My filosofie

  • 6

Eintlik is ek nie so seker wat my filosofie is nie. Om die waarheid te sê, ek weet nie presies wat 'n filosofie veronderstel is om te wees nie. Ek weet net ons land is in 'n deurmekaar gemors en die wêreld is in 'n deurmekaar gemors. Oral is daar moord en doodslag, verkragting, roof, korrupsie, soms veroorsaak deur godsdienstige onverdraagsaamheid.

As daar 'n regeringstelsel bestaan wat die weg ooplaat vir verdrukking, sal daar altyd talle amptenare na vore kom wat met perverse genot ander verdruk en martel. Daar was byvoorbeeld Nazi Duitsland en miljoene mense is wreed onderdruk, gemartel en vermoor. In Kommunistiese Rusland en Sjina was dit nog tientalle kere erger, mense is uitgedelg soos ons met insekgif miljoene miere doodspuit, asof 'n menselewe niks werd is nie. In apartheid Suid-Afrika het wit amptenare ook partykeer swart mense wreed behandel, hoewel dit dalk nie regeringsbeleid was nie. Want wie hou dan voltyds toesig oor die beamptes? En daar was die godsdienstiges! Oor die eeue is derduisende gemartel en vermoor, aanvalle is gedoen in die Midde-Ooste om die "heidene" uit die "heilige land" te verdryf en vandag nog vervolg Christene byvoorbeeld gays, en word gays deur die geestelikes se volgelinge selfs in sommige gevalle met klippe doodgegooi. Party word met messe doodgesteek of verbrand. Miskien indirek, maar steeds veroorsaak Christine twis, haat en nyd, deur arrogant te verkondig dat hulle geloof die enigste "regte" geloof is.

Soms wonder ek of die Christendom nie dalk self 'n "gruwel" in die oë van die Here is nie. Soos hulle graag van ander praat. En met vrees vir straf probeer hulle ons bekeer, dat ons eerder God vrees as wat ons hom lief het. Want daar is glo 'n "hel" voorsien vir diegene wat nie reg glo en doen nie. Selfs as hulle uitroep "Jesus kom!" vul dit ons met vrees en bewing vir die oordeel wat dan gaan volg. Dit is soos toe ek 'n kind was en my ma my gedreig het as ek stout was: "Mannetjie, wag tot jou pa kom, dan sal jy sien!"

Hoewel behoorlik gekatkiseer en aangeneem in die NG Kerk, twyfel ek vandag of daar werklik 'n god is. Maar meesal is ek skrikkerig om dit hardop te sê uit vrees vir die geweldige straf wat wag op ongelowiges. Tog wil ek graag hoop dat daar wel 'n God is, 'n liewe, dierbare God wat ons menslike swakhede verstaan en deernis daarmee het, en ons eendag in sy arms sal neem en vertroos as ons daarbo aankom.

Maar intussen leef ek maar versigtig en doen ek nie kwaad aan ander nie, terwyl ek hoop om eendag die deernisvolle God te ontmoet.

Miskien is dít my filosofie: wag en kyk wat gebeur.

Groete,

Varkspek

  • 6

Kommentaar

  • Varkspek

    Lees gerus Dirk van der Merwe se artikel ook vandag geplaas onder: Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes. Dis voorwaar 'n liefdesbrief aan die mens vanaf God. Dit het my gees verhef.

    Moenie toelaat dat enigiemand jou met die hel dreig. Dit lê die gees lam. Die hel is nie vir die mens oorspronklik geskape nie. Vergeet sonde-prediking, dit veroordeel net, baie kerke trap in hierdie gat. Ontdek eerder God se liefde vir jou, en alles verander. Vind jou vryheid en rus in Hom. Dis lekker!

  • CorneliusHenn

    Beste Varkspek,

    Filosofie is gewoon die wetenskap (logika) wat hom besig hou met die beginsels wat aan kennis ten grondslag lê.

    Ek nodig ook nie die etiket "Christen" nie.

    God self bewerk geloof in 'n ieder se hart.  

    Geen mens kan aan 'n ander geloof gee nie - al is jy ook hoe gekatkiseer en aangeneem in die NG Kerk.

    God se liefde en genade is ook nie eens afhanklik van my, of enige ander mens se slimmigheid om nes 'n wafferse tweedehandse motorverkoper, geveins en skynheilig aan jou 'n geloof met hul "aangename" en "liewe" persoonlikhede te smous nie.

    God sal self aan die deur van jou hart kom klop - al moet die klippe dit aan jou roep.

    Jou eerlikheid om eerder nie te glo as om ter wille van sosiale aanvaarding "te glo", is jou grootste seën.

    God is getrou en ek bid dat Jesus Christus onse HERE, spoedig self Sy liefde en genade in jou hart sal openbaar.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • "Maar intussen leef ek maar versigtig en doen ek nie kwaad aan ander nie, terwyl ek hoop om eendag die deernisvolle God te ontmoet."

     

    En as jy jou Bybel ken, behoort jy te weet dat bogaande jou nêrens gaan bring nie.

  • Varkspek, die Christene is nie die enigstes wat verkondig dat hulle geloof die enigste ware geloof is nie; die Moslems sê dieselfde.  Miskien die Hindoes ook ... om die waarheid te sê, dis nie onwaarskynlik dat die beoefenaars van enige geloof verkondig dat hulle s'n die enigste waarheid is nie.

  • Jan Rap,

    Dit mag wees, maar geen Moslem of Hindoe het my nog ooit probeer bekeer om hulle geloof aan te neem nie. Die Christene doen dit gereeld, deel traktaatjies uit waar ek onskuldig voor die drankwinkel in my karretjie sit en wag vir iemand. Die Jehovas kom ook gereeld in die straat en staan by die hek. en wag dat ek moet oopmaak. Die hek is omtrent 25 meter skuins van die voordeur af (ek brag nie, dis nie my huis nie), en ek het eenkeer vir hulle geskreeu "Dis heidene wat hier bly," maar dit het niks gehelp nie, hulle kom nog steeds en sit boekies in die posbus.

    In die ou dae (weet nie of hulle dit nog doen nie) het die Christene ook hul kerklokke gelui om mense te lok. Dit alles en nog meer beskou ek as teistering.

    Ek het lank half en half die gedagte gehad om by die Boeddhiste aan te sluit, maar ek is nou al te oud, sal nie al die strawwe vereistes kan nakom nie.

    Varkspek

  • CorneliusHenn

    Beste Varkspek,  

    Ek verseker jou dat die Hindoes geen dogma ken wat hul Godsdiens as die enigste of sogenaamde "ware geloof" dweep nie.  

    Die Joodse is beide 'n lewenswyse wat enigeen kan nakom as hulle wil sonder om Godsdiens daarin te leef, andersyds 'n baie eksklusiewe Godsdiens wat wyl dit ander respekteer, geen nuwelinge probeer werf nie.

    Bepaalde sektes van die Moslems en Protestantisme is ewe fundamenteel in sekere opsigte. Ek voorspel erge hartseer oral waar die twee mekaar ontmoet.  

    Die Boeddhisme is uit en uit een van die mees wonderlikste lewenswyses bekend in die mensdom. Dit bemoei nie met enige Godsdiens nie, wyl dit alle Godsdiens op aarde komplimenteer. Daar is ook geen ouderdomsbeperking daarin nie, en dis nooit te laat om jou heelhartig daarin te laat nie.  

    Daar is ook baie vorme van Boeddhisme.  

    Zen is een van die geldmaak en uitbuit opsies vir naïewe Westerlinge.  

    Maar dan is daar Maharishi Mahesh Yogi se Transedentale Meditasie. http://www.maharishi.org/  

    Ek haal die volgende aan: Maharishi Mahesh Yogi , who introduced the Transcendental Meditation technique 40 years ago and brought enlightenment to millions of people in the world, is now establishing Maharishi Vedic Universities throughout the world to offer mastery over Natural Law to every individual to perpetuate life in accordance with Natural Law - perfection in every profession - and create Natural Law based problem-free government in every country - governments with the ability to prevent problems.  

    Kyk gerus na hierdie insiggewende video deur Jim Carrey as 'n inleiding wat menige reeds in hierdie vorm van Boeddhisme ervaar het: http://www.youtube.com/watch?v=qeSgJQO7JbY  

    Varkspek, moet nie dat die misantrope, anderhaters en slimjanne jou hart misken nie.  

    Daar is 'n groot spirituele wêreld daarbuite wat wag om jou in Liefde met ope arms te ontvang - nes jy is!  

    Namaste!  

    Hindoe, Moslem, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,  

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top