Uitdagings en probleme

  • 3

‘n Uitdaging is om jou wiskundehuiswerk te voltooi sonder foute, of om jou opponent skaakmat te sit, of om 100 meter of die myl respektiewelik onder 10 sekondes of 4 minute te hardloop, of om ‘n stokkie op te tel van ‘n hoop stokkies af sonder dat enige van die ander stokkies beweeg.

Om ‘n toestand wat deur onbekwaamheid veroorsaak is te herstel is nie ‘n uitdaging nie, dis ‘n probleem. Teenswoordige probleme is besoedelde en gebrekkige watertoevoer, slaggate in paaie en strate, disfunksionele rioolaanlegte, onbekwame munisipale en staatsamptenare, ontoereikende elektrisiteitsverskaffing en korrupsie om nou maar net ‘n paar te noem. Hierdie is nie uitdagings nie, dit is probleme.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • George Bekker

    Het gedink die trappe van vergelyking is moeilikheid, probleem en uitdaging. Jan, jou groepering van probleme en uitdagings gaan nie regtig deug nie. Ek sou sê die ou regering het probleme gehad wat intussen kwaai vererger het en gevolglik uitdagings genoem word waarmee die regering struggle.

  • Soos om die bottel te breek sonder om die wyn te stort. Sal maar knetter reken ek. Die dinge pla my gelukkig nie meer nie, ek onthou dit sonder stres van jare gelede, voor ek Australië toe uitgewyk het. Nou is ek afgetree op die pragtige eiland Tasmania en die regering en alles wat daarmee gepaard gaan raak net beter.

    En wragtig is daar mense wie woedend raak as ek net so effens skimp dat die verskil tussen Oz en SA dalk verband kan hou met die etniesiteit van die amptenare.

     

    Iesh! 

  • George B, die regering het 'n infrastruktuur, en 'n weermag, geërf (onder andere) wat intussen deur onbekwaamheid en korrupsie verval het.  Om nou waar hulle verbrou het, en besig is om te verbrou, 'uitdagings' te noem is die toppunt van arrogansie.

    Duitswester, hulle word woedend want dit laat hulle magteloos; hulle kan nie stry nie.  Al wat hulle kan doen is om kwaad te word en jou te beskuldig dat jy wurms eet, of so iets, iets totaal irrelevant.

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top