'n Reuse raaisel

  • 4

Ek sien nou die dag ‘n fliek waarin Tom Hanks die kaptein was van ‘n reuse olietenkskip wat deur Somaliërs gekaap is, vier of vyf van hulle. Teen die middel van die fliek het die Somaliërs vir ou Tom in die reddingsboot van die tenkskip, op pad Somalië toe.

Uiteindelik is die kaptein toe gered maar daar was betrokke a) ‘n vliegdekskip, b) twee of drie kruisers en/of slagskepe, c) helikopters wat ‘n groep valskermseesoldate afgegooi het en d) as ek dit nie mis het nie, het ‘n paar stralers ook heen en weer gevlieg oor die toneel. In die proses is al die Somaliërs doodgeskiet behalwe die leier van die groepie wat die Amerikaners op een of ander slinkse manier op een van die skepe gekry het.

Wat is die logistieke koste van so ’n reddingspoging? Dit moet fenomenaal wees; die brandstof alleen is seker Somalië se hele begroting (die tyd toe hulle nog ‘n regering gehad het). Hoeveel geld, en lewens, sou nie gespaar gewees het as daar net een skerpskutter aan boord van die olietenkskip was nie. Dit is voorwaar ‘n raaisel; al wapen wat die bemanning van die olie-skip gehad het was ‘n paar waterspuite wat hulle uiteindelik gebruik het nadat hulle, volstoom, vir die Somaliërs probeer wegvaar het. Dink ook wat is die koste van so ’n roeteverandering.

Die slottoneel is waar die brandmaer leier van die groepie kapers, in sy verslonste klere, tussen sommige van die netjies geklede en welgevoede skeepsbemanning in een van die skeepsruime staan, vol van die allermodernste tegnologie. Hoe ironies, daardie skraal, verslonste kêreltjie (en natuurlik sy teen daardie tyd dooie makkers) was die oorsaak dat derduisende tonne Amerikaanse yster teen geweldige koste op een punt saamgetrek het. Ek kon nie help om hom jammer te kry en my hoed vir hom te lig nie.

Jan Rap

  • 4

Kommentaar

  • Jan

    Dit was 'n storie op 'n ware voorval geskoei.  Ek het die fliek ook gesien.  Blykbaar het die vissermanne na seerowery oorgegaan as gevolg van die oorbenutting van visse om Somalië se kuslyn deur ander lande tot so 'n mate dat kos uit die monde van die vissermanne dienooreenkomstig geneem is, en dat hulle beide honger gelei het asook in die proses ook verder verarm.

  • George Bekker

    Jan , na aanleiding van die laaste sin in jou brief: dis sulke foutiewe waardestelsels wat ons wêreld in die groot gemors laat beland het waarin dit is!

  • Jaco
    Ek het ook die storie gehoor dat die Somaliërs genoop was om met seerowery te begin om die redes wat jy daar noem.  Dit klink egter vir my bietjie verdag want dit sal mos nou makliker wees om roofvissers te kaap of te verjaag as om, van alle dinge, olietenkskepe te kaap, dan nie?  Dit is egter ekstra werk; dis oneindig meer lonend om seerowery te pleeg.  Vir 'n bakkie vol vis kry jy 'n paar sjielings by jou eie mense maar vir westerse gyselaars kry jy miljoene dollar.

    George
    Verwys jy na waar ek sê ek kon nie help om hom jammer te kry en my hoed vir hom te lig nie?  Indien wel, dit beteken mos nie ek keur goed wat hulle gedoen het nie.  Dis juis my raaisel; hoekom het 'n skerpskutter nie sommer op 200 meter die voorste ou geblaas nie en as hulle nie omdraai nie skiet die volgende ou.  Skiet sommer almal as hulle nie omdraai nie, die kaap van skepe kan as 'n oorlogverklaring gesien word.  Dit is miskien bietjie drasties maar in die afgelope paar oorloë het die Amerikaners nie eintlik genade getoon nie; hoe kan hulle nou die bemanning van 'n vragskip in so 'n gevaar laat kom.  Daardie bemanningslede het almal gesinne wat eindeloos gaan ly as hulle iets oorkom.  Die kapers het ook gesinne maar hulle behoort te weet wat vir hulle wag as hulle met masjiengewere op 'n skip afstorm.

  • Ek het nie die fliek gesien waarvan julle praat nie maar iemand het vir my videos gestuur waar die Bolsjewiste (Russe) met hierdie ouens se galle gewerk het.  Dit is al wat die manne verstaan. Jy gaan nie na 'n haangeveg toe met 'n eend nie. Jy skiet die rower sy boot en sy maatjies uit die water uit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top