Verkiesing 2014 en Ronnie Kasrils

  • 1

Ronnie Kasrils is in die oë van 'n groot klomp Suid-Afrikaners net 'n kommunis en klaar. Sy jongste poging om kiesers aan te moedig om vir een van die kleiner partye te stem of 'n Nee-stem uit te bring, laat mens hom in 'n ander lig sien. Hy is 'n lojale Suid-Afrikaner wat erg bekommerd is oor alles wat in die land verkeerd is. Hy weet ook dat die tradisionele benadering om vir die ANC te stem of anders net van die stembus af weg te bly in Jacob Zuma se hande sal speel en dit mag nie gebeur nie.

'n Mens kan net hoop dat Kasrils en sy ondersteuners se pogings vrugte afwerp en Zuma se politieke lewe verkort. Talle hoë ANC's is bang vir Zuma ('n gevaarlike man) en wil nie hulle loopbane in gevaar stel nie. Aan die ander kant besef hulle dat die kiesers al hoe negatiewer raak en dat dit, vir hulle eie toekoms, nodig is om van die man met die baie vroue, kinders en bedrogaanklagte ontslae te raak. Hopelik sal so 'n geleentheid, spoedig na 7 Mei ontstaan.

Het myself, in terme van my prioriteite, nog altyd as 'n nie-politieke dier beskou. Nogtans het ek reeds op 25 April 2013 my eerste brief oor vanjaar se verkiesing geskryf (“As jy rerig gatvol is kan jy dit ook by die stembus sê deur jou stembrief te bederf, maar jy bly nooit weg nie.”) en dit op 20 Januarie met 'n verdere brief opgevolg (“Jou laaste opsie (en swakste opsie) is om jou stembrief te bederf en op dié wyse te protesteer teen die vrotsige partye en kandidate op die stembrief, maar jy is op stemdag by die verkiesingslokaal.”
Dat kameraad Kasrils nou ook so voel het ek nie in my wildste drome verwag nie.

George B

  • 1

Kommentaar

  • George

    'n Mens moet na hulle ooglopende motiewe kyk

    Mense wat in onguns met Zuma verval het. 

    Ronnie, Jay Naidoo, die vorige minister van finansies, ens. was Mbeki-ondersteuners, en was na die 2009 verkiesing daarvoor gestraf gewees deur weglating uit senior ANC poste, en laag op die 2014 verkiesinglyste geplaas.  maw. SUURGATTE wat in weerwraak die ANC te na wil kom.

    Dieselfde geld vir Malema, ook 'n SUURGAT wat in weerwraak die ANC te na wil kom.

    Ek is vir g'n oomblik oorbluf om vir hulle prysenswaardig te beskou nie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top