'n Lewe in angs

  • 3

Hallo Trienie et al,

Jy sit my in die oog en moet ek mooi dink oor hoe om te reageer.

Die korrekte woord het my ontwyk terwyl ek die inleidende paragraaf geskryf het en kon ek nie op die beste een besluit nie, bangheid of angstigheid.

Uiteindelik het ek volstaan met angstigheid.

Daar moet onthou word die paragraaf was 'n mengsel tussen speelse ironie en 'n innerlike waarheid wat na myself verwys.

In die konteks van die aanvanklike brief, was die innerlike toestand nie die aspek wat aangespreek was nie en was die gesprek verwyderd van my, maar angstigheid is 'n metgesel van my kinderdae af, net so oorgedra na die werkplek en die sosiale sfeer, soveel so, dat met die begin van my loopbaan moes ek lank by 'n sielkundige deurebring om my so na as moontlik aan funksionerend te kry in 'n werksopset en gepoog om my meer sosiaal te maak.

Twintig jaar later, het daardie gevoel my nog nooit verlaat nie, en beperk ek gesels oor koeitjies en kalfies nou nog en is dit ironies dat die "koffietafel" en die drukker van IT regoor my lessenaar is, wat my konstant blootstel aan die gevaar van "small talk" en interaksie, met die angstigheid wat dit impliseer. Dit word soos volg verklaar.

"Most of us have minor performance and social anxieties that stop as soon as we get in front of the microphone or realize that the strangers at the party are no less uninteresting than we are. Our brain shuts off the release of cortisol (the stress hormone associated with the fight-or-flight reflex) and other chemicals that were making us feel anxious. We have evacuated our psychic bowels. We are in the present and in control. We feel good—or, at least, we no longer feel like we’d rather be dead".

Om 'n begrip vir bogenoemde te kry, probeer jou indink, waar jy "nooit" verligting van die gevoel om eerder dood te wees kry nie, as om bewus te wees van wat besig is om met jou te gebeur.

Dit het my meer as 'n dekade geneem om met die min waarmee ek oop en gemaklik is te kom, maar selfs dan is die lugtigheid, die angstigheid nog daar en waardeer ek veral een, 'n man, wat gedurig die status van die verhouding toets en my altyd intens aankyk om die stand van my gemoed vir die dag te bepaal.

Wat veral vreemd is, dat hierdie aspek van my, het ek nog nooit ondersoek nie, probeer om dit te ondersoek aan die hand van my biblioteek nie.

Die naaste wat ek aan 'n uiteindelike diagnose gekom het, was so paar jaar terug, met die bevinding van Asperger's en die laaste wat ek 'n sielkundige gesien het en uiteindelik die sielkundiges en die pille agtergelaat het.

Die mengsel is dus, angstigheid en Asperger's en is dit duidelik dat van die angstigheid sy oorsprong in die Asperger's het, maar die twee strominge is apart en ook verbind aan mekaar en kan ek nie die twee skei nie om sin te maak van die simptome nie en oorsaak en gevolg korrek te klassifiseer nie.

Ek is ingeskryf op die New Yorker en het Louis Menand onlangs, Scott Stossel, se studie, "My Age of Anxiety” bespreek.

Ek onthou ook nou 'n artikel uit die New York Times Magazine van 'n paar jaar gelede wat ook die onderwerp bespreek het.

Dit is die volgende opmerkings van Louis Menand, wat aan my verduidelik het, hoekom ek tot 'n groot mate berus het, met die strominge in my gemoed en slegs nou weer na vore gebring is weens jou brief .

Louis Menand, bevestig dat daar nie 'n nodigheid is om te soek vir 'n metafisika van angstigheid nie, waarna Scott Stossel, soek is die volgende:

"To grapple with and understand anxiety,is in some sense, to grapple with and understand the human condition.”

Ja, dit is sekerlik so, ons is bang vir die slegte wat kan gebeur in die toekoms en is die hoop dat dit net die goeie sal wees wat met ons gebeur. Hierdie is sekerlik 'n bousteen van die mens se lidmaatskap van die menslike spesie. Die lys van bekommernisse is seker eindeloos, daar is meer as genoeg om oor te bekommer.

Dan kan angstigheid nou ondersoek word vir die laaste gedeelte van die brief en word daar met die filosofiese aspek begin en word die volgende in oorweging gebring.

Sartre, volgens Stossel, verduidelik deur Menand, bied die volgende:

The existentialist view:

"We feel anxiety when we appreciate the responsibility we bear whenever we act—when we realize that, ultimately, there is nothing out there, including the ethical systems we are born into, that backs up our choices, and nothing that guarantees that they will be the right ones. Dogs and cats, presumably, do not know this feeling. Anxiety is the price tag on human freedom".

Sigmund Freud kan nie vermy word nie. Auden beskryf Freud as, "no more a person now but a whole climate of opinion” en word aansluiting gevind tot die opdiep van my en ander se verlede wat Trienie voel moet ondersoek word en beskryf Menand dit soos volg, aan die hand van Stossel. Freud, Stossel en dan Menand en dan moet daar nie van my filter vergeer word nie en word die volgende dus ondersoek.

The psychoanalytic view:

"The idea that anxiety is central to the human condition can also mean that our mental life is characterized by psychic conflict, and anxiety is the symptom of that conflict. It’s what Freud meant when, in 1917 (not, as Stossel has it, 1933), he called anxiety “a riddle whose solution would be bound to throw a flood of light on our whole mental existence.” Anxiety is the common feature of all neuroses. Feeling anxious is what makes people seek psychiatric help. It’s a signal that unconscious drives are in conflict—that (as Freud believed in 1917) the ego is repressing a libidinal impulse. We’re not aware of the conflict itself—we’re not aware that we have a repressed desire—but we are aware of our anxiety. That’s what makes it the key to understanding what’s going on inside our heads".

Net soos Freud nie vermy kan word nie, kan godsdiens ook nie ontwyk word nie en is die opsomming soos volg:

"In theology, anxiety has been associated with the concepts of conscience, guilt, and original sin. Reinhold Niebuhr called anxiety “the inevitable spiritual state of man.”

Biologies kan dit soos volg verduidelik word:

"In evolutionary psychology, anxiety is usually explained as part of the “fight or flight” reflex that gets triggered in the presence of danger. The reflex is naturally selected for: organisms that lack it might fall off a cliff or get crushed by a mastodon, because their physiologies failed to warn them of a threat to their survival. And, in some schools of sociology and cultural theory, anxiety is interpreted as a reaction to the stress and uncertainty of modern life. It’s a natural response to unnatural conditions. It’s how we know that the world is headed in a bad direction".

Die volgende aspek wat bespreek moet word is die onversoenbaarheid van die moontlike strominge uitlig vir die oorsake van angstigheid en word die onversoenbaarheid soos volg beskryf:

"This is the hand the student of anxiety is dealt. But he can pick only one card. The existentialist’s anxiety, the psychoanalyst’s anxiety, and the anxieties of theologians, sociologists, and evolutionary psychologists have almost nothing to do with one another. They are not even compatible with one another. If anxiety is a product of modern life, then it is not the result of unconscious drives. If it’s the result of unconscious drives, then it is not a sign of our existential awareness of the nature of freedom. It can’t be entirely conscious, unconscious, socially conditioned, and hard-wired at the same time. The most we can say is that a mood that almost everyone experiences has featured prominently in various theories of human life and the world we inhabit".

Nou die wat angstig is saam met my, en gelees het tot hier, moet gegewe hulle eie omstandighede besluit, watter van die moontlike verduidelikings gegewe die bron van angstigheid die mees waarskynlike in hul lewens sal wees.

Maar nou moet jy, net een kies.

Wat hierdie betref is ek nie filosofies ingestel nie, en alhoewel Freud nie vermy kan word nie, is dit ook nie die plek waar ek gaan soek nie, maar aanvaar die pyn wat die verlede en die hede soms bring, met die mense in ons lewe en soos verwag kan word, ook nie in teologie, met die sondeskuld, die gevalle staat en die wroeging wat daarin opgesluit is nie.

Ek neig oor na die biologiese, die brein en van die invloede wat werklike bedreiging vir die persoon inhou in dag tot dag en daar is sonder enige twyfel waarvoor versigtigheid en selfs angstigheid aanvaarbaar is.

Die werklike bedreiging kan soos volg beskryf word:

"In normal life, anxiety has content. It’s not merely a somatic reflex. It is scary to compete in public against talented people who would love nothing more than to make you fail, just as it’s scary to be in an airplane in a thunderstorm or to have a monster under your bed. Those things are scary because they’re dangerous—minimally, to our egos, or, maximally, to our chances of survival. Anxiety protects the organism. In the monster-under-the-bed cases, we can be helped with talk therapy or cognitive behavioral therapy, which teaches patients mechanisms for getting control over anxiety-producing trains of thought".

Is daar hoop?

Dieselfde vraag wat Trienie gevra het.

En die antwoord waarmee ek in akkoord is.

"As a species, we lucked out: natural selection gave us minds, and that freed us from the prison of biological determinism. We can put our genetic assets to positive account if and as we choose, and sometimes we have to try to do the same thing with our genetic deficits".

Ai, Trienie, hoe het jy my nie in die oog gesit nie.

Maar enige iets kan bespreek word en is Scott Stossel, (redakteur van The Atlantic, Amerikaanse tydskrif), 'n voorbeeld daarvan, wat die weg vir my ook baan.

Die bronne:

Die New Yorker artikel is gratis beskikbaar en kan hier gevind word:

www.newyorker.com/arts/critics/atlarge/2014/01/27/140127crat_atlarge_menand

Spesiaal vir die doeleindes van die brief, die New York Times Magazine artikel, nou gaan opsoek, maar nie gebruik in detail nie en kan hier gelees word:

www.nytimes.com/2009/10/04/magazine/04anxiety-t.html

October 4, 2009
Understanding the Anxious Mind
By ROBIN MARANTZ HENIG

But some people, no matter how robust their stock portfolios or how healthy their children, are always mentally preparing for doom. They are just born worriers, their brains forever anticipating the dropping of some dreaded other shoe. For the past 20 years, Kagan and his colleagues have been following hundreds of such people, beginning in infancy, to see what happens to those who start out primed to fret. Now that these infants are young adults, the studies are yielding new information about the anxious brain.

ANXIETY IS NOT fear, exactly, because fear is focused on something right in front of you, a real and objective danger. It is instead a kind of fear gone wild, a generalized sense of dread about something out there that seems menacing — but that in truth is not menacing, and may not even be out there. If you’re anxious, you find it difficult to talk yourself out of this foreboding; you become trapped in an endless loop of what-ifs.

Nou weet 'n mens.

Baie dankie

  • 3

Kommentaar

  • Wouter,

    Jou skrywe is interessant. Dinge waarmee ons almal sukkel. Ek sien ook die verskil tussen angstigheid en vrees. Ons almal sit met spanning en is bang vir sekere goete, maar vrees is 'n ander monster. Dit hou jou snags wakker en laat jou lyf rooi uitslaan. 

    'n Emosie is 'n wekroep. Dit toon dat daar aan iets aandag gegee moet word. Dalk 'n onvervulde behoefte? Voortdurende angstigheid mag weer omsit in vrees. Vrees is vir my net die 'vrug' wat aan die boom groei wat 'n penwortel besit wat diep in iets anders ingegrond is. Daar word mos gepraat van die 'vrug' van die vlees of die 'vrug' van die gees. Let ook op dat daar gepraat word van: ons het nie 'n 'gees' van vreesagtigheid ontvang nie, maar van liefde en selfbeheersing (sound mind).

    Het jy iets in jou biblioteek hieromtrent? Hoe die vlinder vrygestel kan word?

  • Wouter, jy is stil? Gaan gerus in by Dr Michelle Strydom op soekenjin. Hier is die program vir Vrydagaand:

     

    No Disease is Incurable Seminar – 27 – 30 June 2014:

    Friday night (18h00 – 21h30):

    ? Brain (How the Brain Works, How Thoughts Form and How Thoughts Can Become Toxic Leading To Disease) …1 hour 10 min

    ? How Long Term Fear, Anxiety and Stress Affects the Body …

    ? Allergies (An Example Of How The Symptoms Of A Disease Can Develop As A Result Of A Long Term Mindset) … 1hr 10 min

    ? Ministry For Fear

     Onder andere sal HIV ook bespreek word.

    Dit word aangebied by :

    Heartfelt Arena
    Physical Address

    Corner Eeufees & Voortrekker road
    Thaba-Tshwane
    Pretoria
    GPS: 25º46’41.16”S | 28º 9’59.34”E

    Sien ek jou daar?

  • Hello Trienie, 

     
    Verskoning daaroor en ook omrede ek jou nie pertinent geantwoord het nie na die vraag deur jou gestel is nie. Ek kry sulke stilbuie en hierdie was weer een van hulle. 
     
    Na jou vraag het ek my gedagtes laat gaan en het onmiddellik my na Adam Phillips gewend, "Child psychotherapist, becoming the principal at Charing Cross Hospital, in London, working for seventeen years in the National Health Service and currently in private practice consisting mainly of adults who see him at hourly intervals, mostly for fifty minutes each".
     
    Spesifiek sy versameling van opstelle, "One Way and Another: New and Selected Essays" en dan drie opstelle in die versameling wat ek dink moet saamgelees word, in die lig van angstigheid. "On being bored, Worrying and its Discontents, looking at obstacles".
     
    Verveling, of dan wat ek eerder sal beskou as "ennui", en dan met bekommernis wat jou verorber en die struikelblokke wat dit tot 'n goeie lewe het, maar met die volgende voorbehoud, soos geneem uit 'n onderhoud met Adam Phillips wat onlangs in die Paris Review publiseer is. 
     
    "Patients come because they are suffering from something. They want that suffering to be alleviated. Ideally, in the process of doing the analysis, they might find their suffering is alleviated or modified, but also they might discover there are more important things than to alleviate one’s suffering".
     
    Dit bied stof tot nadenke. 
     
    En spandeer ek die afglope tyd om onderhoude wat met hom gevoer is, by "New York Public Library, Royal Society of London" te kyk om seker maak ek verstaan hom reg. 
     
    Ek het sonder twyfel 'n "man crush" op Adam Phillips aangesien sy ontleding so redelik is, daar is meer belangriker aspekte in menswees as om "gelukkig" te wees, ons moet met frustrasie kan handel en die beste van die lewe maak wat tot ons beskikking is, en nie te tob oor die lewens wat ons nie lewe nie, en die lewe wat jy wel het, dan bitter laat. 
     
    Dit moet verhoed word
     
    Adam Phillips het nou 'n nuwe boek uit, "Becoming Freud" wat hier bespreek word en daar onderhoud met hom gevoer word. 
     
     
    Die boek wat hierdie boek voorafgaan, is "Missing Out: In Praise of the Unlived Life" en is daar 'n goeie onderhoud met Adam Phillips by Royal Society of London... http://www.youtube.com/watch?v=2WMHswoSE20
     
    Wat uitkom is die belangrikheid van gesprek, die kapasiteit van die luisteraar om werklik te luister, dit is dus nie die "talking cure" nie, maar die "listening cure". 
     
    Adam Phillips dan. 
     
    Saam met Adam Phillips sou ek dan Jerome Kagan, (Harvard psychologist Jerome Kagan, leading expert in child development), opsoek en die volgende wat ek van hom onthou uit 'n bespreking uit die "New York Review of Books, 2008): 
     
    "The problem of relying on overly broad, categorical, static words like fear and happiness to describe, diagnose, predict, and expound, words that don’t get us very far, as patients, as subjects, as readers. This problem with language may explain why, though we all say we’re happy, the library of how-to-get-happy books and why-we’re-not-happy books is expanding. Anyone who spends time in that section of the stacks is likely to cheer Jerome Kagan’s transcendent (hopeful, gracious) and courageous (brave, valiant, courteous) request:
     
    Let us agree to a moratorium on the use of single words, such as fear, anger, joy, and sad, and write about emotional processes with full sentences rather than ambiguous, naked concepts that burden readers with the task of deciding who, whom, why, and especially what".
     
    Gesprek sonder end, sonder die vals hoop van "genesing", die kompleksiteit van die mens aanvaar as 'n gegewe en 'n versigtigheid om nie tot 'n maklike slotsom te kom nie. 
     
    Hierdie kwessies van emosies, sou ek graag in die lig van "The Secret Historyof Emotion From Aristotle’s to Modern Brain Science" van Daniel M. Gross lees wat uitbrei oor die maklike verklarings van wat 'n emosie is en vir die mens beteken. 
     
    'n Slotsom daaruit: 
     
    "Emotions, whether in the context of eighteenth-century psychology or even in our own popular psychology, must be readas markers of social distinction rather than just as expressions of a human nature essentially shared by all. Instead of wondering perennially why it has taken so long to extend the range of human compassion to women, to slaves, to non-Europeans, to the poor, to the disabled, and so on, we would do better to track the history of terms such as pride, humility, pity, and compassion and see how they have been mobilized for strategic purposes; how, for instance, particular communities are composed by the notion that they have a monopoly on that compassion that would be extended to others. This would be a very different history of psychology indeed".
     
    Nou leef ons in 'n tydperk, waar daar met alles na die "brein" gehardloop word en hier het ek as 'n spesifieke voorbeeld. "We Are Our Brains: From the Womb to Alzheimer’s van Dick Swaab". 
     
    Daar is hierdie onderhoud met 'n paneel wat Dick Swaab insluit van BBC Radio 4 se bekende "Start the Week en kan hier geluister word:
     
     
    Neuroscience and Free Will
    Duration: 43 minutes
    First broadcast: Monday 20 January 2014
     
    Tom Sutcliffe talks to the neuroscientist Dick Swaab who argues that everything we do and don't do is determined by our brain. He explains why 'we are our brains'. The philosopher Julian Baggini doesn't dispute the pre-eminence of brain processes but believes it doesn't tell the whole story. As a writer Helen Dunmore must get into the minds of her characters - the latest a war-damaged soldier from the trenches. Natalie Abrahami only has the heads of her characters to play with as she directs Samuel Beckett's Happy Days about the amazing ability of a woman to survive by denying her ever-diminishing world.
     
    Met my voorlopige slotsom sou ek dan 'n "humanistiese" inslag volg met die gesprek van die persoon waarmee daar in gesprek is met myself of dan 'n ander persoon en hoe dit dan insigte in die persoon en myself kan openbaar, versigtig optimisties. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Naskrif, ek sal nie by hierdie samekoms uitkom nie, maar dankie vir jou opvolg, en weereens verskoning vir my stilstuipe, maar ek dink nog steeds hoe sou ek 'n brief hieroor skryf. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top