tjellins-enne-half

  • 0

o God, Allah, onkund’-ontkenn’ng’s vals,
aysh, onkuis, g’wet’nloos, Mens’p dun ys,
eind’l’k’t superioriteitsdrom’r niks t’wys,
deuntjie vals, g’n ritme, ’n apartheidswals

stell’g, inne grot’r g’heel, so oppie kep’r b’skou,
word Homo Sap-Sap nu neo-etnies g’oriënteer,
probeer heers’r glattie pejoratiwiteit af t’weer,
net aan “Duiw’lspiek”-siek-submissiwiteit g’trou

kom g’skied’nis, argeologie, tottie symste b’vinding,
Mens se strewe na “meer-as-g’noeg” bly onb’vred’g,
verifikasie, v’n legitimiteit, wragt’g, altyd onvolled’g,
kornet op veldloos veldtog, g’n sprake v’n oorwinn’ng

’t Mens Mens Self, ja, telk’maal al v’rsaak,
herwinn’ng v’n G’wete ’n bo-Mens-l’k taak

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top