Jan Rap skryf lat ‘ie Afrikaner niemand verstoot en vertrap het ‘ie. Dis ‘n nonsens storie sê hy. Absolute liegstorie, sê hy. En toe vat ek hom bietjie aan en toe kom ‘ie local academic Johannes Comestor (28 Maart) by met die volgende: En ek quote hom directly voorlat ek my sê hieso sê:
“Wouter Ferns sleep my in by John Fagoedien se eensydige skrywe. Ferns vind Fagoedien se uitlatings korrek. Soos dit 'n goeie witte betaam, bied hy selfs verskoning aan. Hy het klaarblyklik niks teen Fagoedien se sarkastiese gebaas nie. Juis dit toon dat Fagodien geen respek vir sy meerderes het nie en nog minder erkentlik is teenoor wat blankes en veral die Afrikaners in hierdie land tot stand gebring het.
As die Fagodiens eiendom in Goodwood verloor en op die Kaapse vlakte hervestig is, het dit nie sonder kompensasie geskied nie. Baie, waarskynlik die meeste, van die bruines wat verskuif is (bv uit Distrik Ses), het beter huisvesting gekry as wat hulle voorheen gehad het. Vergelyk dit met die groter onreg was deesdae teen boere gepleeg word. As hulle nie vermoor word nie, word baie van hulle van hulle plase ontneem. Die uitgesproke beleid van die ANC-regering is dat hulle nie ten volle (markwaarde) vergoed moet word nie. Die beleid is rassisme in sy suiwerste vorm. Van wittes word geneem en aan swartes gegee. Plase behoort nie 'n politieke speelbal te wees nie. Plase is daar om kos te voorsien. Die ANC-regering het al amptelik erken dat 90% van die grondoordragte klaaglike mislukkings is. Is dit nie sotlik dat openbare fondse so wanbestee word nie? Soos Zimbabwe was Suid-Afrika 'n netto kosuitvoerder. Deesdae is die land, soos Zimbabwe, 'n netto-kosinvoerder.
In Suid-Afrika is algemene stemreg in 'n eenheidstaat 'n onding. Dit is sowel onregverdig as gevaarlik as die onontwikkelde, ongeletterde, oningeligte en maklik geïntimideerde massa beheer oor 'n goed of redelik ontwikkelde land oorneem. Binne twee dekades het Suid-Afrika ongetwyfeld 'n minder Westerse, minder beskaafde land geword. In die plek daarvan het afrikanisering, ondoeltreffendheid en ellende in oortreffende mate gekom.
Die paswette is nie deur Afrikaners uitgedink nie. Die eerste paswet is deur die goeie Britte in 1797 aan die Kaap ingestel. Sedert die afskaffing van passe is die land deur onwettige immigrante oorstroom en het misdaad dwarsoor die land in alle gebiede skerp toegeneem.
Daardie afgesaagde verwysing na stootskrapers en kindertjies is 'n ANC-strontstorie. Wanneer 'n krotbuurt opgeruim is (iets wat in alle beskaafde lande gedoen word), is lank vooraf en selfs by herhaling kennis daarvan gegee. Dit is diegene wat te hardegat was om te gehoorsaam wat gekla het toe die opruiming begin. Gelukkig was daar toe nog wet en orde.”
My baas Comestor, my baas, djy wil hê onse Coloureds moet vir jou soort en Jan Rap RESPEK hê. Julle is mos onse MEERDERES, netso sê djy. Hoekom is julle onse meerderes? Ek wil wiet hoekom. Kom, sê hoekom is jy my meerdere. Issit oorlat jy wit is en ek bruin is? En waa’t jy gelees ek is nie erkentlik oor wat die Afrikaners hier gedoen het nie. Jy gee jouself mos voor as ‘ie academic writer hier op ‘ie SêNet, maar jy lees ‘ie ordentlik nie? Jou credibility is mos nou moer toe. Jy lees goed raak wat ek ‘ie gesê het ‘ie. En dan wil jy hê onse SêNetters moet jou lang academic dissections lees …
En lat ek nou vir jou ietsie verder wysmaak, my baas: Issie oor ‘ie compensation ‘ie, is oor onse mense afgedwing is van onse eie grond waar ons onse lewens staangemaak het met bloedsweet en harde werk. En jy sê dit was beter behuising? Jy lieg man! Jy’s Malan en Verwoerd en Vorster se agterryer, jy’t vi hulle ook baas gesê soos jy wil hê ek en my mense moet vi jou ook baas sê! Nou moan djy as ‘ie ANC dreig om te vat met compensation! Toe wasit reg ma’ nou isit verkeerd. Hoe sê djy? ...“Rassisme in suiwerste vorm …”
En djy’s ‘n academic writer, djy pretend! So oorlat daar nóu plaasmoorde is, issit orraait lat onse possessions daai tyd van ons weggevat is. Sal ons ‘it nou “cause and result” in reverse noem? O ja, while on the topic, gie vi ons EEN voorbeeld waar ‘n witman se plaas weggevat is sonder billike markwaarde. Waa’s jou academic standards, my baas?
En dan ‘ie stemreg: My stem is ‘n onding sê djy, my baas Comestor. Onse mense is mos ongeletterd, oningelig en onontwikkeld, of wat praat ek nou, my baas? Onregverdig is ‘ie woord wat djy gebruik vir onse stemreg, en dan’s it nog gevaarlik daarby. En djy sê die ellende is erger. Vir ‘n so-called academic writer beskame djy jouself. Ek sal jou verneder as ek ‘ie statitiscs gaan haal oor acces tot water en electricity en die growth van ‘ie middle class en wat ook al. Ma ek het ‘ie die lus en ‘ie tyd om vir sukke clever academics soos djy nog hulle se lesse te leer nie. Gaat lees self ‘ie goed op djou computer.
En oorlat ‘ie paswette deur ‘ie Engelse uitgedink is, wassit reg lat die Afrikaners daarna vir veertig jaar en langer die darkies opgedonner het. Volgens djou academic slimgeid het ‘n dompas in Britstown of Worcester mos ‘ie immigrants van ‘ie landsgrens af weggehou! Kan djy nou meer? Dompas equals wet en orde? My academic baas?
En ‘ie ANC strontstorie vannie stootskrapers? En ‘ie harregatte wat’ ie wou buig voor ‘ie wit base nie? Wat ’ie gehoorsaam wou wees toe hulle gesê is om te hul eie kaart en transport prys te gee nie? En djy glo die Verwoerd en Vorster en Botha propaganda van ‘ie krotbuurte? En djy gie djouself uit as ‘n academic, ‘n student wat lees met ‘n kindle nogal?
Ma’ nou onthou ek: Djy was mos ‘ie ou wat ‘n tyd gelede geskryf het lat jy verlang na ‘ie dae toe djy en ‘ie family nog saans in Voortrekkerweg in ‘ie Goodwood winkelvensters gekyk het. Daa’s nou vi djou ‘n hunkering na die toekomstige verlede tyd. Sorry, my baas, dinge sal nooit wee dieselfde vir djou wees nie. Ons sal ons ‘ie weer lat wegdja van onse goed af ‘ie.
John Fagoedien
Kommentaar
John, jy is seker van my oudste en getrouste lesers, want dit is donkiejare gelede dat ek nostalgies oor Goodwood se winkelvensters geskryf het. Jy het dan sekerlik ook kennis geneem wat ek op 12 Mei 2011 oor Distrik Ses geskryf het, sodat ek nie die inligting hoef te verhaal nie. Soos Wouter het jy deur die jare ongetwyfeld baie by my geleer. Ek sal jou dus maar laat wegkom met jou jongste skrywe pleks van die vloer te vee.
Johannes Comestor
Amen
Comestor,
Wouter, telkens doen jy die onetiese ding om my van verdraaiing te beskuldig al het jy nie die boek gelees nie. Jou motief is om my skrywes verdag by die lesers te maak. Die enkele keer dat jy wel kennis van die onderwerp het en dieselfde boek oor Roth gelees het, het jy geen kritiek nie, maar natuurlik ook geen lof daarvoor nie. Jy is gewoon nie in staat om so 'n boekbespreking te skryf nie, onder meer omdat jy nie aanhalingstekens gebruik nie (asof hulle nie bestaan nie, of te skaars en duur is) en anders as ek nie duidelike bibliografiese verwysings gebruik sodat wat gestel word maklik deur lesers gekontroleer kan word nie.
Johannes Comestor
Hello Comestor,
Ek het voorheen verduidelik dat ek om twee redes boeke op LitNet bespreek. Die selfsugtige rede is dat dit 'n rekord skep waarmee ek my geheue onderskraag. Ek hoef nie hierdie inligting openbaar te maak nie. Die altruïstiese rede is dat deur hierdie notas te publiseer ander mense dalk ook daarby kan baat. Daar is geen verskuilde egoïstiese bymotiewe nie.
Daar is werklik geen rede in die hemel of op die aarde waarom ek Berlin, Bloom, Bellow of wie ook al se geskrifte doelbewus sal verdraai om LitNetters te mislei nie. Maar Wouter hou aan met sy geteem soos die gedrup op 'n sinkdak. Ek het nog een boekbespreking gereed wat ek hierdie naweek sal stuur. Ek publiseer ook elders en vind dit al hoe moeiliker om aan albei reg te laat geskied. Na al die jare het die tyd seker aangebreek dat ek my boekbesprekings op LitNet staak.
Johannes Comestor
Hello Comestor,
Asseblief Johannes. Moenie staak nie. Ek geniet beide jou en Wouter se bydraes.
Vanaf 3 April 2013 tot 4 April 2014
Hello Comestor,