'n Kabinet gevul met Intelligentsia

  • 0

Die nuwe 40-lede Griekse kabinet het nie minder nie as 7 professore; ‘n hele aantal met doktorsgrade. Almal besit ‘n minimum universiteitsgraad.

http://greece.greekreporter.com/2015/02/01/who-is-who-in-the-new-greek-government/

Die een wat vir my die meeste imponeer het, is die aantreklike 55-jarige (lyk soos 35) Giannis Varoufakis (lyk soos Bruce Willis), die minister van finansies en professor van Ekonomiese studies aan die universiteit van Athena. Hierdie professor is wêreldwyd in aanvraag weens sy besonderse benadering tot die wêreldekonomie. (Vir belangstellendes, Google net sy naam om die verbasende groot aantal skakels oor hom te lees asook sy fenomenale bydraes tot die Ekonomiese wetenskap.) Dit is met hierdie man dat die gedugte Merkel van Duitsland, en Hollande van Frankryk oor Griekeland se skuld te doen gaan kry.

Net so aantreklik is die 40-jarige premier, Alexis Tsipras, die jongste in Griekse demokratiese geskiedenis, en as ateïs, ook die eerste wat nie ‘n godsdienstige eed afgelê of toegelaat het dat die Griekse Ortodokse Patriarg van Athena hom inseën nie. Glo ook nie in die huwelik nie, leef sedert sy jeug met een vrou en het twee kinders.

Skaars in die bestuursitplek, (sedert 25 Jan) is hulle besig om die balans van die EU onkant te gooi. Hulle het reeds onderneem om enige verdere sanksies teen Rusland te veto. Inteendeel Tsipras het geen buitelandse ambassadeur te woord gestaan alvorens hy eers Rusland se ambassadeur te woord gestaan het nie. Cameron van Britanje is die enigste wat geweier het om vir Tsipras geluk te wens met sy party se oorweldigende oorwinning by die stembus.

Dit gaan interessant wees om die Griekse politiek vorentoe dop te hou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top