Kobus de Klerk - "sinkretismse" hierdie keer ...

  • 0

Heil die leser.

Die mees eenvoudigste voorbeeld van sinkretisme, is die katolieke (met 'n klein k) Kerk se heiliging van Sondag.

Selfs die mees onkundige in die onderwerp sal die woord "son" daarin lees.

"Sondag", kom uit die heidense aanbidding van die son.

Om vele redes nie hier ter sprake nie, heilig die katolieke Kerk vandag Sondag as die sewende dag.

Net so is die Christusfees 25 Desember elke jaar ook nog 'n algemene voorbeeld van sinkretisme.

Daar is egter nog menige sulke voorbeelde wat selfs deur die mees fundamentele en sondelose ware gelowige Bybelaanbidder nes Kobus de Klerk en Trienie Mahne, skynbaar sonder dat hulle dit besef in hul selfvoldane suiwere waan geheilig word.

Daar is egter nie plek of relevansie om nou daarby stil te staan nie.

In antwoord op Kobus de Klerk se hatige drek en kwaadwillige veronderstelling omtrent my belydenis hierin, deel ek heelhartig die volgende en  veel meer gesaghebbende skakels vir enigeen wat sou belangstel in die onderwerp:

http://pagan.wikia.com/wiki/Syncretism

http://www.newadvent.org/cathen/14383c.htm

http://www.deceptioninthechurch.com/catholicsyncretism.html

http://www.catholicculture.org/culture/library/dictionary/index.cfm?id=36753

... om slegs enkeles te noem.

Voorts en terwille van 'n beter verklaring omtrent die begrip sinkretisme so wyd buite Kobus de Klerk se spirituele intelligensie, deel ek die volgende uit my woordeboek:

sinkreties, =e. Met 'n vermenging van begrippe.

sinkretiseer, ge=. Laat saamgroei.

sinkretisme. 1. Vermenging tot 'n soort eenheidsvorm van verskillende godsdienstige en geloofsmotiewe, godsdiensvermenging. 2. (taalk.) Die gebruik van een grammatiese vorm om die funksies van 'n ander vorm of ander vorms by sy eie te vervul. ..tisties.

Al het ek geen beswaar teen 'n sinkretiese uitlewing in enige Godsdiens nie, neem ek in besonder aan uit elke Godsdiens waar ek die genade daarvoor ontvang.

Ek ag elke Godsdiens se ritusse nederig sonder om die een met 'n ander te wil vermeng.

In my huis beoefen ek dit tot eer van Jesus Christus onse HERE wat ek in my hart in die liefde en genade van ons almal se Skepper vind.

My pleit is dat elkeen van ons is by 'n verskillende mylpaal in die lewe is, en dat elkeen se hart spesiaal is vir Jesus Christus onse HERE.

Daarom is dit nie vir 'n Trienie Mahne of Kobus de Klerk om hulle oor 'n ander se hart en opregte diens tot eer van ons almal se Skepper te verhef nie.

Wyl ek gedurig uit die Roomse, Anglikaanse en Nederlandse Geloofsbelydenis aanhaal - nie een van Kobus de Klerk of Trienie Mahne hul kerkverband sal verklaar, of die bronne vir hul soort oorlogshond manifeste hier sal aandui nie.

Nes ek meer as my moedertaal magtig is en daarin met my medemens deel, net so kan ek my nederig in die magdom diens saam met my medemens tot eer van ons almal se Skepper buig.

Mag Jesus Christus onse almal se GOD, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top