Israel se wandade

  • 1

Ek het Pieter se brief nav die Israeliete (Jode) se wandade gelees. Ek vertrou nie die vrede nie. Ek glo elke saak het drie kante. (Myne, joune en die waarheid). Ek vertrou uiteraard ook nie die media nie. Ek het CNN en die Russiese Televisiediens na die insident gekyk. Elkeen het hul eie weergawe van die voorval.

Die afskiet van die Maleisiese straler en die inval van die Israeliese weermag in Gaza is vir my net te toevallig. As jy droogmaak probeer jy altyd 'n afleier soek om die ander insident te verdoesel. Die Amerikaanse lugrederye is blykbaar voor die tyd gewaarsku om nie oor die Oekraine te vlieg nie. Wat het die Maleisiese vliegtuig oor die gebied gemaak? Waar kom die wapens vandaan? Daar is bewerings dat die Russe dit vir die groep gegee het. Maak nie vir my sin nie.

My ondervinding is dat wanneer jy 'n land of gebied wil destabiliseer, gee die opposisie genoeg om mee te werk. Die Amerikaners en Britte is meesters daarmee. Daar is ook soveel Jakkalse en Muishonde wat wapens verkoop en is die moontlikheid daar dat die Amerikaners die wapens aan die rebelle kon verkoop. (Ons G5 kanonne is in Desert Storm gebruik.)
Die "Joodse" invloed in die VSA spreek ook boekdele. Sodra die Jode oor iets aangevat word, skree hulle ten hemele. Elke ander land wat dit sou waag om te doen wat Israel doen, sal summier uit die Verenigde Nasies uitgeskop word. Ek wil nie daarmee te kenne gee dat die Palestyne onskuldig is nie. Die geskiedenis sal ons nie kan herskryf nie. Die stryd tussen die Jode en die ander nasies strek al vir eeue en sien ek nie 'n oplossing in die nabye toekoms nie.
Wat my ook dronkslaan is ons regime se verwaandheidswaansin om 'n afvaardiging soontoe te stuur om te gaan raad gee. Neef Thabo wou mos ook in Wes-Afrika loop raad gee en is summier in die pad gesteek.

Al die moondhede wat wapens vervaardig wil toetse laat doen. Hoekom sal jy dit in jou eie land doen, gee dit vir die lieplappers en skurke van die wêreld, hulle sal dit vir jou toets.
Daar is ook 'n verskil tussen die Jode (Israelies) wat in Israel woon en die Jode wat bv in die VSA woon.

Ons wag maar en sien. Intussen sit die Sjinese rustig en wag. Hulle maak net kêffies en bordele in Afrika oop.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Reusedwerg,

    Ek lees op Yahoo.com se webblad dat lede van die Amerikaanse senaat "oor mekaar val" in hulle ywer om Israel ten alle koste te ondersteun, en vir hierdie land wapens te voorsien. Hoe gerieflik vir die hele VSA se wapenindustrie wat letterlik 'n staat binne 'n staat vorm.

    Die haat wat die Moslem Midde-Ooste vir die Weste koester is die direkte gevolg van hierdie tipe politiek, en terrorisme teen die Weste vandag die eindresultaat. 

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top