Plethysmography

  • 2

A real jawbreaker!

In ’n vorige brief het ek genoem, die onbewustelike blik na verbygaande “straight” aantreklike mans en mooi vroue is ‘n weggee wat die betrokke persoon se seksuele orientasie is. As dit gereeld deur ‘n man eers op ‘n aantreklike man berus, is hy latent of patent gay, indien gereeld eerste op die vrou berus dan is hy straight. Dieselfde maatstaf kan op vrouens toegepas word, maar anders om.

In 1957 het die vorige kommunistiese regering van Tsjeggo-Slowakye vir Kurt Freund opdrag gegee om ‘n metode te ontwerp om “straights” wat militêre diensplig wou ontduik deur te beweer hulle is gay, vas te vat.

Hy het die plethysmograph ontwerp.

“Penile plethysmography (PPG) or phallometry is measurement of bloodflow to the penis. The most commonly reported methods of conducting penile plethysmography involve the measurement of the circumference of the penis with a mercury-in-rubber or electromechanical strain gauge, or the volume of the penis with an airtight cylinder and inflatable cuff at the base of the penis.”                  http://en.wikipedia.org/wiki/Penile_plethysmograph

Deur beide gay en straight porn aan die betrokke persoon te toon, het ‘n penisreaksie veroorsaak wat op die plethysmograph geregistreer het. Die gay se penis het onbeheerst sterker op gay porn gereageer, en die straight se penis onbeheerst sterker op straight porn.

Sederdien word die plethysmograph vir verskeie ander doele gebruik:

1. Om die graad van erektiele disfunksie (impotensie) te meet.
2. Om te bepaal of pedofiele en ander seksuele afwykendes van tronkstraf vrygelaat kan word.
3. Met prostraatverwydering, om te bepaal waar die erektiele senuwees loop, sodat hulle nie gedurende die operasie enigsins beskadig word nie.
4. ‘n Spektrum van ander gebruike soos in die skakel hierbo te lese.

‘n Ander kliniese metode is om die pupilvergroting van die oë te meet. Die reaksie tussen gay, bi-seksuele en straight persone se pupilvergrotings sal dienooreenkomstig verskillend reageer na mate van hulle seksuele orientasie.
http://journals.plos.org/plosone/article?id=10.1371/journal.pone.0040256

  • 2

Kommentaar

  • Jaco,

    Al wat 'n mens eintlik hierop kan sê is dat ons in 2015 leef, nie in 1957 nie. Jy maak die volgende stelling: "In ’n vorige brief het ek genoem, die onbewustelike blik na verbygaande “straight” aantreklike mans en mooi vroue is ‘n weggee wat die betrokke persoon se seksuele orientasie is. As dit gereeld deur ‘n man eers op ‘n aantreklike man berus, is hy latent of patent gay, indien gereeld eerste op die vrou berus dan is hy straight."

    Dink jy nie hierdie nonsens sal enige wetenskaplike of seksuoloog in trane laat uitbars nie?

    Stywe lyne!

    Dirk Rigter

  • Dirk

    Jy is vinnig om na die pen te gryp en tussenwerpsels te gooi, nie net hier nie maar ook elders op die Sê, sonder om enige feite te verskaf.

    Vir jou inligting, die uitvindsel van 1957 is steeds vandag in gebruik, sonder dat daar enige altenatief intussen gevind is. Die FEIT, dat veral jy, enigiets tot "nonsens" verklaar, maak nie daarvan 'n wetenskaplike of feitlike bewys of selfs stelling nie.

    Dit wil vir my voorkom jy ly aan 'n gay "angst" die jou volgehoue onlogiese uitbarstings oor die gay onderwerp. Ek is geneig om oor jou te begin wonder!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top