'n Antwoord aan Thomas

  • 25

Op 7 Oktober skryf Dirk Rigter sinies oor Toetsrugby en die Voorsienigheid. Afgesien van ander kommentaar voeg Thomas op 9 Oktober nog by:

“Mens hoor dikwels dat god mense wonderbaarlik lewendig uit 'n grusame ongeluk laat kom het waarin baie ander mense dood is - soos nou weer met die profeet se woonstelgebou wat ineengestort het. Die jackpot-vraag is natuurlik hoekom het god in die eerste plek die ongeluk toegelaat en dan wat van die ander mense wat dit nie gemaak het nie? Moet hulle familie maar aanvaar dat god sy rug op hulle gedraai het?”

Blykbaar het Thomas geskryf met die oortuiging dat daar geen “jackpot-antwoord” is nie.

Intussen was Rodney en Maria Lakay op die laaste dag van hulle vakansie in ‘n ernstige ongeluk. Hulle storie word deur Hanlie Retief in Rapport vertel. Maria se een been is bo die knie en die ander onder die knie afgeruk. Haar man is ook sy twee bene kwyt, maar aanvanklik het die dokters geen hoop vir hom gehad nie. Eers op die sewende dag het hy bygekom en die volgende dag van sy bene gehoor. Sy kommentaar:

“Maar weet jy, vir my was dit nie, sjoe, ek het my bene verloor, wat nóú nie. Absoluut niks van daai nie. Dis my eerlike waarheid wat ek nou sê.”

Hy druk sy duim en voorvinger teen mekaar: Nie eens so bietjie blameer hy die Here nie. “Ek het net gevra Hy moet darem vir my sê wat’s die mission hiervandaan af. Hoe moet ek nou verder?”

Retief skryf later: Die Lakays was maar net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek, sê mense nou. Nee, op die regte plek op die regte tyd, sê hulle, dit moes oor hul pad kom.

Die Here werk mos verkeerd-om-reg.

  • 25

Kommentaar

  • Beste George,

     
    Nee, ek het nie sinies geskryf oor Heyneke Meyer wat sy Bokspan as "gesëend" beskou het nie. Waarop ek eintlik wou wys is die absurde idee dat jy toetsrugby wen omdat die Voorsienigheid op die besondere dag aan jou kant was. Waar was die Voorsienigheid die vorige twee Saterdae toe die Bokke net-net verloor het? Of was hulle dalk "minder gelowig" die vorige weke?
     
    Belangriker egter is die kwessie van "Hemelse Ingryping" al dan nie by gebeure soos die Lagos-tragedie of selfs dié van die Lakays. Wat Lagos betref: Ek herhaal my vraag, soos ook verwoord deur Jean Oosthuizen hier, dat die swye deur die breë kerk en geloofsgemeenskap net een ding beteken: Hulle (julle?) het geen verklaring daarvoor nie. Hoe gaan honderde mense op besoek om deur God gesëen te word, en God laat dit toe dat talle gedood of ernstig beseer word?

    Wat die Lakays betref: Hulle is gewaarsku om hul voertuig te verwyder, want dit was gevaarlik daar waar hul geparkeer het tydens die tydren. Maar nee, hulle het van beter geweet en nou is beide tragies in 'n rolstoel. Om nou te sê dis die Here wat "...verkeerd-om-reg..." te werk gegaan het, is om die blaam te plaas waar dit glad nie hoort nie. Weer eens, hulle is gelowiges wat "gestraf" word. Waarvoor?

    Jy beantwoord nié die jackpot-vraag wat Thomas gevra het nie, want jy het nie die jackpot-antwoord nie.
      
     
     
     
     
  • Beste George

    Dit sal nie help om die nie-/ongelowiges te probeer oortuig nie. Hulle wil alle blaam van wat sleg gebeur op God plaas, maar vergeet gerieflikheidshalwe om alles wat goed gebeur te ignoreer. Ek het al op vorige geleenthede dit genoem. Jy as mens het een van die maklikste keuses om te maak. Jy moet net aanvaar dat Sy Seun Jesus vir jou as sondige mens aan die kruis gesterf het en dat jy aan God, die Vader, Sy Seun en die Heilige Gees glo. Dit is maklik, ja of nee. Geen fanfare of trompetgeskal nie. Ek glo as jy eers daardie besluit geneem het, verander jy as persoon, jou uitkyk op die lewe, jou omgang met mense en jy leef volgens die wil van God. Die ongelowiges is gou om klippe te gooi en vingers na Christene te wys. 'n Gelowige moet gemeet word aan sy dade en nie waarmee hy te koop loop nie, maar wie is 'n mens in elke geval om iemand anders te oordeel en te veroordeel?

  • Reusedwerg,

     
    Dis juis die gelowiges wat die blaam vir slegte gebeure op God plaas! Net hierbo sê George / die Lakays dat hulle (die Lakays) "...op die regte plek op die regte tyd (was)... dit moes oor hul pad kom..." Dis die Here wat "...verkeerd-om-reg..." gewerk het, volgens wat George hierbo sê. Maw God het die ongeluk oor hul pad gebring.
     
    Dis die probleem. Hoekom is juis hulle, as gelowiges, uitgesonder vir hierdie "verkeerd-om-reg" gewerkery van God. Verklaar asseblief. 

     
  • Beste Reusedwerg, 

     Jy beweer: Hulle (die nie-/ongelowiges) wil alle blaam van wat sleg gebeur op God plaas, maar vergeet gerieflikheidshalwe om alles wat goed gebeur te ignoreer. 
     
     Jy is algeheel, toetentaal verkeerd. Die ateïs glo nie aan die bonatuurlike nie, en ook nie aan ? god nie; dus kan hy onmoontlik die blaam op 'n god plaas vir wat gebeur.
     
     Kom ek verduidelik vir jou kortliks hoe die vurk in die hef steek. Alle lewe is onderhewig aan allerhande soorte wreedhede, terwyl die Bybel beweer dat God barmhartig is en ? God van liefde. Die gelowige aanvaar dit gedweë, en skryf die wreedhede toe aan die duister weë van God. Die ateïs, daarenteen, kan nie aanvaar dat  ? barmhartige God enigsins sulke wreedhede sal toelaat nie; die wreedhede moet dus sy oorsprong in iets ander hê, en hier is die antwoord op daardie jackpotvraag. 
     
    Charles Darwin het met hierdie probleem geworstel, en so het hy op die gedagte van natuurlike seleksie gekom. Natuurlike seleksie is verantwoordelik vir hierdie wreedhede, nie God nie, en, soos jy weet, natuurlike seleksie is die dryfveer van evolusie. Dit is hoe die evolusieteorie ontstaan het. Darwin het dit later verder gevoer en tot die slotsom gekom dat daar nie so iets is as ? wrede barmhartige liefdevolle God nie.  God bestaan dus nie. 
     
    Groete,
     Angus
  • Mnr Rigter en Angus

    Soos ek in my skrywe noem, sal dit nie help om die ongelowiges te probeer oortuig nie. Ek respekteer jul sienings of daar 'n God is of nie. Dit is jou reg en keuse wat julle gemaak het. Ek het nie 'n saak met julle wat dit glo of nie. Ek het egter net een probleem en dit is die venyn wanneer daar na gelowiges verwys word, hetsy voor of na sportbyeenkomste of enige ander geleentheid waar die teenwoordiges met 'n gebed die verrigtinge begin/open. Ek verwag net dat julle die gelowiges se oortuigings en sienings respekteer, hetsy iemand na 'n ramp of voorspoed die lewende God bedank. Die enigste  ding van Charels Darwin se evolusie is dat daar deesdae 'n "reverse" in sy teorie is. Is hy nie die man wat op sy sterfbed erken het dat daar 'n God is nie? Sterkte vir julle. Mag julle ook eendag die ervaring van die lewende God beleef.

  • Beste Angus
     Ek glo nie Darwin  het 'n antwoord vir die probleem nie.

    Al gevolgtrekking van Darwin is dat hy glo dat mens en die ander primate 'n gemeenskaplike voorouer gehad het en dat alle primate dan langs verskillende 'roetes' ontwikkel het. Darwin het dan ook nooit gesê dat mense van ape afstam nie. Bron -Encyclopedia Brittannica.

    'n Meer onlangse teorie blyk die sg 'struikteorie' te wees ,dus meer as een voorvader het tot die verskillende soorte primate gelei.Dit is gegrond op die feit dat twee verskillende spesie die sg 'homo Habilis' en 'homo Erectus' saam sy aan sy ind ieselfde streek geleef het.

    .Die antwoord glo ek lê eerder in die ontwikkeling van die menslike brein en dan veral die in die 'homo sapiens'. Die volgende is 'n uitreksel uit http://www.smithsonianmag.com/science-nature/when-did-the-human-mind-evolve-to-what-it-is-today-140507905/?page=1

    "There was a time when they thought they had it all figured out. In the 1970s, the consensus was simple: Modern cognition evolved in Europe 40,000 years ago. That’s when cave art, jewelry and sculpted figurines all seemed to appear for the first time. The art was a sign that humans could use symbols to represent their world and themselves, archaeologists reasoned, and therefore probably had language, too. Neanderthals living nearby didn’t appear to make art, and thus symbolic thinking and language formed the dividing line between the two species’ mental abilities. (Today, archaeologists debate whether, and to what degree, Neanderthals were symbolic beings.)

    One problem with this analysis was that the earliest fossils of modern humans came from Africa and dated to as many as 200,000 years ago—roughly 150,000 years before people were depicting bison and horses on cave walls in Spain. Richard Klein, a paleoanthropologist at Stanford University, suggested that a genetic mutation occurred 40,000 years ago and caused an abrupt revolution in the way people thought and behaved.

    In the decades following, however, archaeologists working in Africa brought down the notion that there was a lag between when the human body evolved and when modern thinking emerged. “As researchers began to more intensely investigate regions outside of Europe, the evidence of symbolic behavior got older and older,” says archaeologist April Nowell of the University of Victoria in Canada.

     For instance, artifacts recovered over the past decade in South Africa— such as pigments made from red ochre, perforated shell beads and ostrich shells engraved with geometric designs—have pushed back the origins of symbolic thinking to more than 70,000 years ago, and in some cases, to as early as 164,000 years ago. Now many anthropologists agree that modern cognition was probably in place when Homo sapiens emerged.

    “It always made sense that the origins of modern human behavior, the full assembly of modern uniqueness, had to occur at the origin point of the lineage,” says Curtis Marean, a paleoanthropologist at Arizona State University in Tempe.  

    Marean thinks symbolic thinking was a crucial change in the evolution of the human mind. “When you have that, you have the ability to develop language. You have the ability to exchange recipes of technology,” he says. It also aided the formation of extended, long-distance social and trading networks, which other hominids such as Neanderthals lacked. These advances enabled humans to spread into new, more complex environments, such as coastal locales, and eventually across the entire planet. “The world was their oyster,” Marean says.

    But symbolic thinking may not account for all of the changes in the human mind, says Thomas Wynn, an archaeologist at the University of Colorado. Wynn and his colleague, University of Colorado psychologist Frederick Coolidge, suggest that advanced "working memory" was the final critical step toward modern cognition.

     Working memory allows the brain to retrieve, process and hold in mind several chunks of information all at one time to complete a task. A particularly sophisticated kind of working memory “involves the ability to hold something in attention while you’re being distracted,” Wynn says. In some ways, it’s kind of like multitasking. And it’s needed in problem solving, strategizing, innovating and planning. In chess, for example, the brain has to keep track of the pieces on the board, anticipate the opponent’s next several steps and prepare (and remember) countermoves for each possible outcome. Finding evidence of this kind of cognition is challenging because humans don’t use advanced working memory all that much. “It requires a lot of effort,” Wynn says. “If we don’t have to use it, we don’t.” Instead, during routine tasks, the brain is sort of on autopilot, like when you drive your car to work. You’re not really thinking about it. Based on frequency alone, behaviors requiring working memory are less likely to be preserved than common activities that don’t need it, such as making simple stone choppers and handaxes.

    Yet there are artifacts that do seem to relate to advanced working memory. Making tools composed of separate pieces, like a hafted spear or a bow and arrow, are examples that date to more than 70,000 years ago. But the most convincing example may be animal traps, Wynn says. At South Africa’s Sibudu cave, Lyn Wadley, an archaeologist at the University of the Witwatersrand, has found clues that humans were hunting large numbers of small, and sometimes dangerous, forest animals, including bush pigs and diminutive antelopes called blue duikers. The only plausible way to capture such critters was with snares and traps.

    With a trap, you have to think up a device that can snag and hold an animal and then return later to see whether it worked. “That’s the kind of thing working memory does for us,” Wynn says. “It allows us to work out those kinds of problems by holding the necessary information in mind.

    ” It may be too simple to say that symbolic thinking, language or working memory is the single thing that defines modern cognition, Marean says. And there still could be important components that haven’t yet been identified. What’s needed now, Wynn adds, is more experimental archaeology. He suggests bringing people into a psych lab to evaluate what cognitive processes are engaged when participants make and use the tools and technology of early humans.

    Another area that needs more investigation is what happened after modern cognition evolved. The pattern in the archaeological record shows a gradual accumulation of new and more sophisticated behaviors, Brooks says. Making complex tools, moving into new environments, engaging in long distance trade and wearing personal adornments didn’t all show up at once at the dawn of modern thinking.

    The appearance of a slow and steady buildup may just be a consequence of the quirks of preservation. Organic materials like wood often decompose without a trace, so some signs of behavior may be too ephemeral to find. It’s also hard to spot new behaviors until they become widely adopted, so archaeologists are unlikely to ever locate the earliest instances of novel ways of living.

    Complex lifestyles might not have been needed early on in the history of Homo sapiens, even if humans were capable of sophisticated thinking. Sally McBrearty, an archaeologist at the University of Connecticut in Storrs, points out in the 2007 book Rethinking the Human Revolution that certain developments might have been spurred by the need to find additional resources as populations expanded. Hunting and gathering new types of food, such as blue duikers, required new technologies. Some see a slow progression in the accumulation of knowledge, while others see modern behavior evolving in fits and starts. Archaeologist Franceso d’Errico of the University of Bordeaux in France suggests certain advances show up early in the archaeological record only to disappear for tens of thousands of years before these behaviors—for whatever reason—get permanently incorporated into the human repertoire about 40,000 years ago.  “It’s probably due to climatic changes, environmental variability and population size,” d’Errico says.

    He notes that several tool technologies and aspects of symbolic expression, such as pigments and engraved artifacts, seem to disappear after 70,000 years ago. The timing coincides with a global cold spell that made Africa drier. Populations probably dwindled and fragmented in response to the climate change. Innovations might have been lost in a prehistoric version of the Dark Ages. And various groups probably reacted in different ways depending on cultural variation, d’Errico says.  “Some cultures for example are more open to innovation.

    ” Perhaps the best way to settle whether the buildup of modern behavior was steady or punctuated is to find more archaeological sites to fill in the gaps. There are only a handful of sites, for example, that cover the beginning of human history. “We need those [sites] that date between 125,000 and 250,000 years ago,” Marean says. “That’s really the sweet spot.”"

    Dit wil dus voorkom dat nieteenstaande die ontwikkeling van die brein daar tog iets van die 'primitiewe deel' van ons voorouers se brein  in die moderne mens oorgebly het.. Daar is nie plek vir rede of logika of gewete In die primitiewe gedeelte van die brein nie.

    Dit wil dus vir my verder voorkom of elke mens dus nog verder met die vermoë sit om sy gewete absoluut toe te skroei  en die mees afgryslikste dade selfs in die naam van godsdiens te pleeg.Dit is dan ook maar net my persoonlike opinie dat dit ook die rede is waarom die ou mens moet sterwe  want net deur die proses van sterwe raak ek daarvan ontslae.

    Word ek dan opgewek uit die dode dan staan ek met 'n liggaam soortgelyk aan die van Jesus op en dan is die ou biologiese mens vir goed dood, dan is ek vir ewig verlos van die biologiese nalatenskap van my oervoorouers.

    Dit is dan ook tot die moderne mens wat die Skepper hom wend in die skeppingsverhale, want dit is slegs 'n mens met 'n volkome ontwikkelde brein wat enigsins deur taal en sang met die Skepper kan kommunikeer en verstaan  wat verlang word.

     Geen ander primaat kan dit doen nie en daarom is daar ook geen veroordeling van verkeerde dade onder hulle nie.

    Wat ek hier skryf is maar slegs my eie gedagtegange oor die saak en moenie gesien word as synde verteenwoordigend te wees van enige kerk of ander instansie nie.

  • Beste Reusedwerg,

     Die venyn waarvan jy praat, kom van albei kante af, maar dit is die ateïs wat nog maar eeue lank aan die kortste ent getrek het. Hy is verag, uitgeskel en sleggesê, voor die hof gedaag, en sou beswaarlik ? werk kon kry indien hy openlik erken het dat hy ? ateïs is. Ateïsme is nie ? religie nie, maar kom ons veronderstel dat hulle ? ateïslied het. Wat dink jy, sou gebeur as die gehoor, of toeskouers by ? sportbyeenkoms gedwing was om dit eers te sing by die aanvang van verrigtinge? Ek verwag ook dat julle Christene en ander gelowiges ons ateïste se sienings en oortuigings respekteer.
     
     Ek hoop jy sal uitbrei oor die sogenaamde “reverse” in die evolusieteorie. Dat Darwin erken het dat daar ? God is, is ? storie wat kreasioniste graag vertel. Of dit waar is weet ek nie, maar dit kan wees, want Darwin was eens ? gelowige Christen. Indien hy wel erken het dat daar ? god is, beteken dit niks, want miljoene mense "weet" ook dat God bestaan.  Ek weet ook dat God bestaan: gaan lees jou Bybel, en jy sal met jou eie oë self sien hy bestaan as die hoofkarakter van die boek. Hy bestaan soos enige ander fiktiewe karakter: Moses, Jesus, Jan (van boontjierankfaam), Bart Nel, Ampie, Eline Vere, Raka, Sneeuwitjie, ens. 
     
     Die lewende god? Al plek waar hy leef, is in die Bybel, daar is hy 'n wrede, jaloerse en selfsugtige persoon.  
     Groete, 
     Angus
  • Beste Reusedwerg, 

     Ongelukkig het ek dit uitgelaat om jou te antwoord op jou bewering dat dit nie sal help om ongelowiges te probeer oortuig nie. Waar kom jy aan sulke nonsens? Die ongelowige is beslis oortuigbaar as jy met klinkklare bewyse kom. As jy kan bewys dat die bonatuurlike buite die menslike verbeelding bestaan, dat daar ? God is, met hemel en hel, dan sal hy mos oortuig wees. Natuurlik sal die wollerige “bewyse” van die kreasionis nie slaag nie.
     
     Die ander kant van die storie is ook waar. Menige gelowige het al ateïs geword, nadat hulle vir hulself begin dink het. Om die waarheid te sê, ek skat sowat 99% ateïste was eens gelowiges; neem maar Darwin as voorbeeld, of vir my of enige van die ses dominees wat van hulle ongeloof vertel in die boek, "HIER STAAN EK maar ek kan nie sê wie ek is nie", of die sowat negentien ander bydraers tot die boek. 
     
     Jy beweer ook dat jy vrede het met die keuse wat die ongelowige maak. Dit is nie my keuse nie, en ek is seker daarvan, niemand kies om ? ateïs te wees nie. Ons het ongelowiges geword na diep denke en ondersoek; anders as gelowiges wat nie dink oor hulle geloof nie, want die Bybel sê hulle moet net glo soos kinders.
     
     Groete, 
     Angus 
  • Angus. Soos voorheen genoem. Ek verstaan glad nie wat jy probeer sê nie, indien jy nie die keuse gemaak het om 'n aties te word nie, wie het dan? Ek mag verkeerd wees maar ek glo die keuse is/was joune. Soos die geleerde mense dit graag aanhaal. "I rest my case."

  • Beste Reusedwerg,

    Dis heel eenvoudig. 
     
     'n Ateïs is iemand wat nie aan bonatuurlike dinge glo nie. Ek kan dit nie verhelp nie. Ek glo nie aan spoke, gode, engeltjies, duiwels, demone, hemel en hel nie. Ek het nie gekies om so te wees nie, net soos jy nie gekies het om mens te wees nie. 
     
    Soos jy sê, I rest my case.
     
    Groete,
    Angus
  • Beste FC Boot,

     Die probleem lê by die oksimoron ? wrede, barmhartige, liefdevolle God.
     
     Vir Darwin, wat teologie studeer het, was die probleem ? liefdevolle God wat wreedheid toelaat. In ? werk het ? Australiese wetenskaplike God daarvan beskuldig dat hy sadisties is omdat hy die Ichneummoniede perdeby toelaat om sy eiers in ? verlamde ruspe te lê sodat dit lewendig opgevreet word wanneer die eiers uitbroei. Darwin het daaroor geskryf en gesê dat hy nie kan insien dat ? almagtige, liedevolle God so iets sou toelaat nie. Natuurlike seleksie, die dryfveer van evolusie, het toe die skuld daarvoor gekry. Dit is Darwin se oplossing van die probleem.
     
     Nou sê jy jy glo nie Darwin het ? antwoord op die probleem nie. As jy ? beter oplossing kan gee as Darwin, sal ek dit graag wil hoor. Dan haal jy ? lang stuk aan wat absoluut niks te make het met die onderwerp van bespreking nie. Dit gee nie ? beter oplossing vir die wreedheid teenoor alles wat lewe nie, en dit ondersteun ook nie jou ongeloof in Darwin se oplossing nie. Dit weerspreek nie eens Darwin se evolusieteorie nie. Al wat jy met die aanhaling bereik, is om waardevolle ruimte te vermors.
     
     Groete,
     Angus
     
    Ns. Kan Webvoet nie 'n einde maak aan hierdie lang kwotasies nie? Anders moet hy maar die naam verander van SêNet na Spoeg-en-plakNet
  • Die verbasende van 'n Antwoord aan Thomas is dat Thomas nooit terug antwoord nie.

    Lyk my Thomas is uitgekuier en het hy het sy sê gesê. Maar tog bly sy vraag soos verwoord in George B se brief onbeantwoord:

    Mens hoor dikwels dat god mense wonderbaarlik lewendig uit 'n grusame ongeluk laat kom het waarin baie ander mense dood is - soos nou weer met die profeet se woonstelgebou wat ineengestort het. Die jackpot-vraag is natuurlik hoekom het god in die eerste plek die ongeluk toegelaat en dan wat van die ander mense wat dit nie gemaak het nie? Moet hulle familie maar aanvaar dat god sy rug op hulle gedraai het?

    Het God dan witbroodjies? of lê die antwoord sommer in die begin van die Bybel,nl in die Genesis-verhaal,na die mens se opstand teen die gebod van God.

    In die nog 'n skeppingsverhaal in Genesis 2. vers 8 lees ek "Die Here God het toe 'n mooi, groot tuin in Eden,in die ooste, vir die mens gemaak. (God is die tuinnier-Hy sorg vir orde en 'n leefbare omgewing in die verhaal. Daar was selfs vrugtebome.) Hy het die mens gevat en hom binne-in die tuin gesit."

    Dit is duidelik dat die skrywer iets probeer oordra aan sy leser. Die mens is nie binne 'n ordelike,georganiseerde omgewing sonder gevare geskep nie. As dit wel so was was die tuin, 'n bewerkte en versorgde en bewaakte omgewing onnodig.Hy is uit 'n onbeskermde gebied waarin hy geskep is en in 'n beskermde gebied geplaas.

    Na die opstand teen God word die mens verban uit die beskermde gebied en bevind homself weer in 'n gebied vol gevare en onheil. Doodslag was om die draai en neem die menslike feilbare natuur oor.
    Lameg dreig al spoedig  dat iemand wat met hom sukkel, groot teëspoed gaan optel.

    Dit is dus duidelik dat gelowiges en ongelowiges leef  op 'n planeet onderhewig aan natuurrampe, wat dikwels die planeet se vernuwing is asook feilbare menslike projekte.

    God kies dus nie kant nie en laat dit reën oor goeies en slegtes en kom rampe oor gelowiges en ongelowiges.Die verskil is egter of jy  gelowig of ongelowig sterwe en daarom is sterwe vir 'n gelowige mens
    onder watter omstandighede 'n wins want  dit is die deurgang tot iets groter en beter.

    Daarom ad astra per aspera.

  • George Bekker

    Die eerste reaksie op my brief was van Dirk Rigter, wat beswaar maak dat ek sy brief van 7 Oktober as “sinies” tipeer. Ek ken Dirk as iemand wat skerp ontledend kan wees en die subjektiewe vermy. My aanvanklike bekommernis oor eie subjektiewiteit het verdwyn toe ek sy brief weer onder oë kry – lees dit gerus weer – as “sinies” nie die regte woord is nie sal daar 'n ander negatiewe term wees wat sal deug. Die Lakays het heel moontlik skuld aan hulle situasie maar hulle geloof en positiewe houding is van so 'n aard dat ek dit onder die aandag moes bring.

    Dirk is reg as hy die aandag vestig op die swye van die breë kerk oor die ramp in Nigerië. Dis 'n moeilike onderwerp en predikante is geneig om dit te vermy. Die meeste ellende is as gevolg van verkeerde menslike optrede. Christene glo dat God in alle gevalle kan ingryp en sulke gebeurtenisse verhoed. Gewoonlik doen hy dit nie. Teologies word daar dan na “God se toelatende wil” verwys. Dis 'n moeilike onderwerp waaroor ek al 'n brawe predikant hoor preek het. Die “beste preek” is die wat 'n mens sien – gelowiges wat die een ellende na die ander oorkom en in geloof voortgaan. Dis nie dat hulle nooit oomblikke van twyfel het nie, maar hulle geloof oorheers. Hulle het die “jackpot-antwoord” self al is dit die mees geliefde persoon in hulle lewe wat gesterf het.

    Self is ek nie 'n sportentoesias nie, maar noodwendig sal 'n gelowige speler ook van sy sport 'n saak van gebed maak, en dit is reg. Hy dring egter nie aan op die antwoord wat hy graag wil hê nie.

    Reusedwerg, dankie vir jou bydrae wat ek waardeer. Rondom 'n man soos Darwin is daar fabels opgebou en dis dikwels moeilik om by die waarheid uit te kom. Die weergawe waaroor ek beskik is dat hy 'n gelowige was met die skryf van minstens sy eerste boek. Sy tienerdogter het na 'n vreeslike lyding gesterf en dit is hierdie gebeurtenis wat hom sy geloof laat verloor het. Aanvanklik, (laat 19de eeu) was daar, binne die Anglikaanse kerk, nie teenstand teen die teorie nie, want die destydse wetenskaplikes in Engeland was almal Anglikane. Om dit sag te stel, die kreasioniste sal nie saamstem nie, want hulle interpretasie van die Bybel is vir hulle moontlik belangriker as die Woord. (Jammer as ek jou ontstel maar dis my mening en elkeen is op sy eie opinie geregtig.)

    My brief was net bedoel om die Lakays se verhaal onder die aandag te bring. Soos SêNet oor die jare gewys het is dit nie wat gebeur nie. Allerlei gesigspunte word gelug en daar is nie 'n finale antwoord nie, maar die meeste deelnemers het geleer of het iets om oor te dink. FC Boot, dankie dat jy jou vlag laat wapper. Hoop jou skippie vaar nog lank. Jy het ook my aandag op die Smithsonian gevestig. Veral jou jongste opsomming van 'n gelowige lewe waardeer ek. Angus, jy is reg dat 'n mens nie kan glo as jy oortuig is dat die wêreld net uit die sigbare bestaan nie. Die pous het self erken dat dit nie van 'n oortuigde ateïs verwag kan word nie. Miskien sien jy tog nog die Lig. Om soos 'n kind te glo mag die ideaal wees, maar min mense, aan albei kante van die spektrum, is hiertoe in staat.

  • Angus, net soos jy nie my storie gaan sluk nie, gaan ek nie joune nie. Ons sal mekaar maar dan by Hops in Balitto moet kry en oor ander onderwerpe behalwe Godsdiens moet raakpunte soek. Die Godsdiens-debat sal in dag des lewens nooit opgelos word nie. Nie eens onder gelowiges is daar ooreenstemming nie. Soos baie ander gelowiges met my pyne het, het ek met hulle. Ons is wat hulle noem mense.

  • Beste Angus
    Weer eens maak jy die verkeerde afleidings.Ons deel amper tussen 94 and 97% DNA  met die naaste primaat nl die sjinpansee (Chimp).Die 'Chimp' kan tussen 4 tot 8 keer sterker wees as 'n gewone man.Dit maak nie saak hoe groot of sterk jy is, in die teenwoordigheid, van 'n silverrug uitgegroeide gorilla sal slegs die domste onder ons teen hom opstaan.

    Die vraag is dan hoekom van al die primate oorheers en regeer die mens dan die planeet? Die antwoord lê daarin op die manier waarop die menslike brein ontwikkel het.Die volgende het in verskyn in http://www.sciencedaily.com/releases/2012/09/120924142922.htm
    "Summary: Humans' superior brain size in comparison to their chimpanzee cousins traces all the way back to the womb. That's according to a study that is the first to track and compare brain growth in chimpanzee and human fetuses
    ."Darwin se teorie is al beskryf as "A Theory In Crisis" want hy sê self "Darwin wrote, "… Natural selection acts only by taking advantage of slight successive variations; she can never take a great and sudden leap, but must advance by short and sure, though slow steps." [1] Thus, Darwin conceded that, "If it could be demonstrated that any complex organ existed, which could not possibly have been formed by numerous, successive, slight modifications, my theory would absolutely break down." [2] Such a complex organ would be known as an "irreducibly complex system". An irreducibly complex system is one composed of multiple parts, all of which are necessary for the system to function. If even one part is missing, the entire system will fail to function. Every individual part is integral. [3] Thus, such a system could not have evolved slowly, piece by piece. The common mousetrap is an everyday non-biological example of irreducible complexity. It is composed of five basic parts: a catch (to hold the bait), a powerful spring, a thin rod called "the hammer," a holding bar to secure the hammer in place, and a platform to mount the trap. If any one of these parts is missing, the mechanism will not work. Each individual part is integral. The mousetrap is irreducibly complex. [4] - See more at: http://www.darwins-theory-of-evolution.com/#sthash.nGL4zGzT.dpufBron

    Die meganise wat dan in werking sou wees in Darwin se teorie is die 'Survival of the fittest".

    Maar dit is duidelik dat die manier waarop die menslike brein ontwikkel het  dit 'n voorsprong oor alle ander primate gee en dat die brein nie noodwendig in die sterkste oorlewende gehuisves moet wees nie.

    Daarvan is Stephen Hawking 'n sprekende voorbeeld.

  • Dan voel ek maar jammer vir julle arme Christene. Darwin het lank terug die Bybelse God probeer red uit sy betreurenswaardige posisie; ek het probeer deur Darwin weer aan te haal, maar julle wil maar ? wreedaardige, liefdevolle monster hê wat julle lewens regeer. Dan kan julle nie eens ooreen kom hoe hierdie monster julle moet afknou nie. Party sê goeie dade sal sy wraak weghou, ander sê weer dit maak nie saak nie; goeie dade sal nie die wreedheid weghou nie. G'n wonder daar is honderde Christengelowe nie. Ja-nee, ek sien nou julle wil nie uit julle verknorsing gered word nie. 

     Groete, 
     Angus
  • Beste Angus

    Met alle respek.Nou praat jy sommer nonsens. Jy verwag dat Christene vertroud moet wees met Darwin en ander wetenskaplike teorieë, maar self is jy maar oningelig oor die ware boodskap van die Evangelie.

    Darwin kon homself nie red nie en het op die ou einde erken dat hy nooit gesê het of bedoel het dat mense van ape afstam nie.Darwin het 'n gemeenskaplike 'voorouer' gesien waaruit alle primate ontwikkel het.
    Die teorie het egter teenstand ondervind en is vervang deur 'n meer moderne struikteorie,dus meer as een voorvader.Daar was dus oerape en oermense.

    Dit word algemeen aanvaar dat lewe in die see onstaan het omdat primitiewe lewe by 'vulcanic vents' in die diepsee waargeneem is.Dit is dus moontlik dat lewe daar kon onstaan het.Dit is egter geen bewys dat lewe wel daar ontstaan het nie.

    Daar is egter 'n sterker vermoede dat lewe in varswaterpoele op aarde onstaan het.Die probleem is dat dit alles net teorieë is, met 'bewyse'  wat die een of die ander meer ondersteun.

    So ook is die 'oerknal'  nie die enigste teorie nie maar wel die mees populêre teorie, omdat daar meer bewyse is wat die teorie ondersteun.

    So wat sê ons as  Christene nou? Ons erken en weet dat lewe hier op aarde nie so eenvoudig gevorm en ontstaan het nie soos die skeppingsverhale aandui. Ons planeet se plek in die heelal is egter so uniek
    en die kanse dat dit toevallig daar geplaas is so klein, dat ons nie anders kan as om tot die oortuiging te kom dat daar inderdaad 'n 'OORSAAK' agter dit alles staan deur wie dit moontlik gemaak is.

    Dit is al bereken dat die kanse so klein is dat dit alles net toevallig is dat indien jy die hele Amerika vol munstukke pak en 'n berg tot die maan bou en dan die opdrag kry om die een munstuk
    te soek wat van al die ander verskil, so klein is die kans dat ons planeet toevallig op die regte plek in die heelal is.

    Nogtans dankie vir jou gedagtes

  • Beste Reusedwerg, 

     Jy sê jy sluk nie my “storie” nie. 
     Daarmee bedoel jy dat dit nie waar is dat die Bybelse God wreed en liefdevol is nie. Ek (Angus) lieg sommer. 

    Dan stel ek voor dat jy jou Bybel beter bestudeer.

     Daarmee bedoel jy ook dat Darwin nie gesê het dat ? liefdevolle God onmoontlik sulke wreedhede teenoor die lewe kon pleeg nie, en dat hy wreedhede toeskryf aan natuurlike ontwikkeling. Ek (Angus) suig dit sommer uit my duim.

     Dan stel ek voor dat jy meer lees oor Darwin. Lees bv. “Saving Darwin” deur Karl W. Giberson. Daarin sal jy ? gedeelte van die brief kry wat Darwin in 1860 aan Asa Gray geskryf het.

     Vir FC Boot antwoord ek nie eens nie. Hy is óf die kluts heeltemal kwyt, óf hy lees nie wat ek skryf nie, óf hy plant strooimanne wat hy dan self afskiet.
     Groete,
     Angus 
  • Die onderliggende belangrikheid van die lewe is menswees. Deel daarvan is persoonlike geluk en emosionele balans.  Elkeen in homself het 'n prentjie van hoe die lewe vir en om homself behoort te wees, wat sy riglyn vorm hoe hy in die lewe optree.  Nie enigeen huldig dieselfde prentjie nie.

    Die godsdienstige glo in 'n god, die ateïs, soos myself glad nie.  Indien godsdiens vir enige persoon gelukkig maak, en deel uitmaak om veral sy emosionele balans te kan handhaaf, het ek absoluut  geen beswaar nie, in werklikheid verwelkom sy geluk daarin.  Dieselfde mbt die ateïs.

    Konflik in enige saak, hetsy godsdienstig of sekuler, is waneer 'n ander onaanvaarbare siening  (godsdienstig of sekuler) afgedwing word op 'n weersinnige persoon.  Godsdienstige vervolging soos in die middeleeue geskied het, en ateïstiese vervolging soos deur die vorige kommunistiese lande, dien as voorbeelde.

    Die pa van kinders glo glad nie in Vader Krismis nie, sy kinders onwrikbaar wel.  Die pa deel in sy kinders se geluk in hul geloof in Vader Krismis.  Hy weet dat soos hulle ouer en meer ervare word, sal hulle vanself mettertyd ook nie meer in Vader Krismis glo nie.

  • Beste FC Boot,

    Ek het besluit om jou tog maar te antwoord, maar ek sal dit onder ? nuwe opskrif moet doen, want jy het al die kosbare spasie hier opgebruik met jou aanhalings. Ek sal antwoord op van jou aanhalings, alhoewel dit niks te make het met die oksimoron, ? wrede, liefdevolle God nie.
    Groete,
    Angus
  • Beste FC Boot,

    Darwin het nooit gesê mense stam van ape af nie, die evolusieteorie sê nie mense stam van ape af nie. Dit is slegs oningeligte Christene wat beweer dat Darwin die ou is wat sê mense stam van ape af.
     
    Die struikteorie waarvan jy praat, hou nie water nie. Dit word verkeerd bewys deur die genetika.
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Angus

    Jy is welkom om te probeer.Noem sommer die strooipoppe wat ek volgens jou afskiet en dan kyk ons hoe ver jy kom.

  • Beste Angus

    Jy sê genetika het die struikteorie verkeerd bewys.

    Nee Angus genetika is "Genetics is the study of heredity. Heredity is a biological process where a parent passes certain genes onto their children or offspring. Every child inherits genes from both of their biological parents and these genes in turn express specific traits. Some of these traits may be physical for example hair and eye color and skin color etc. On the other hand some genes may also carry the risk of certain diseases and disorders that may pass on from parents to their offspring."

    Dit het dus niks met die struikteorie te doen nie.Omdat verskillende oermense soos die homo habilis en Erectus bv in dieselfde omgewing aangetref is maar tog verskillend was het die teorie ontstaan dat daar dalk meer as een voorvader was.

    In die twee het genetika dus 'n rol gespeel in die oordag van gene wat elkeen uniek gemaak het.

    Jy en jou pa kan nie ewe oud wees en dieselfde ma hê nie.

  • Beste FC Boot,

     Jy daag my uit om die strooipoppe wat jy rondstrooi, uit te wys. Goed, hier kom dit.
     
     Strooipoppe is my vertaling van Straw Man.
     
     Ek verduidelik hoe Darwin nie God wou blameer vir wreedhede teenoor die lewe nie, maar  natuurlike seleksie blameer. Jy beweer dat ek verkeerde afleidings maak. Ek het geen afleidings gemaak nie, slegs beskryf hoe Darwin ? saak hanteer het.
     
     Ten spyte daarvan dat ek oor die oksimoron, ? wrede, liefdevolle God, skryf, sê jy dis ? verkeerde afleiding en weerspreek dit met die stelling dat ons tussen 94 en 97% DNS met die sjimpansee deel. 
     
     Dan gaan jy voort met die vraag hoe dit dan is dat die mens van al die primate die planeet oorheers.
     
     Dan kom jy met Denton se bewering dat Darwin se evolusieteorie ? “Theory in Crisis” is. (Ek het alreeds hierbo hieroor geskryf.)
     
     Al hierdie skrywery is strooipoppe van die Red Herring-soort, wat bedoel is om die aandag weg te lei van die oksimoron, ? wrede, liefdevolle God, en het niks met die prys van eiers te make nie.
     
     Groete,
     
     Angus
  • Beste Angus

    Jy bly in sirkels praat en kom nooit by 'n punt uit.Jy praat gedurig van 'n liefdelose wrede God,maar laat dan na om dit in konteks aan te haal.Baie mense beweer bv dat God slawerny aangemoedig  en goedgekeur het.Dit is totaal verkeerd.

    Haal nou die teksverse aan van die wrede en en liefdelose God en dan gesels ons verder.

    Darwin het 'n lang tyd gevat voordat hy sy bevindinge gepubliseer het. Darwin se teorie bevat twee goed  wat eintlik in wese dieselfde is, nl 'natural selection' en die meganisme waardeur dit plaasvind,nl 'survival of the fittest'.
    Soms word die terme gelyk aan mekaar gestel.Nou eintlik het die goed niks met 'bloed en kloue' te doen nie maar wel met  watter  spesie  groot genoeg getalle nageslag voortgebring het.Hoe groter getalle hoe beter is kanse op oorlewing omdat die nageslag gewoonlik oor 'n groter geografiese gebied versprei is en natuurrampe bv nie almal uitwis nie.

    Dit is die spesie wat bly oorleef.Al wat ek vir nou vir jou probeer sê dat die rede waarom Homo Sapiens bly oorleef het is te danke aan die besondere manier waarop sy brein ontwikkel het , wat  daartoe gelei het dat selfs swakkeres die aanslae van die natuur en ander gevare kan oorleef en steeds die aarde kon bevolk.

    Maar blykbaar was die lang aanhaling wat ek gepos het in die verband te vergeefs.Die "Neanderthal" was fisies 'n baie sterker spesie as die 'Homo Sapiens' met  wie dit  ook op sommige plekke  saamgeleef het en selfs onderling vermeng het.

    'n Duitse instituut het bevind dat mense noord van die Sahara tot soveel as 4% van die oermense se DNA kan besit. Die oorblywende 96% oorgedra in die spesie deur genetika kon dit nie van uitwissing red nie.Dit was nie in staat om aanhoudend groot getalle nageslag te verwek nie en kon nie die aanslag van die natuur en sy mededinger Homo Sapiens oorleef nie.

     'n Wetenskaplike soos Dawkins kan nog in die samelewing funksioneer net omdat moderne mens in staat was om hom van die nodige hulpmiddelle  te voorsien.Sal bly wees as jy my van die bladsy en paragraaf sal voorsien waar jy sê "Ek verduidelik hoe Darwin nie God wou blameer vir wreedhede teenoor die lewe nie, maar  natuurlike seleksie blameer."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top