Lewe Twee Lewe

  • 0

struktuurg’weld, sigself, Self-d’struksie,
Mens hoor klok lui, wetie waarsie kruksie,
sup’rgaande oor “ras”-’n-“klas”, definisie,
hoe’t s’l moet inpas, by “Missie”, by “Visie”

Self-d’struksie, Duiwlspiek-siek, symste,
afdruk, onn’rdruk, segr’geer, v’n Naaste,
magsjagsheid via omni-oorlog b’vred’g,
waar G’wete was, net vakuool, dolled’g

Millennium Drie Homo Sap-Sap, spiritueel-papsak,
sosio-psigo-ekonomies, diep’r’s-kniediep innie kak

re “oorlew’ng-vannie-slimste” nog nooit g’hoor,
deur onkund’-ontkenn’ngskunde t’veel v’rloor

Millennium Drie Homo Sap-Sap voor ’n keuse,
is Mens pro-dood, of togge Lewe Twee Wese?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top