Nie verstoot nie en nie vertrap nie

  • 15

“In 1652 het hierdie land nog nie bestaan nie, daar was ook toe nog nie Afrikaners nie en die Afrikaner, wanneer ookal hy toe sy verskyning gemaak het, het nog NOOIT enigiemand vertrap en verstoot nie. Nogtans hou die ontkenners aan met hierdie storie en niemand wys hulle ooit op die dwaling daarvan nie. Hulle verkeer dus onder die indruk dat hulle feite konstateer of dat niemand agterkom hulle praat twak nie.”
Jan Rap, 24 Maart 2014

Hoe dan nou my Baas? Onse familie het onse eie grondjie gehad in Goodwood. Toe kom die Group Areas in 1950 en ons word van onse grond afgesmyt en neergegooi oppie sanddyne van die Cape Flats. Somme netso. Dit was ‘ie Afrikaners van Malan en Verwoerd wat ons soos honne van onse eie grond af weggeja het. Voetsek! Hou jou bek en maak soos ons sê! Gee op jou huis en jou tuin en jou blomme en jou trots en jou alles en weg is jy. Ons whiteys gaan nou hier bly!

En, my Baas, in ’51 toe swindel die Natte ons mos uit onse stemreg uit. Weg is ons uit die parlement uit. En toe die Appeal Court die ding onwettig verklaar, wat doen die Natte toe? Hulle laai die parlement tot lat hulle majority genoeg is, en daar gaat ons. Voiceless in onse maai in.

En toe in ’53 kom die Separate Amenities Act en toe mag ons ‘ie meer op Muizenberg beach gaan swem ‘ie, en by die post office en die bank en die government offices moet ons byrie side entrance gaan tou staan. En oppie stasie sê die bordjie “Slegs Blankes / Whites Only” by die rusbanke. En onse mense kan net derde klas oppie trein ry. Heeltyd regop sit, want Malan en Verwoerd sê so. Hoe dan nou my Baas Jan? Julle Afrikaners was mos net nice met ons, ons is mos ‘ie verstoot en vertrap nie?

Amper vergeet ek my Baas, ook in 1950 sit die Afrikaners mos toe die Immorality Act op ‘ie wetboek. As ‘n Whitey en ‘n Coloured nou van mekaar hou, dan is dit mos immoral, want onse bruinmense was mos immoral in die Afrikaners se oë. Maar nee, my Baas, hoe reken jy? Jou mense het ons ‘ie verstoot en vertrap nie.

En nog ‘n ding, my Baas. Die arme darkies, hulle moes mos dompas dra, in hul eie land. En hoor my mooi, hulle is gedonder en gebliksem as hulle sonder ‘ie ding gevang is. En saans na nine ‘o clock moes hulle gatskoonmaak uit ‘ie dorp uit as die siren gegaan het. En toe moet hulle nog terug homeland toe ok. Verwoerd sê die darkies kan hier by ons werk, maar hulle vroue en kinders kom ‘ie hier nie. Dis die whiteys se land die. Of hoe my Grootbaas?

En sê my asseblief, my Baas, wie se kerk was die NG Kerk? Ons moes mos daar ook weg. Mag ‘ie saam met die witmense bid nie. Ons moes toe Sendingkerk toe, ja apart van die Afrikaner whiteys moes ons kerkhou. Seker lat hulle sendingwerk onder onse mense kon doen!

Julle Afrikaners het ons ‘ie verstoot en vertrap nie, sê jy my Baas? Hoekom vertel die history my dan lat 3.5 miljoen darkies, coloureds en indians forcibly geremove is tussen ’63 en ’83. En wie’t toe die wette gemaak? Die Afrikaner Natte en ‘ie Broers, my Baas. En wat van Sophiatown en District six en Crossroads my Baas? Het jy al gesien hoe lyk dit as ‘ie bulldozer die bietjie wat jy posess met sy blade moer toe stoot en daar staan jy en jou vrou met ‘n baby op ’ie arm en ‘n kind aan ‘ie hand en ‘ie Kaapse reent waai dwarsdeur julle klere en waar slaap julle vanaand in die koue?

Maar nee, my Baas. Dis soos jy sê: “Die Afrikaner het nog nooit iemand verstoot en vertrap nie.”

John Fagoedien

  • 15

Kommentaar

  • Hello John, 

     
    Ek is 'n Afrikaner, met die sware las wat dit soms impliseer en kan jou verseker dat Jan Rap, nie namens my praat nie en sal ek verskriklik bly wees indien Jan Rap kan ophou om die denkende Afrikaner se naam bollie te maak, met Jan Rap se ontkennings en verdraaings. 
     
    In die algemeen "scan" ek net die begin van Jacques Rap se briewe en bevestig die eerste sinne gewoonlik dat Jacques Rap op Jan Rap se gewone onderwerpe is, "uitvaring teen Engels", "die stand van die land", "onskuld van die Afrikaner", "wegpraat van apartheid", dan weet ek die brief kan gelaat word. Vele dank aan jou dus, wat nog die moeite doen om 'n hele brief van Jacques Rap te lees. 
     
    Comestor, sy mede lid in die "Genootskap van Regte Afrikaners", slaan ook gewoonlik die tamboer dat hy wat Comestor is het 'n hele boek gelees van die rightwing nutjob Shapiro, daarom kan die wat net oor die ontvangs van die boek gelees het, nie kommentaar daaroor lewer nie. 
     
    Hierdie moet in konteks gesien word van 'n stuk wat ek verlede week raakgelees het in 'n onderhoud met Nate Silver: 
     
    They don’t permit a lot of complexity in their thinking. They pull threads together from very weak evidence and draw grand conclusions based on them. 
     
    They’re ironically very predictable from week to week. 
     
    If you know the subject that (Jan Rap - Jacques- Comestor - Henn - De Klerk) or whatever is writing about, you don’t have to read the (letter). 
     
    You can kind of auto-script it, basically.
     
    It’s people who have very strong ideological priors, is the fancy way to put it, that are governing their thinking. 
     
    They’re not really evaluating the data as it comes in, not doing a lot of [original] thinking. 
     
    They’re just spitting out the same (letter) every week and using a different subject matter to do the same thing over and over. 
     
    Daar het jy Jacques(Jan Rap), Comestor, Cornelius Henn en defnitief Kobus De Klerk. 
     
    Comestor wissel dit darem nou en dan af met "kuns". 
     
    Maar hierdie is 'n brief oor Jaques Rap, en dan kan dit maar net bevestig word, dat hy wat Jan Rap is leef in 'n dwaal van ontkenning en is nie in staat om reg te laat geskied aan die kompleksiteit van die land se geskiedenis nie en sal jy nie 'n korreksie van Jan rap kry nie. 
     
    In die plek van Jan Rap, bevesteg ek dan, ja dit wat jy geskryf het is redelik en korrek en namens Jan Rap, bied ek 'n verskoning aan. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Hello, 

     
    'n Film wat werklik die moeite werd is om te sien is, "The Butler", wat die abstraksie van onderdrukking vlees en bloed maak. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hmm. En weer, hmm.

    Goeie griffel John, laat ons sien of die reaksie jou kritiek met feite aanspreek.

     

    Duitswester

  • Johannes Comestor

    Wouter Ferns sleep my in by John Fagoedien se eensydige skrywe. Ferns vind Fagoedien se uitlatings korrek. Soos dit 'n goeie witte betaam, bied hy selfs verskoning aan. Hy het klaarblyklik niks teen Fagoedien se sarkastiese gebaas nie. Juis dit toon dat Fagodien geen respek vir sy meerderes het nie en nog minder erkentlik is teenoor wat blankes en veral die Afrikaners in hierdie land tot stand gebring het.

     

    As die Fagodiens eiendom in Goodwood verloor en op die Kaapse vlakte hervestig is, het dit nie sonder kompensasie geskied nie. Baie, waarskynlik die meeste, van die bruines wat verskuif is (bv uit Distrik Ses), het beter huisvesting gekry as wat hulle voorheen gehad het. Vergelyk dit met die groter onreg was deesdae teen boere gepleeg word. As hulle nie vermoor word nie, word baie van hulle van hulle plase ontneem. Die uitgesproke beleid van die ANC-regering is dat hulle nie ten volle (markwaarde) vergoed moet word nie. Die beleid is rassisme in sy suiwerste vorm. Van wittes word geneem en aan swartes gegee. Plase behoort nie 'n politieke speelbal te wees nie. Plase is daar om kos te voorsien. Die ANC-regering het al amptelik erken dat 90% van die grondoordragte klaaglike mislukkings is. Is dit nie sotlik dat openbare fondse so wanbestee word nie? Soos Zimbabwe was Suid-Afrika 'n netto kosuitvoerder. Deesdae is die land, soos Zimbabwe, 'n netto-kosinvoerder.

     

    In Suid-Afrika is algemene stemreg in 'n eenheidstaat 'n onding. Dit is sowel onregverdig as gevaarlik as die onontwikkelde, ongeletterde, oningeligte en maklik geïntimideerde massa beheer oor 'n goed of redelik ontwikkelde land oorneem. Binne twee dekades het Suid-Afrika ongetwyfeld 'n minder Westerse, minder beskaafde land geword. In die plek daarvan het afrikanisering, ondoeltreffendheid en ellende in oortreffende mate gekom.

     

    Die paswette is nie deur Afrikaners uitgedink nie. Die eerste paswet is deur die goeie Britte in 1797 aan die Kaap ingestel. Sedert die afskaffing van passe is die land deur onwettige immigrante oorstroom en het misdaad dwarsoor die land in alle gebiede skerp toegeneem.

     

    Daardie afgesaagde verwysing na stootskrapers en kindertjies is 'n ANC-strontstorie. Wanneer 'n krotbuurt opgeruim is (iets wat in alle beskaafde lande gedoen word), is lank vooraf en selfs by herhaling kennis daarvan gegee. Dit is diegene wat te hardegat was om te gehoorsaam wat gekla het toe die opruiming begin. Gelukkig was daar toe nog wet en orde.

     

    Johannes Comestor

  • Wouter, jou stouter, jy sê jy scan net die begin van my brief ... en dan het jy nog die vermetelheid om daarop te reageer.  G’n wonder jy’t altyd die kat aan die gat beet nie. Jy sê ek vaar uit teen Engels.  Waar kom jy daaraan? 
    Hoekom sou ek dit doen want van my beste boeke is Engels, my beste vriend (die een wat die meeste kom kuier) is Engels, my beste vriend in die rolbalklub was Engels (hy’s nou ongelukkig oorlede) en van my familie is Engels. 
    Waaroor ek my wel gereeld uitlaat is die verdringing van Afrikaans deur Engels en, soos jy al sou opgelet het as jy verder gelees het, beskou ek die Afrikaner hier as die hoofskuldige.  Nie almal nie maar wel ouens soos jy wat die Afrikaner geweldig in die verleentheid stel met julle gatkruiphouding:  Jy kan omtrent nie ‘n brief skryf sonder lang Engelse aanhalings nie en danlyk jy ook vir my die soort wat gedurig verskoning vra (sien hierbo) en jou eie bril in boetedoening stukkend trap (Woody Allen in Grab the Money and Run of so-iets).
    Jy beskuldig my van ‘n klomp goed, onder andere dat ek nie dink nie en so aan en dit mag waar wees, jy moet dit net staaf, anders is dit net bloot jou persoonlike mening (en hier kom nou so lekker stukkie Engels vir jou net om jou te laat tuis voel) which is not worth a bucket of cold piss soos my oorlede rolbalvriend se oorlede ou vader altyd gesê het.
    Jy begin jou storie aan John met die stelling dat ek nie namens jou praat nie maar aan die einde van die brief vra jy hom om verskoning namens my.  Waar’s jou logika?  Dink jy voor jy praat?  John sal ordentlikheidshalwe jou dalk bedank vir jou verskoning maar diep binne-in gaan hy net meer die moer in wees; hy voel hy is rondgefok deur die Afrikaner en dis erg genoeg maar om rondgefok te wees deur sulke patete soos julle (dit straal uit jou brief) gaan baie moeilik wees om te verwerk. 

  • Hello, 

     
    'n Goeie witte dus, dan moet ek dit my seker aanvaar, met die stekie wit impliseer word daarmee. 
     
    Comestor is dus nie 'n "goeie witte" nie, want jy wat Comestor is, heel braaf, praat die waarheid sonder terughouding en aanvaar dat die wetgewing van verskuiwing verpligtend gemaak het, gewone "wet en orde" was en die rangering van mense na die rand van die samelewing doodgewoon goed was. . 
     
    Soos die Financial Times, "without fear or favour". 

     
    Comestor, jy weet mos dit is nie waar nie. 
     
    Jou siklus van briewe bevestig dat jy die navorser is wat navorsing doen oor die stand van die huwelik in "shelters of abused men" en bevestig die klassifering waaronder ek jou geplaas het tot die letter. 
     
    Wat het jy nie met jou vertelling van Distrik Ses gedoen nie? 
     
    Twee boeke gekies deur jou, "rightwing nutjobs", se vertelling oor die stand van universtiteite . 
     
    Jy is definitief nie. 'n Anthony Grafton nie, 'n Andrew Delbaco nie, wat werklik besorg is oor die stand van universiteite en met nuanse en in goeie trou daaroor skryf. 
     
    Doen jou 'n guns, skryf in op die New York Review of Books en lees die twee here se opstelle oor die stand van universiteite. 
     
    In diens van universiteite en opreg besorrg oor die stand van universiteite en nie besig met 'n projek om liberale denke te probeer diskrediteer nie. 
     
    En om te dink, jy wat sonder illusies wil wees, jouself as ewewigtig beskou. 
     
    Daar is baie wat jou sal glo, die oningeligtes en die wat jou ideologie deel. 
     
    Ek is nie een van hulle nie. 
     
    Net met 'n bietjie meer lees as die gewone sal dit baie gou uitgewys, dalk beter dat jy oor verveelde ryk mense skryf. 
     
    Jy soek 'n voorbeeld, vir jou "Closing of Western MInd", gaan soek en jy sal vind. 
     
    Vir jou Shapiro en Bawer, is daar ook alternatiewe. 
     
    Vir jou Tolstoy of the Zulus, gaan soek en jy sal jy vind. 
     
    Kom uit die "shelter of abused men". 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello,

     
    Dit is so, dat jy nie namens my praat nie en daarby volstaan ek. 
     
    Dit is ook so dat jy jou mening kan lug soveel keer soos jy wil en sonder verposing soos jy doen, al het dit tot gevolg dat jy dieselfde brief oor en oor en skryf en dan oor die drie onderwerpe wat ek uitgelig het.
     
    Hoeveel keer het jy nie al apartheid probeer wegpraat nie, en briewe sonder end geplaas oor Afrikaans. 
     
    Die is die onderwerpe wat jou begeester en jy leef jou uit, luister die hele dag na RSG op soek na die stukkie Engels wat deurglip. 
     
    Hoe redelik is dit. 
     
    SAFM, aanvaar ek het minimaal Afrikaans wat deurglip, glo ek, maar dit is nie weens die onderdrukking van Afrikaans nie, maar doodgewoon die aard van die samelewing.  
     
    So jy is nie teen Engels nie, wie sou dit kon dink. 
     
    Dan is dit seker so, maar skryf jy so, dat 'n mens nie sal agterkom, dat jy nie uitgedraai is teen Engels nie. 
     
    Die vermoede bly, dat Afrikaans vir jou is verstrengel met die verloor van politieke mag wat die Afrikaner beleef het en nou moet leef in 'n land wat glad nie meer Afrikaans is nie  en dat dit jou hoogs ontsteld laat. 
     
    Besef dat die land Afrikaans was, weens politieke omstandighede wat 'n uiters kunsmantige samelewing daar gestel het. 
     
    Dit is daardie kunsmatigheid waaraan aan "julle" vaskleef. 
     
    Maar hierdie verdringing wat jou so ongelukkig laat, net iets kort daaroor. 
     
    Verlede jaar was die onderhoud met Mark pagel in die Financial Times wat die kwessie van Engels se rol in die globale konteks ondersoek en vind dat Engels op globale skaal die taal van die toekoms is. 
     
    So min soos 10 tale word gepraat deur 50% en die tale wat in die minderheid is, soos Afrikaans is aan die verloor en dat Engels die taal is wat alle gemeenskappe bind. Indien jy sou belang stel. 
     
    Die video kan hier gevind word, en indien jy nie alles wil luister nie, begin by die 8 minute merk. 
     
     
    wat die Woody Allen betref, die spesifieke een het ek nie gesien nie, maar is nie te ongelukkig met 'n gelykstelling met Woody Allen, aangesien dit maklik kan wees om ons twee te kan verwat, Woody en myself. 
     
    Wonder egter of jy nie dink aan, "a bucket of warm spit", wat die 'n Amerikaanse Visie president oor sy amp gevoel, "warm spit, cold piss", neem egter nie weg van die feit dat al weergawe van die geskiedenis wat jy hier verkondig is die een wat julle regse sluipers hier verkondig. 
     
    Comestor het uiteindelik agter die lang aanhalings  gekom, en die geskiedenis van die brutale verkuiwings soos volg afgemaak, "afgesaagde verwysing na stootskrapers en kindertjies is 'n ANC-strontstorie". 
     
    So skryf jou mater wat kwansuis sonder illusies is en die toonbeeld van "ewewigtigheid" is, maar nie voor daar weer klappe uitgedeel is aan die meerderheid van die bevolking deur sy medeburgers as "onontwikkelde, ongeletterde, oningeligte en maklik geïntimideerde massa" en net soos jy is die klaaglied oor verval roerend, "minder Westerse, minder beskaafde land...afrikanisering, ondoeltreffendheid en ellende in oortreffende mate gekom".
     
    En terwyl julle aan bewind was, gegewe julle onderdom, beide bo sestig, was die land 'n dawerende sukses en 'n toonbeeld van 'n regverdige samelewing? 
     
    Nee dit was nie, die oorgrote meerderheid van die bevolking was misken en na die rand van die samelewing verban met sosiale herontwerp wat geen menslikheid getoon het nie. 
     
    Indien jy en Comestor en die res van julle sluipers so "beskaafd, geletterd, ingelig en heldhaftig" was, hoekom het julle nie 'n beter samelewing daar vir ons almal gestel nie? 
     
    Daarom my verskoning aan, John Fagoedien, en die res van my mede burgers wat vir meer as agt dekades benadeel was, 1910 tot 1994, en word daardie datums gebruik aangesien dit al in die meeste detail deur my bespreek is, maar kan ek nog altyd die geskiedenis van "white supremacy" ondersoek van 1652. 
     
    'n Pateet mag ek dalk wees, maar het ek geen behoefte om manhaftig wees, indien dit beteken, ek lieg vir myself en ek lieg vir my medeburgers en dat ek moet lieg oor die sondes van my vaders, jy en Comestor en die geslag van julle ouderdom, wat nooit betyds met die normalisering van die samelewing begin het, en nou nog daarteen skop. 
     
    Daarvoor is ek opreg jammer, want julle bly die Afrikaner se naam bollie maak en het nie eers die ordentlikheid om respek te toon aan die mede burgers in julle land, 
     
    Comestor het hom darem die keer weerhou van "barbaars", so is van die kwaliteite van die regse sluipers, die res is van die bevolking is barbaars en Comestor en sy soort die enigste beskaafdes. 
     
    Dit is walglik en onmenslik. 
     
    Vaar uit teen die politici wat die land benadeel, maar het simpatie en empatie met die oorblywende 99% van die bevolking wat in dieselfde boot is en smag na 'n goeie lewe. 
     
    Jy lees, dit is goed, Comestor lees ook, doen dit enige iets goed vir julle, 'n dieper verstaan oor die diversiteit, die verskeidenheid en die onmenslikheid van onderdrukking, leer dit julle enige iets daarvan? 
     
    Indien jou en Comestor se skrywes beoordeel word, nee dit doen nie. 
     
    (Ek sien Reusedwerg het ook hier begin geluide maak, in stap wat van regse sluipers verwag kan word)
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Wouter en (hallo vir al die ander wat hier mag lees)

    Ek weet jy praat nie namens my nie, my opmerking in die verband was dat jy jou aanmatig om namens my te praat.  Dink aan jou meesters se spreekwoord oor die goose en die gander.

    Net ‘n regstellinkie:  Met ‘pateet’ het ek nie bedoel dat jy NIE manhaftig is nie trouens, ek dink jy is; ek is seker jy sal in die aangesig van groot gevaar steeds by jou beginsels staan.  Ek het my sleg uitgedruk; wat ek bedoel het is dat, julle gedurig verskoning vra (vir iets wat nooit gebeur het nie), en dit nadat julle uitgevang is, oneerlik lyk.  Dít is wat ‘n patetiese indruk gee, julle stel die Afrikaner in erge verleentheid, maak ons naam bollie soos jy sou sê.

    Nog ‘n regstellinkie:  Ek dink Woody Allen is geniaal.  Ek het jou nie met hom vergelyk nie maar met die karakter wat hy vertolk in ‘Grab the Money and Run’.

    Ek het daardie video waarnatoe jy die skakel gegee het geweldig geniet (my nogal ‘n klomp tyd geneem want ek het toe sommer ander FT-video’s ook gekyk).  Baie dankie daarvoor. Dit is egter ooglopend dat Pagel se Jingoïstiese onderrok uitsteek.  Hy is ook verkeerd waar hy sê taal skei mense; die werklikheid is mense praat verskillende tale omdat hulle apart lewe en nie andersom nie. 

    ‘n Ene E W Cole het hier in die 1900 se kant ‘n reeks voorspellings ten opsigte van die jaar 2000 gemaak en een daarvan was dat Engels die enigste taal sal wees wat gepraat word.  Soos jy weet het dit nie toe gebeur nie (‘n ander een het sommer binne 20 jaar waar geword, naamlik dat teen die jaar 2000 vliegtuie in algemene gebruik sal wees).

    Jy praat van die onnatuurlikheid van ‘n vorige bedeling:  Wat onnatuurlik is is die huidige bedeling; jy kan nie ‘n klomp verskillende nasies bymekaargooi in ‘n land met grense wat nie eers deur hulle bepaal is nie en dan, per dekreet, sê hulle bevind hulle nou in ‘n demokrasie nie.  Daar is oor die 2000 tale in Afrika maar iets oor die 60 moondhede, almal waarvan die grense deur koloniale magte bepaal is.  Hoe natuurlik is dit vir jou?

    Jy sê, met die nou dat ek en Johannes oor die 60 is, hoekom het ons nie ‘n suksesvolle bedeling bedryf nie.  Maar ons het; destyds was rioolpompe onderhou en riool was in rioolpype, nie in die strate nie.  Boere was nie met eentonige reëlmaat wreed op plase vermoor nie.  Dorpies was mooi, skoon en veilig, so ook parke en hospitale. Spore was blink, paaie was heel en mense kon veilig windowshopping doen en piekniek hou.  Universiteitskoshuise en studentelewe was ‘n plesier.  Daar was minder korrupsie as in Engeland en Frankryk (om nou maar net twee lande te noem) en baie, baie, baie, baie, baie, baie, baie, baie minder as in die teenswoordige Nuwe! Verbeterde! SA (erkenning aan Anton Barnard).

    Jy noem ouens soos ek an Johannes Comestor sluipers.  Hoekom?  Ek kan nou nie vir Johannes praat nie maar al wat ek doen is om uit te wys dat die regering waarvoor jy jou beywer het, en so verheugd oor is, ‘n totale, algehele en volslae mislukking is.  Hoekom maak dit my nou ‘n sluiper?

     Nie te danke nie (en groetnis vir die ander)

    Jan Rap  

  • Ai, nog 'n les in geskiedenis. Suid-Afrika se geskiedenis begin nou in 1950 asof wat voor dit gebeur het geen invloed sou hê op wat daarna gebeur het nie.En so word die Blankes en dan met uitstek die Blanke Afrikaners die muishonde van die wêreld want hulle was mos die bliksems wat alles begin het en nou lyk dit vir my deur RA en SEB  kry wat hul onbesonne optrede verdien en dus terstond verskonings moet aanbied omdat daar nou 'n regering aanbewind is wat op water loop.

    Die swart nasies was vredeliewende mense en Europese geskiedskrywers het nie geweet waarvan hul gepraat het, toe hul tot die slotsom gekom het dat:

    "Tragedy on a vast scale struck southern Africa in the early 1800's. The event was named the Mfecane "the crushing" by the Nguni and Difaqane "the scattering of tribes" by the Sotho-Tswana. Europeans called the catastrophe the "Wars of Calamity". By 1825, two and half million starving, homeless people wandered about southern Africa looking for respite."
    Wonder wie moet nou vir wie om verskoning vra vir die toestand en wat dan van die oorspronklike inwoners
    wat 20 000 jaar gelede lank voor swart en blanke instroming hier gewoon het.

    Behoort die Xhosas hulle nie om verskoning te vra omdat hulle van sommiges slawe gemaak het en ander vermoor het? Was daar apartheid en gruweldade  en verskuiwings in Suid-Afrika?

    Ongetwyfeld, maar so was daar gruweldade en massa mense verskuiwings lank voor apartheid.

     As 'n mens dan vinger wys na die Blankes onthou dan dat 4 vingers terugwys na 'n geskiedenis veel bloediger as die apartheidstydperk en dat verskonings dus veel vroeër  en by ander bevolkingsgroepe as die Blankes moet begin.

  • Hello

     
    Wie so dink dat daar na al die tyd iets kan wees, waar daar ooreenstemming kan wees tussen ons, verwysende na die briljantheid van Woody Allen. 
     
    Ek kan seker maar net droom om dan met Woody Allen verwar te word en die karakter wat hy skep, dit kan argumenteer word dat tot redelik laat in sy loopbaan het Woody Allen homself gespeel, die neurotiese, intelligente en gekultiveerde persoon, al wat ek aan my kant het, is die neuroses. 
     
    Daarom dan dat ek so skuldig voel oor wat julle gedoen het en nie kan ophou verskoning vra daarvoor nie, aangesien julle nie in staat is om dit te doen nie. 
     
    Om die punte aantespreek. 
     
    Ek dink glad nie dit is aanmatigend om "namens" jou te praat nie, waar daardie geleentheid gebruik word, om 'n afstand tussen 'n sekere groepering van die bevolking te skep, wat ek tot op datum die "regse sluipers" genoem het, en die deel van die bevolking wat standpunt inneem vir 'n gelyke en regverdige samelewing waarin verdrukking as 'n onding uitgewys word en daar met respek omgegaan word met die verlede en die onmenslikheid van daardie verlede erken word en daar met respek gehandel word met daardie verlede. 
     
    Dit is 'n geval van verskonining aanbied vir jou optrede, aangesien dit negatief reflekteer op die van ons, wat bereid is om die geskiedenis in al negatiewe aspekte te erken, die onmenslikheid inherent in dit, en hoe verkeerd dit was. 
     
    Met dit moet daar dan afstand geskep word tussen julle, kies vir julle 'n naam, maar daardie tipe Afrikaner wat nou nog kleef aan 'n verlede wat onnatuurlik was en mense diep te nagekom het. 
     
    Dit is opmerklik, dat die wat die laaste standpunt huldig, nie na die forum toe kom, om lang briewe te skryf om daardie "in te vryf" nie, maar tot op datum, net na die sleutelbord gaan om 'n brief as kommentaar te skryf, wanneer mense soos jy, kies vir jou 'n naam, want regs die wil julle nie genoem word nie, met die gewone refrein kom van, daar was nie iets soos apartheid was nie, die verskuiwings was "strontstories", daar was geen onderdrukking nie, alles was dus goed, en die orde wat julle daar gestel het natuurlik was, en dan daarmee "goed en reg" was.
     
    Kom dit word aanvaar dat  "rioolpompe onderhou en riool was in rioolpype, nie in die strate nie...boere was nie met eentonige reëlmaat wreed op plase vermoor nie.  Dorpies was mooi, skoon en veilig, so ook parke en hospitale. Spore was blink, paaie was heel en mense kon veilig windowshopping doen en piekniek hou. Universiteitskoshuise en studentelewe was ‘n plesier".
     
    Is elke dorpie, vuil en besmet soos dit nou daarna uitsien. 
     
    Elke dorpie? Elke dorp dus besoek, sal vuil en besmet wees.  
     
    Is elke park en hospitaal, skoon en veilig, en het almal toe presies dieselfde geriewee gehad, skole ingesluit, is daar per kop, ewe spandeer aan elke burger in die land.
     
    Dit help nie jy gaan vra FC Boot om jou met die geskiedenis te gaan help, maar het ek al vir jou 'n lang brief geskryf in Engels, wat die wanbalans in die samelewing wat besteding aan die onderskeie bevolkingsgroepe uiteengesit het en hoe dit die wittes bevoordeel het en die res van die bevolking afgeskeep het. 
     
    Daardie syfers is op rekord en sal enige geskiedkundige oorsig dit bevestig. 
     
    Maar dit is die nuus wat julle nie wil hoor nie, die verlede was nou sonder 'n sweempie bederf, net goed, en alles is nou sleg. waar jy bly, is dit vuil, besmet en onplesierig. 
     
    Elke student op universiteit, se lewe is nou ondraaglik? 
     
    Of is dit net ondraaglik, omdat die kultuur van die Afrikaner nie meer die botoon mag voer nie, en nou moet voorsiening maak vir die diversiteit wat die werklikheid van die land is. 
     
    Die realiteit is, dat julle, julle geslag en die voor julle, het 'n samelewing daar gestel waarvoor hierdie geslag, my geslag en die wat jonger is as ek, nog lank die prys voor gaan betaal en dan het julle nie eers die ordentlikheid en menslikheid om julle skuld daaraan te erken en met respek daarmee om te gaan nie en jou medeburger wat benadeel was daardeur erkenning te gee, in plaas daarvan om soos jy doen, soos klokslag, te probeer argumenteer, dit het nooit gebeur nie, daar is niks om oor skuldig te voel, of erkentenis te gee aan nie aan die komplekse verlede van die land nie. 
     
    Jy sal sekerlik volhou, dat die verskuiwings "strontstories" was, dat apartheid nooit so "erg" was nie, en dan nog deur die Engelse uitgedink was, en dat die media vir ons lieg, die geskiedenisboeke verkeerd is, en dat verlede volkome goed was en die hede volkome sleg was. 
     
    Soos alreeds bevestig, dit is die brief wat jy soos klokslag skryf, en verwag ek dat jy binnekort weer so een sal skryf, tot en met die einde van dae. 
     
    Dit is jammer, want alhoewel daar nie verwag dat jy soos Job op die ashoop moet gaan sit nie, en jou swere met potskerwe stukkend krap nie, is daar tog 'n verpligting op die burgers van vandag om met respek en empatie met die verlede om te gaan en 'n menslike gesprek te voer met jou mede burgers wanneer die geleentheid na vore kom en daar 'n bewustheid moet wees van die moontlike griewe en seer wat mense nou nog kan dra. 
     
    Die is jou nie beskore nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello FC, 

     
    So ek sien wat jy doen, nou gaan dit weer Mfecane wees wat jy elke keer gaan sirkuleer  wanneer die wittes se verkuiwing van meer as 3,5 miljoen mense en die gepaardgaande brutaliteit wat dit behels het bespreek word.  
     
    Hierdie is dus jou vierdie standaard antwoord wat jy gaan anbied as 'n blok antwoord op enige vraag wat dalk na vore mag word, wat jou vier antwoorde aanspreek. 
     
    Vir die wat die res wil lees, kan dit hier gelees word: 
     
    http://ezakwantu.com/Tribes - Southern African Tribal Wars - Mfecane - Lifaqane - Difaqane.htm
     
    Dit sal maar seker ek wees wat weer om verskoning sal vra. 
     
    Jammer daaroor ook. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Beste Wouter

    Dit is nie die punt nie. Dwarsdeur die mens se geskiedenis was daar gewelddadige optrede teenoor ander.
    Om dus een enkel gebeurtenis uit 'n land se geskiedenis uit te lig as synde die toppunt van brutaliteit
    van een groep mense teenoor ander omdat dit my of ander persoonlik geraak het is om dit sagkens te stel
    naief.

    Niemand kom met skoon hande na die debat en om ander te beskuldig van menseregtevergrype, terwyl ons eie voorouers net so skuldig was, is soos die pot wat die ketel verwyt dat hy swart is .Daar is nie 'n bevolkingsgroep
    in hierdie land wat nie direk of indirek nie skuldig was aan growwe menseregte vergrype nie en om mekaar oor
    en weer te beskuldig gaan dit nie ongedaan maak nie.

    Nou kom jy en lig 48 jaar uit as sunde die toppunt en vergeet gerieflik van alles dit gebeur het asof dit nie tel nie. Die moorde op die trekkers en oorlog tussen boer en Brit en die konsentrasiekampe en ballingskap asook die verwoesting van ongeveer 3000 plase en 45 dorpe was net so troumaties vir die Afrikaners as wat die verskuiwing vir ander was.

  • Hello FC, 

     
    Wanneer die gesprek oor die Afrikaner en apartheid gaan, dan gaan die gesprek daaroor en word dit bespreek. 
     
    Die feit dat ander aspekte en voorbeelde dan nie genoem word nie, beteken nie dat 'n gesprek daaroor nie moontlik is nie. 
     
    Aparte gesprekke sal dan aanspreek, My Lai, Hiroshima, Rwanda, Stalin, Nazis, Mao, Pol Pot, die Belge in die Congo. die Duitsers in Afrika, die kwessie van kolonies, die Britse Ryk, die vergrype in die VSA, Australia, Kanada teenoor die eerste nasies van daardie lande. 
     
    Daar is meer as genoeg om te bespreek en dit kan elke een onder 'n aparte siklus bespreek word, indien jy dit sou wou afskop.
     
    Dit word maar net weer herhaal, dat hierdie gesprek oor die Afrikaners en apartheid word nie deur my en ander liberale deelnemers afgeskop nie, maar is elke keer as 'n antwoord op Jacques wat in sy dwaal van ontkenning oor die onderwerp lewe en nie die morele verantwoordelikheid wat aan apartheid gekoppel is wil aanvaar nie. 
     
    Daardie morele verantwoordelikheid val alle kante toe en moet die gesprek voorsiening maak om elk se verantwoordelikheid in konteks van sy eie dade te oordeel. 
     
    Die kampe van die ANC, die wetgewing van die Afrikaner, die impak van die Britse Ryk, die geskiedenis van "Suid-Afrika" vanaf die 1652 en hoe elkeen se rol daarin beoordeel word. 
     
    Kan jy dit doen, is jy bereid om dit te doen en sal jy Jacques aanspreek soos jy my nou aangespreek het? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Hello FC et al, 

     
    Na aanleiding van jou kommentaar en na die kommentaar wat ek geplaas het as 'n antwoord, net die volgende. Ek moet in die bed kom, daarom net kort notas. 
     
    Sodat daar geen onsekerheid is van die bron nie. 
     
    Die bron is Humanity: a Moral History of the Twentieth Century van Johnathan Glover. 
     
    (2000 -- Yale University Press).
     
    Daar kan begin word met hoofstuk ses met die titel, The Festival of Cruelty. 
     
    Die eerste vyf hoofstukke het ek volkome ignoreer wat diekommentaar betref: 
     
    There are questions to ask about any God who made a world in which people are hanged after spending their last night nailed by the ear to a fence, or in which babies are cut  out of their mothers’ wombs with daggers. There are also questions to ask about human beings: ‘no animal could be so artfully, so artistically, cruel’.journalists covering the Gulf War described what Saddam Hussein’s Iraqi forces had done to the Kuwaitis. 
     
    Among the many cruel acts reported, a few individual cases stand out. Hisham al-Abadan, the gynaecologist at Mubarak al-Kabeer hospital, who gave medical treatment to people the Iraqis did not approve of, was found dead with his nails and eyes gouged out.
     
    A twenty-year-old woman who was arrested by the Iraqis had all her hair cut off, was repeatedly raped over a period of two months, and, pregnant, was electrocuted. Before she died she had ‘her breasts cut off and her belly sliced open’.
     
    Sometimes cruel treatment is a means to an end, such as intimidation. Fear of abduction and torture was used to deter criticism by the military dictatorship in Argentina. Some Argentinians who brought habeas corpus cases on behalf of people who had ‘disappeared’ started to ‘disappear’ themselves.
     
     
    CHAPTER 8 
    Close Combat
     
    In the Iran-Iraq war between 1980 and 1988, a million people were killed; 2 million were killed in Vietnam; 3 million were killed in the Korean War. An estimate for the period from 1900 until 1989 is that war killed 86 million people.
     
     
    CHAPTER 9 
    The Case of My Lai
     
    On 16 March 1968 Vietnamese civilians were massacred by American soldiers in the village of My Lai. ‘Charlie Company’ was 120 infantrymen under the command of Captain Ernest Medina. Early in the morning the soldiers were landed in the village by helicopter. Many were firing as they spread out, killing both people and animals. There was no sign of the Vietcong battalion and no shot was fired at Charlie Company all day, but they carried on. They burnt down every house. They raped women and girls and then killed them. They stabbed some women in the vagina and disembowelled others, or cut off their hands or scalps. Pregnant women had their stomachs slashed open and were left to die. There were gang rapes and killings by shooting or with bayonets. There were mass executions. Dozens of people at a time, including old men, women and children, were machine-gunned in a ditch. In four hours nearly 500 villagers were killed.
     
     
    CHAPTER 10
    The Shift to Killing at a Distance
    The British Naval Blockade
     
    It was the economic blockade of Germany in the First World War.The blockade was hardly noticed when it began, although the military historian and theorist Sir Basil Liddell Hart considered the act of starting it to have been ‘perhaps the most decisive of the war’.The number of deaths caused by the blockade is hard to calculate. It is also hard to know how the food shortages should be apportioned between the blockade and the economic priority given to the war effort, or how many of the deaths in the influenza epidemic of 1918 should be ascribed in part to severe undernourishment. After the war an official German calculation put the deaths caused by the blockade at 762,000. A British government White Paper put the figure at 800,000. Some later estimates were substantially lower, one putting the figure at 424,000
     
     
    CHAPTER 11
     Bombing
     
    One American estimate suggested that the area bombing of Germany may have killed 305,000 non-combatants. The Federal Statistical Office in Wiesbaden after the war put the number of civilians killed at 593,000. 
     
    CHAPTER 12 
    Hiroshima
     
    The temperature at the centre reached 5,400°F. Many people were burnt to a cinder. And the bombing of Hiroshima was itself only the beginning. Just after eleven a.m. on 9 August the atomic bomb called ‘Fat Man’ was dropped from an American bomber on Nagasaki. There 70,000 died by the end of the year and five years later the total had reached 140,000. One girl who was five years old at the time of Hiroshima wrote, ‘the more you hear the sadder the stories get’. 
     
    One boy of five wrote later, ‘Since just in my family there is so much sadness from it, I wonder how much sadness other people must also be having.’A woman who was a schoolgirl at Hiroshima asked, ‘Those scientists who invented the atomic bomb, what did they think would happen if they dropped it?’
     
    PART THREE
     TRIBALISM
     
    What took place in Rwanda in the mid-1990s was not war but genocide. It was committed against the Tutsis by the Hutus.
     
     
    CHAPTER 15
    The Tribal Trap
     
    Yugoslavia was a federation of six republics. There were three small republics, Slovenia, Macedonia and Montenegro, each on a different edge of the country. Centre-stage were the three large republics: Serbia, Croatia and Bosnia-Herzegovina. In these three, ethnic differences were underscored by religious ones. Serbia was mainly Orthodox, Croatia was mainly Catholic, while in Bosnia the largest group was Islamic. The war between Serbia and Croatia was not a purely spontaneous explosion of ethnic hatred. The hostility was stirred up by political leaders.
     
    The Trap of the Tribal State 
     
    In the former Yugoslavia most people cannot have wanted ethnic conflict. About 40 per cent of all families were ethnically mixed. But ethnic national units seemed the only protection against threats from other groups.There are pluralist states and tribal states. Pluralist states include, and give equal citizenship to, people with different characteristics such as ethnicity or religion.There has to be some shared recognition of how things have gone wrong and that showing mutual respect is the only way out. 
     
    In post-apartheid South Africa the fact that Nelson Mandela and other black African leaders resisted the temptation in their turn to humiliate the white minority gave all groups a chance to escape the cycle of revenge. 
     
    Symbolism matters. 
     
    The once all-white Springboks were a symbol of apartheid. When President Mandela wore their rugby shirt, a new version of the old story was starting to be written.
     
    Why were black African leaders able to resist humiliating the whites in turn? 
     
    One, Archbishop Desmond Tutu, had a childhood memory of a rare gesture of respect by a white man, Father Trevor Huddleston. In that society, an uneducated black woman like Desmond Tutu’s mother counted for very little.
     
    In the eyes of the world this lovely person was a nonentity. I was standing with her on the hostel verandah when this tall white man, in a flowing black cassock, swept past. He doffed his hat to my mother in greeting. I was quite taken aback; a white man raising his hat to a black woman! Such things did not happen in real life. That gesture left an indelible impression. Perhaps it helped deep down to make me realize we were precious to God and to this white man; perhaps it helped me not to become anti-white, despite the harsh treatment we received at the hands of most white people.

     
    Bogenoemde dan inleidende voorbeelde van die mensdom se morele geskiedenis en die vergrype daarin. Met dit dan kan jy asseblief staak met die sogenaamde "alternatief" wat jy dink jy bied, en poog om dieper te dink oor die totale omvang van die geskiedenis en dit wat dit mens van vandag leer. 
     
    Dit behoort nou duidelik te wees, dat ek vir een nie blind is vir 'n geskiedenis waarvan die rekord gevul is met wandade nie. Daarom dan, dat dit nie nuus is wat jy bring nie, maar dat jy nog steeds tekort skiet in 'n aanbieding van 'n holistiese blik en elk op sy eie meriete bespreek, hierde ekwivalensie wat jy probeer bewerkstellig, is die laaste uitweg van 'n oneerlike persoon. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top