t’veel skuld

  • 0

glattie v’rstand g’bruik, m’t oorname,
grondb’sett’ng, m’t kop’rdraad, t’bak,
twak, onsin, krale, ag’tpropflop, Krotoa,
suid’rland afg’vat, by Eerstes, sonn’r name

lat g’low’ge g’low’g glo, sjatan isse Mens,
Kaap weer Azaniaans, pre-VOC, vóór-Frans,
wann’r kry g’regt’gheid dan weer haar kans,
All’rhoogste nie g’ag’s Nomm’r Een Sapiens

aysh, dis hoekom daa’ “isiBhulu” is,
al meer min g’pla m’t g’skied’nis,
wie was Minister Sisulu se oupa,
wann’r konnek ’n taal m’t Afrika?

selfs in Orania word “Boesman” nie g’duld,
koesist’rvlegt’rs abba veels t’veel skuld

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top