Kompleksiteit van die Israel-Palestina konflik

  • 7

Die twis gaan al baie jare terug en albei partye maak aanspraak op dieselfde grondgebied. Die Palestyne het al beweer, by monde van Yasser Arafat, dat hulle vir 'n langer tydperk in beheer van die gebied was as die ou Israeliete. Die tydperk van die Israelitiese beheer was glo net omtrent 500 jaar.

Of daar ooit 'n oplossing sal kom, weet g'n mens nie. Aan die een kant is daar die Zioniste, gesteun deur die VSA, wat graag hul gebied wil uitbrei tot waar dit was tydens Koning Dawid se heerskappy. Dit omvat 'n groot stuk aarde. Aan die ander kant is die Palestyne wat ook aanspraak maak op dele wat deur Israel beset word, bv Jerusalem.

Die Israelies het nedersettings gebou in besette gebied, tot selfs in Gaza (wat hulle toe later self weer platgeslaan het). Dit haal hulle die Palestyne se woede op die hals, ook die feit dat hulle 'n blokkasie op Gaza aan die gang hou.

Christene sê graag dat die hele gebied aan Israel behoort, omdat God dit aan hulle beloof het. Onthou egter, die Islamiete lees 'n ander "bybel" en is glad nie te vinde vir hierdie bewering nie. Hoe kan 'n god dan in elk geval grond wat deur een (of meer) nasies bewoon word, aan 'n heel ander nasie beloof? Hou ook in gedagte dat dit die Israeliete self is wat die Christen Bybel geskryf het en gevolglik moet mens dit met meer as net 'n knippie sout neem.

Daar is eise en teeneise, soos die Palestyne wat wil hê dié van hul mense wat gevlug het voor die Israelies na Jordanië en elders, moet kan terugkom. Dit weier die Israelies en ek wonder hoekom, want daardie mense is seker nou al almal bejaard en kan tog nie 'n bedreiging wees nie?

Die mensdom buite hierdie twis sal wil sien dat daar 'n twee-state situasie geskep word, maar die vraag is waar gaan die grense wees?

Groete,

Varkspek

  • 7

Kommentaar

  • Varkspek

    Jy skryf:

    "Die Palestyne wat wil hê dié van hul mense wat gevlug het voor die Israelies na Jordanië en elders, moet kan terugkom. Dit weier die Israelies en ek wonder hoekom, want daardie mense is seker nou al almal bejaard en kan tog nie 'n bedreiging wees nie?"

    Van die oorspronklike 700 000 Palestynse vlugtelinge, leef vandag seker minder as die helfte.  Maar dit gaan nie net oor hulle nie.  Hulle afstammelinge is nou by die 5miljoen, en dit is eintlik waaroor die eis van "terugkeer" gaan.  Met die huidige 1.5miljoen Arabiere wat reeds Israeli burgers is, tesame met hierdie 5miljoen vlugtelinge wat op onmiddellike Israeli burgerskap eien,  kan die Israeli staat tot niet uitgestem word, en daarvoor sien die Jode tereg nie kans nie.

  • Varkspek

    Jy sluit af met:  "Die mensdom buite hierdie twis sal wil sien dat daar 'n twee-state situasie geskep word, maar die vraag is waar gaan die grense wees?"

    Indien die Palestyne nie tydig met Israel, selfs onvoorwaardelik, skik nie, gaan hulle 'n minderheid in hulle eie land in die wesbank mettertyd word. Reeds is daar 500 000 Jode tussen 1.5miljoen Palestyne daar.  Israel se grens sal dan vanaf die Jordaanrivier tot die see, en van Lebanon tot Sinai strek, met geen Palestynse staat in die vooruitsig nie.  Reeds is die Jode besig om nog grond in die wesbank van die Palestyne af te vat.

    Soos die Arabiere in Israel Israeli burgerskap beklee, so sal die Palestyne dienooreenkomstig as minderheid ook Israeli burgerskap in 'n vergrote Israeli staat bekom.

    Die Palestyne is tans in 'n situasie soortgelyk aan die van Japan onmiddellik na die atoombom aanval.  Die Japanese het onvoorwaardelik oorgegee. Vandag is hulle florerend en 'n stewige bondgenoot van hulle veroweraar, die VSA.  Die Palestyne staan waanhopig dat die internasionale gemeenskap tot hulp sal snel.  Dit gebeur eenvoudig net nie, en is dit onwaarskynlik dat dit in die toekoms gaan gebeur, en Israel weet dit.

    Nou vir diegene wat onmiddellik op hulle perdjie wil spring weens my stelling hierbo, wil ek julle verseker dis nie vir myself die gewenste uitweg nie, maar ek sien die situasie PRAGMATIES aan, en sodoende kan nie 'n magdom geskiedkundige bronne AKADEMIES aanwys vir 'n uitweg vir die Palestyne nie.

  • Chris Dippenaar

    Jaco, jy en Comestor sê met baie bravade dat jode in Israel nooit sal toelaat dat hulle 'n minderheid raak in hulle eie land nie. Volgens julle moet daar slegs verhoed word dat die vlugtelinge nie terugkeer: probleem opgelos!

    Volgehoue besetting van die Wes-Bank deur jode maak die uiteindelike totstandkoming van 'n lewensvatbare Palestynse staat onmoontlik. Dit is baie duidelik dat dit presies is wat die Israelis in gedagte het. Die totstandkoming van 'n enkele staat (Gaza dalk uitgesluit) blyk onvermydelik te wees.

    Hier is 'n PRAGMATISE oefeninkie vir jou:

    1. Gaan werk uit op 'n stukkie papier wat die ratio is tussen arabiere en jode. 'n Twee-derdes meerderheid van jode sal onmiddellik iets van die verlede wees. Met die populasie-groei van hierdie twee etniese groepe in ag geneem, hoe lank dink jy gaan die jode die meerderheidsgroep wees in Israel?

    2. Watter een van die volgende opsies gaan die Israeli-jode uitvoer om 'n meerderheid te bewerkstellig:

      - volksmoord en/of etniese skoonmaak deur Palestyne/arabiere oor die grens te jaag na buurlande.

     - massa sterilisasie van arabiere / verbanning van voorbehoedmiddels vir jode

     - diskriminasie en ontneming van politieke regte van arabiere/Palestyne. Die bou van nog meer mure en heinings, basies, groot opelug tronke.

    Daar is nie goeie opsies vir die Israelis nie. Die erkenning van Palestynse menseregte (wat natuurlik gelyke politieke regte in 'n groter Israel insluit) gaan noodwendig beteken dat Israeli-jode die minderheid etniese groep is, of ten minste nie 'n volslae meerderheid nie. Hoe het Omar nou weer gevra: "Do you know how they catch monkeys in Africa?"

    Ns. Die syfers wat jy hierbo gee word bespreek (en bevraagteken) in 'n Haaretz artikel:

    http://www.haaretz.com/news/diplomacy-defense/.premium-1.532703

  • Chris

    Vir die eerste keer tree jy in 'n  gesprek (nie net tussenwerpsels nie) wat 'n anderste siening weergee, en ek het waardering daarvoor.

    Jy het die spyker op die kop geslaan toe jy die volgende gesê het, nl. "Volgens julle moet daar slegs verhoed word dat die vlugtelinge nie terugkeer: probleem opgelos!"

    Dit is presies hoe die Israeli Premier dit sien.  In 'n toespraak waarna ek reeds verwys het, het hy genoem die Palestyne dink verniet die Jode gaan toelaat dat die vlugtelinge die Negev, Galilia, ens met hulle getalle gaan opeis. Die Jode gaan nie van enige van jou genoemde opsies gebruik maak om 'n meerderheid in Israel te behou nie.  Hulle beleid behels reeds die volgende:

    1.  Hulle is reeds 'n oorgrote meerderheid in Israel, 80% teenoor die Israeli Arabiere se 20%.  Dit is deur grootskaalse immigrasie bewerkstellig, wat hulle getalle daar by die huidige 6.5miljoen tot stand gebring het.  Die deure bly oop vir enige Jood in enige deel van die wêreld om na Israel te emigreer, wat aggressief aangemoedig word.  Dienooreenkomstig is geboorte-aanwas vir hulle nie noodwendig 'n faktor nie.  Terloops die 15% verkrampte nougesette godsdienstige Jode se aanwassyfer is selfs hoër as die van die Palestyne vir die ooglopende rede.

    2.  In die Palestynse gebied (Gaza uitgesluit) is daar reeds omtrent 500 000 Jode en hierdie getal word aangemoedig om groter te word met verdere Joodse vestings wat opgerig word en die meerderheid van hulle kom as immigrante van die buiteland af.  Reeds in die afgelope 7 dae het Israel 'n groot stuk grond vir hierdie doel van die Palestyne afgevat, ongeag wêreldmening se misnoë daaroor.

    3.  Daar is geen sprake om die Palestyne te verjaag, met 'n hoë muur in te kamp, of te steriliseer nie.  Hulle gaan eenvoudig, soos die geval met die Israeli Arabiere, suiwer met Joodse getalle verswelg en in die Israeli burgerskap opgeneem word.  Geen sprake van diskriminasie nie, net soos daar geen sprake van diskriminasie teenoor die huidige Israeli Arabiere bestaan nie.

    Tyd loop uit vir die Palestyne.  Myns insiens is dat hulle met Israel so gou moontlik moet skik, en die verliese van die verlede afskryf om vorentoe voorspoed vir hulself te bewerkstellig.  Die Palestyne buite Palestina, kan of ingebring word om hulle getalle in Palestina (glad nie Israel) te versterk, en indien nie moontlik nie, soos tans daar op die genade van hulle godsdienstige broers daar kripeer.

    Die wêreld, ongeag negatiewe mening, gaan Israel materialisties nie teenstaan nie, Joodse mag in die diaspora is eenvoudig te sterk en dit weet Israel ook.  Daar is reeds westerse lande soos Noorweë wat aangedui het hulle sal die Palestyne help om hulself op te bou.

    Die Israeli Arabiere wil glad nie deel van die Palestynse opset wees nie.  Hulle het dit te lekker in Israel.  Die veronderstelling is dat die Palestyne mettertyd dieselfde gaan voel sodra hulle eers Israeli burgers is.

    Terloops.  Die muur om Gaza is nie ‘n tronk nie.  Dit was noodgedwonge opgestel om die Arabiere vanuit Israel uit te hou, as gevolg van hulle terreur aanslag op die Israeli’s, veral deur middle van mensebomme en bombelaaide voertuie. 

  • Chris

    Dankie vir jou skakel wat ek wel gelees het.  Ek was wel bewus van die Wesbank se syfer soos in die skakel genoem, en het  per abuis hierbo die syfer van Israeli Arabiere in die Palestynse opset gedupliseer.

    In 'n vorige skrywe het ek wel die 2.5 miljoen genoem.

  • Chris

    Ek het vergeet om bykomstig tot hierbo te sê:  Daar is ook tienduisende Jode met dubbele burgerskap.  Byvoorbeeld beide Brits en Israeli, maar bly in Brittanje.  Met sodanige tegnikaliteit kan hulle hul kieserskorps kunsmatig opstoot.

  • Chris

    In eie geledere lê die gevaar van agteruitgang vir die Jode in Israel, nl die Haredi-Jode wat huidig 8% van hul bevolking uitmaak.  Hierdie sektor groei teen 'n geweldige koers, inteendeel die hoogste groei onder al die midde-oosterse bevolkings.  Dit word bereken hulle sal oor 20 jaar 20% van die Joodse bevolking uitmaak wat op daardie stadium die ekonomie sal kan kniehalter.

    Hoekom gevaarlik? Die mans glo nie aan werk nie, maar om hul voltyds aan die studie van die Torah te bestee.  Ironies genoeg hulle is anti-Zioniste, en het aanvanklik die totstandkoming van die Joodse staat teë gestaan en glo nie aan politieke deelname nie.  Hulle uitkyk, behalwe mbt werk, is soortgelyk aan die Christen Hamish van Tennessee in die VSA, selfs die kleredrag soortgelyk.  In teenstelling is die Hamish hardwerkende arbeid-intensiewe mense.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top