informant onder hulle geledere het ons teen hulle by name en beskrywing gewaarsku.

    Een skreeusnaakse geval was waar een van hulle in private hoedanigheid by "Smugglers" (gemengde seemanskroeg en klub) 'n pragtige vrou opgetel het en huistoe gevat, en in sy dronkenskap nie agtergekom hy naai 'n man nie.  Hierdie "vrou" toe bekend as "Girl", het daarna die hele wêreld daarvan laat weet tot verleentheid selfs onder sy eie reserviste maats. Wanneer gays hom op straat teegekom het was hy luidkeels uitgelag ten aanhoor van die verbygangers.

    Ja Nee.  Daar niks so wreed soos 'n moffie-queen nie.

  • Dirk
    Soos Henk sê, jy gaan haal 'n bobbejaan agter die berg, jy gryp na strooihalms.  Vermy eerder die partye waarvan die bobbejane oop en bloot sit; jy hoef hulle nêrens te gaan haal nie.
    Jy kan nie vir die ANC stem nie want hulle het, van die oomblik wat Mandela die troon bestyg het, die land in ellende gedompel.  Die ANC het ook 'n aktiewe program om Afrikaans uit te roei en hulle bedryf 'n lelike vorm van rassisme, hulle noem dit regstellende aksie.
    Jy kan nie vir die DA stem nie want hulle het die ANC in die saal gesit wat toe die land in ellende gedompel het. Hulle voel ook niks vir Afrikaans nie (het my al gebel, kan nie eers Afrikaans praat nie) en hulle sal bloot voortgaan met regstellende aksie en sogenaamde transformasie.
    Jy kan nie jou stem weerhou van die VF+ nie omdat hulle niks sê oor wat ookal jou na aan die hart lê nie soos byvoorbeeld gay-regte, die windswael, die blouskoenlapper of hardekool in verafgelee gebiede nie.  Ook nie omdat hulle kwansuis 'n klein party is nie want elke stem maak hulle 'n groter party; dis eenvoudige matesis.
    In die proses om'n vuur te blus is die eerste stap om op te hou om nog hout op te gooi.  So, staak jou ondersteuning vir die partye wat ons in ellende gedompel het.
    Jan Rap

  • Jaco Fourie, Varkspek, Henk Seymore,

     

    Ek het een simpel vraag gevra: Wat is die VF plus se standpunt oor gay-wees, indien die party wel al standpunt oor dié kwessie ingeneem het.

     

    Nou kyk nou: Ons kry lesings oor landstale, minderhede, gay klubs, moffie-queens, ontug wat verkeerd gespel is (onttug), bobbejane (!), gay persentasies, eiendomsbelasting, afrikaner-gays vs anderskleurige gays, die ou NP, Hillbrow, die polisie, diepte-onderwerpe en wat nog.

     

    Maar nie EEN enkele antwoord op my vraag nie! En dan sê meer as een dat die ..."VF plus geen kans staan om die verkiesing te wen nie..." Waarom stem vir so 'n klomp "losers"? En die ergste van alles: die spelling! Onttug, tweespalk (!) huistoe, gay-mecca, ens en dan propageer julle alles in die naam van Afrikaans en Afrikaner-wees. Die arme Afrikaner... met sulke vriende...

  • Henk, jou siening verteenwoordig hoe talle Afrikaanssprekendes voel. Al is ek nie mal oor die VF nie gaan ek weer vir hulle stem om hulle posisie in die parlement te verstewig. Op provinsiale en munisipale vlak het 'n mens egter nie 'n keuse nie. Die DA moet hier ondersteun word, anders word die ANC weer baas.

  • Nou Dirk

    Waar is jou "simpel" vraag nie beantwoord nie?

    Net soos jy, word vir leser konsumpsie ook deur my geskryf.  Die bykomstige inligting is onder aparte hoofde geskryf vir interessantheidsonthalwe.  Elke leser vat dit vir hom wat dit vir hom werd is al dan nie.

    mbt My spelling.  Was nooit van die beste in formele taalkunde, beide Afrikaans of Engels nie.  Te oud om te bodder om te wil verbeter.  Maak dit nou kwansuis van jou 'n beter Afrikaner as myself, of dien dit as rookskerm om jou verleentheid te verbloem?

    Ek stem eerder vir 'n klomp "losers" soos jy die VF+ wil voorstelstel as vir 'n klomp wat onbeskaamd my mense beledigend in die gesig vat.  Jy as Afrikaner, toon geen selftrots en aanvaar hierdie belediging gedwee!  Nie ek nie!

    Indien die response hierbo als deel van 'n Ipsos opname sou uitmaak, lyk dinge goed vir die VF+ hierdie komende verkiesing.

  • George

    Hier in die Vaaldriehoek munisipaliteit (Emphuleni) het die DA 21 setels, 'n derde van die totaal.

    Die middelmannetjie se gras word dan en wan gesny, maar bly meermale ongetem.  Niks word aan die slaggate gedoen wat al meer en dieper word.  In die verlede was grafplase soos parke.  Vandag staan die gras en onkruid kniediepte.  Vullisverwyderaards staak vir omtrent helfte van die jaar met die dienooreenkomstige rommel ophopings. Meeste inwoners ry maar hulle rommel na die bergings sentrums self.  Meeste van die robotte is omtrent helfte van die tyd buite aksie.  Straatligte word om die beurt aangesit, vermoedelik vir krag kostebesparing.  In teenstelling styg die koste van eiendomsbelasting en dienslewering elke Julie, en help raadslede hulself daaruit aan verhoogde salarisse, en staak munisipaliteitswerkers vir hoer lone!

    En die DA raadslede?  Hulle doen en se NIKS; het 'n lekker samewerkings verhouding met die ANC! Ons plaaslike koerante die Vaalster en Vaalweekblad rapporteer niks om uit te wys dat die DA die ANC op hulle vingers ooit tik nie.

    Wat help dit dan om vir die DA te stem.  Jy kan net sowel vir die ANC stem insover dit enige verskil gaan maak.
    Ek sal vir enige ander opposisie party stem met die hoop sodanige raadslede sal beter doen as die bewese onvernoegsame werk wat DA raadslede doen. 

    Met verkiesingstyd?  Dan word wakker geskrik en vir 'n paar maande voor die verkiesing word geskarrel en kry jy waarde vir jou geld.

  • Dirk,

    jy het geskryf:

     "Ek het een simpel vraag gevra: Wat is die VF plus se standpunt oor gay-wees, indien die party wel al standpunt oor dié kwessie ingeneem het."

    en ook

    "Maar nie EEN enkele antwoord op my vraag nie! "

    Dit help mos nie dat jy kla dat jy  nie antwoord kry op "een simpel vraag nie". Om antwoord te kan kry op "een simpel vraag", vra eenvoudig "een simpel vraag" regstreeks  aan die VF en doen dit op die VF se webwerf.

     Soos die Engelsman dit het:  "Get it from the horse's mouth".

    Om "een simpel vraag" te stel aan stemgeregtiges wat nie gemagtig is om dit amptelik namens VF te beantwoord nie, en dit nogal op 'n werf wat eintlik nie enigiets  amptelik , vir of namens die VF, kan kwytraak nie, verkwis almal se tyd. ( Insluitende jou eie.) 

    Net omdat ek  VF gaan stem ( en reken dat Jaco Fourie, Varkspek, Droe Wors, Hansie & Gansie en wie ook al) self kan besluit vir wie hulle gaan stem, sonder dat Dirk inmeng met hulle besluite, beteken nie: dat ek dra kenis  van die VF se amptelike beleid oor 'n minderheidsgroep (wie se regte in ieder geval grondwetlik verskans is). Dit beteken ook nie dat ek gepla is oor sodanige beleid, (of afwesigheid daarvan) of dat ek selfs met so 'n beleid gepla wil wees, of moet wees nie. Dit beteken allermins dat ek 'n antwoord verskuldig is aan Dirk wat  'n "simpel"  vraag vra op 'n webwerf  wat nie die amptelike werf van die VF is nie, maar nogtans 'n antwoord verwag en dan kla omdat dit nie gegee word nie.

    Groete

    Henk Seymore
    8  April 2014

  • George

    Verder tot my respons aan jou hierbo

    AfriForum doen werk wat opposisie munisipale raadslede veronderstel is om te doen, naamlik die ANC beheerde munisipaliteite vas te vat oor misbruike van eiendom-eienaars se .erfbelasting en diensleweringskostes.

    Bv.  Bloemfontein staan erge water tekorte vanaf Augustus hierdie jaar in die gesig.  Die DA opposisie se en doen NIKS.  AfriForum vat die saak op met die burgermeester, 'n taak wat die DA as opposisie veronderstel is om te doen.  AfriForum sal ook nie huiwer om die munisipaliteit hof toe te vat indien nodig.  Hulle is reeds op rekord dat hulle dit met sukses aan vele ander munisipaliteite van die land gedoen het.

    Sulke suksesse teenoor verskeie munisipaliteite kan op AfriForum se webblad gelees word.

  • Dirk

    Die ACDP is die enigste party wat die konstitusie weerstaan het weens die ingeboude beskerming van oa. gays.

    In 2006 Was die ACDP die enigste party wat huwelike tussen gays teegestaan het. Die VF+  het saam met die ander partye wetgewing ten gunste van gays ondersteun.

    Sê dit iets vir jou?

    lees in:  http://feministssa.com/2013/11/13/elections-analysis-the-african-christian-democratic-party/ 

    EN

    http://en.wikipedia.org/wiki/African_Christian_Democratic_Party

  •  AfriForum had to act yesterday when people started settling illegally on the land of a resident of Hammanskraal, north of Pretoria. “The land owner, Mr Jeffrey Waller, resides in Johannesburg and was informed of the events by his neighbours. He is severely disabled and cannot drive to Pretoria to protect his own interests. He asked AfriForum for assistance. We have informed him of the proper process and he went to his nearest police station to open a criminal case,” said Leandri Streit, Community Coordinator for AfriForum in Northern Gauteng. 

    Without urgent intervention Bloemfontein will run dry, by Esmarie Prinsloo in Local government statements on 09 April, 2014 Email.  According to a report on water supply to the Mangaung area, compiled by an independent investigator for civil rights organisation AfriForum, Bloemfontein will be without water by September. Botshabelo can run dry by August. AfriForum commissioned the report after residents in the Rose City had reported water shortages.

    https://www.afriforum.co.za/home

    Nou waar is die DA opposisie in bogenoemde gevalle.  In die eerste geval, 'n Engelsman, sal eerder AfriForum kontak want hy weet hy is verseker van aksie.  Die tweede geval tree AfriForum ook op in belang van die swartes van Botshabelo.  Die DA? 'n Doodse stilte

  • Onteiening en ontneming van privaat eiendom (insluitende jou huis) deur die staat.   

    Die volgende is ‘n berig uittreksel van  Bennie Van Zyl, hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou Unie:  

    http://debat.maroelamedia.co.za/2014/03/31/wie-sal-nog-bele-eiendom-ontneem-word/  

    Die VF+ het die ANC handelinge weerstaan.  Tot watter mate het die DA die ANC hiermee ondersteun?

    “Daar word in Art. 25 van die Grondwet met eiendomsreg gahandel. Let mooi op wat in Art 25(1)(2)(4) gesê word:

    1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ? algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie;

    (2) Eiendom mag slegs ingevolge ? algemeen geldende regsvoorskrif onteien word: (a) vir ? openbare doel of in die openbare belang; (b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word, aanvaar is óf deur ? hof bepaal of goedgekeur is;

    (4) By die toepassing van hierdie artikel– (a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en (b) is eiendom nie tot grond beperk nie In Art 25 (1) word geen melding word gemaak van enige vergoeding wanneer ontneming van toepassing is nie. Dit is die gaping vir die verkryging van bates sonder om daarvoor te betaal. Die regering het reeds die regte wat grondeienaars gehad het in water sowel as mineraalregte hul “ontneem” (let wel: nie onteien nie!). Die grondwetlike hof het dan ook beslis dat aangesien die mineraalregte in die Agri SA vs Minister van Minerale en Energie-saak slegs “ontneem” is, hoef daar dus nie vergoeding daarvoor betaal te word nie.

    Die regering gebruik dus reeds Art. 25 (1) om bates wat waarde gehad het en verhandelbaar was, aan homself as “voog” kosteloos toe te eien tot nadeel van die eienaar daarvan. Die ANC-regering se argument is dat hulle nie die eienaar daarvan word nie, maar slegs as “voog namens die mense van Suid-Afrika optree”. Enige eiendom kan onteien sowel as ontneem word (SELFS JOU HUIS IN DIE VOORSTAD VAN DIE DORP – my woorde)  .

    Eiendom is nie beperk tot grond nie, aldus Art. 25(4) van die Grondwet. Tot nou toe is daar hoofsaaklik gekonsentreer op grond en grondverwante bates, soos water en minerale. Die klem is duidelik besig om nou te verskuif na ander eiendom as grond. Die gevolge van “ontneem” en “onteien” is vir die wettige eienaar van ‘n bate een en dieselfde, naamlik die gebruik van die bate is nie meer vir die eienaar beskore nie. Die voorgestelde Wet op Bevordering en Beskerming van Beleggings wat vir openbare kommentaar ter tafel gelê is teen die einde van 2013 skep ook die moontlikheid dat beleggings en enige ander eiendom wat onder meer roerende en vaste eiendom insluit, deur die staat “ontneem” kan word. Die beginsel van private eienaarskap, wat die grondslag van ekonomiese aktiwiteit is, word dus aangetas.

    Dit is dus duidelik dat die Grondwet wat allerweë as goed beskou word, die instrument word waarmee die regering eiendomsreg aantas. Die regering is besig om homself só te posisioneer dat die besluit oor die aanwending van private eiendom al hoe meer in regeringshande gaan lê. Dit stop egter nie daar nie. Verskeie ander wette is reeds besig om eiendomsreg op een of ander wyse aan te tas en wat die staat in ‘n posisie plaas om dit te reguleer.

    Met die toepassing van die restitusie-wetgewing is daar ook groot oneerlikheid, veral teenoor restitusie-eisers. Grondeisers kry in die meeste gevalle slegs die gebruiksreg en nie die titelakte van die grond nie. Dit is dus “dooie kapitaal” waarop persone geplaas word en nie “werkskapitaal” nie en kan derhalwe nie as kollateraal gebruik word ten einde finansiering te kry nie. Dieselfde geld ook HOP-huise. Die bewoners van hierdie huise word gevange gehou deur die staat se goedgunstigheid en kan nie hul eiendom as ‘n bate tot hul eie voordeel verbeter nie.

    Sonder om in detail daarop in te gaan, sluit wette wat eiendomsreg aantas ook onder meer die volgende in: Die Verblyfsregtewet, Huurarbeiderwet, die Konsepwet oor Infrastruktuurontwikkeling, die Eiendomsewaardasiewet, die Onteieningswet, Swart Ekonomiese Bemagtigingswetgewing, ensovoorts”.

    Dirk.  Hoekom die doodse stilte tot dusver?

  • sda
    Wow! Hierdie skakel was twee jaar terug geskryf, maar nietemin sal ek u graag wil beantwoord. (sda? ’n afkorting vir Sewendedags Adventis?)
    Net om enige misverstand aan u kant uit die weg te ruim, ek is nie ’n Christen wat die bybel wil vertolk na eie wil nie. Ek is ’n Afrikaner, nasionalisties-gesinde, gay ateïs.
    Ek verwag ook nie dat ander, jy inkluis, my lewensbeskouinge en leefwyse moet ondersteun of goedkeur nie. Ek vergun elkeen sy eie reg en ruimte in die lewe tot eiesoortige beskouinge, die Christen, Jood, Moslem, “heiden”, ens ook. Ongelukkig, veral onder fundamentele Christene en fundamentele Moslems deel hulle nie hierdie sentiment nie, en wil almal se lewens met hulle eiesoortige godsdiens oordonder!
    Die geveg vir gayregte vind plaas binne die realm van die sekulêre staat, en sekulêre staatswette, en nie binne die realm van enige godsdiens nie, dus hoort geen godsdiens dienooreenkomstig bedreigd te voel nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top