Krismisstories

  • 1

Nav Sandvelder se Kersfeesstorie, onthou ek 'n artikel wat iemand redelik lank gelede in die bylae van die Rapport geplaas het. Die storie het ook oor die Kerstema wat 'n Sondagskool opgevoer is, gegaan. Ek weet nie of iemand dit nog onthou nie.

Een of ander regisseur of rolprentvervaardiger het gesê as jy 'n fliek wil maak bly weg van kinders en diere-akteurs. Soos in die storie is daar mos skaapwagters en engele. Die een kind het blykbaar nie 'n japon gehad nie, en het toe sy ouboet se japon vir die opvoering geleen. Soos die skaapwagters wag om op die verhoog te gaan trap een van die skaapwagters een keer te veel op die lat se japon. Hy vlieg blykbaar om, reg om die ou agter hom te boks, en skree op sy hardste: "As jy weer op my jas trap, moer ek vir jou".

Die engele moes kerse vashou en het daar een van hul vlerke aan die brand geslaan nadat die kers te naby haar vlerke gehou was.

Die laaste strooi was toe Maria en Josef by die herbergier aangeklop het vir huisvesting. Die kind wie die herbergier was se pa was bekend as 'n baie joviale kuiergat. Soos in die storie is moes die lat net gesê het daar is nie plek nie, die herberg is vol. Die lat haak toe af met: "Jammer die hotel is vol, maar kom maar in vir 'n dop."

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Dankie Reusedwerg, in hierdie wrede wêreld help dit om soms 'n bietjie te lag. Dit verlig die stres.

    Varkspek

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top