Om te stem of nie

  • 4

Verkiesings word deesdae vir ons aangebied soos ? konsert wat jy nie mag misloop nie. Inteendeel, wat jy verplig is om by te woon, alhoewel hierdie stelling nou vanuit insiggewende oorde bevraagteken word. Jy het mos immers ? demokratiese plig hiertoe, of, vir sommige ander, breek hierdie gebeure ? groot verveeldheid of skep dit nóg meer nuus. Maar nie almal is so opgewonde nie. Mens sal graag wil tyd maak om die verskillende redes vir nie-stemming te hoor en te analiseer; iets wat oënskynlik nie veel belangstelling ontlok in die opgewonde hitte van aanloop tot verkiesingsdag nie. Om te stem is steeds die ideaal waarna gestrewe word en daarbenewens word demokrasie, in die ideale sin, ook beskou as ? gevorderde en verkieslike staatspel; meer realisties geld ander motiewe dalk soms en is dit ook nie vir almal ewe toepaslik nie, alhoewel blykbaar vir almal beskore. Dit is egter nie nuwe kwessies hierdie nie. Die Britse koerant The Guardian, dra op 10 Maart 2014 ? berig oor die loods van die linksgesinde Franse blad Libération in 1973, waarvan Jean-Paul Sartre die eerste redaksionele direkteur was. Die berig maak ook melding van die Franse se verkiesingskoors van daardie jare. (http://www.theguardian.com/theguardian/2014/mar/10/jean-paul-sartre-liberation-launch-1973)

Sartre se kommentaar, of mens sy politieke en filosofiese oortuigings deel of nie, betreffende verkiesings en die vryheid van die pers is veelseggend, veral as ons die plaaslike omgewing waarbinne hierdie komende verkiesing gaan plaasvind en die vlak en inhoud van die debat in aanloop daartoe, noukeuriger bekyk. Terwyl ons dus die verkiesingsproses nader, is hierdie berig uit die argiewe dalk meer as 'n blote kennisname werd.

Johan Schoeman

  • 4

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Johan Schoeman,

    Wat ons kiesstelsel onderskei en besonders maak, is die feit dat dit 'n veelparty en proporsionele kiesstelsel is.

    Dit bestaan uit 'n paar vaste komponente wat by implikasie wegbly, bedorwe en stemme vir nie-kwalifiserende partye die wenner met dieselfde persentasie per stem bevoordeel.

    Die getal van 400 setels is as 'n vaste komponent bepaal.

    Nog 'n vaste komponent in die verkiesing is die getal geregistreerde kiesers.

    In die 2009  was daar 23 181 997 geregistreerde kiesers- 23 181 997 / 400 = 57994.99 - dus 57 955 kiesers per setel (benaderd).

    Die ANC het 11 650 748 van die geldige stemme gewerf.

    11 650 748 / 57 955 = 201 (benaderd)

    So gereken het die ANC dus net 201 uit hul uiteindelike 264 setels met direkte stemme in die 2009 verkiesing gewen.

    Minstens 63 setels is dus proporsioneel uit wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye tot die ANC se 201 setels toegedeel.

    23% van die ANC se totale setels is dus danksy wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye gewin.

    Gereken aan hul 201 direkte setels, het die ANC 'n allemintige  31% aan setels uit wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye gewin.

    63 setels verteenwoordig ook minstens 15% van die totaal uit 400 setels in die Parlement.

    Die ANC het 50% setels gegrond op hul direkte stemtal gewin.

    50%+15%=65%

    66% sou die ANC van 'n 2/3 meerderheid voorsien het - genoeg om die Grondwet te wysig!

    Ja, dis hoe maklik jou wegblystem, bedorwe stem en stem vir 'n nie- kwalifiserende party, Prez Zuma 'n masjiengeweer om die Boere mee te skiet in die hand kan stop!

    Dis net die DA en ANC - of te wel DANC gebreinspoelde lakeie wat die hel by implikasie van wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye, probeer wegsteek.

    As jy met jou Afrikanerhart stem, gaan stem asseblief!

    Die slimmes wat by die ZumaZille-bende kruip, kan gerus die dag vakansie neem en hulself in alles behalwe kruisies trek verlustig!

    Vir diegene wat dit nog nie gekyk het nie, plaas ek nogmaals Doktor Pieter Mulder se eenvoudige sinnebeeld oor hoe wegbly- en bedorwe stemme by implikasie 'n beduidende effek in ons proporsionele kiesstelsel wat ALLE geregistreerde kiesers inreken in die bepaling van parlementêre verteenwoordiging: http://www.youtube.com/watch?v=XcwDx114IFQ&feature=share ... (kyk tussen 3:50 min tot by 5:20 min om die implikasie van wegbly stemme op grond van Dr. Mulder se "Oom Jan" sinnebeeld te begryp).

    Boeregroete,

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Beste Johan Schoeman, ek vat die gehekel deur die minderwaardige Dirk Rigter hierbo op my ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Cornelius: 

     
    Ek kan nie mooi agterkom wat jy probeer sê nie. As ons nié stem nie, kom die DANC aan bewind. En as ons wel stem, kom hy óók aan bewind. Die situasie is dus soortgelyk as in Amerika, waar die twee groot partye klone van mekaar is, en vir wie jy ook al stem, jy kry in elk geval maar dieselfde regering.
     
     Laat my altyd dink aan 'n uittreksel uit 'n boek van Douglas Adams:
     
     
    Ek is maar skepties oor die idee om te gaan stem vir 'n reptiel, bloot om te verhoed dat die verkeerde reptiel dalk aan bewind kom!
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top