Interessante ding op Praatsaam

  • 2

Nou die dag op Max du Preez se saampraatprogram – die program het gehandel oor sosiale media – sê Max ‘n interessante ding. Hy sê hy’t op ‘n stadium so 600 ouens gevolg op Twitter en toe ‘n snaakse ding agtergekom; sy idee oor die land het begin verander.

Ek kan nou nie meer onthou nie maar ek dink hy het toe aangedui dat hy hierdie volgstorie opgegee het en weer op die hoofstroommedia begin konsentreer het. Hy het nou nie gesê of dit sy idee van die land terugverander het na sy oorspronklike idee nie, maar ek vermoed dit was wel die geval want hy het ietwat bekommerd geklink oor wat Twitter aan hom gedoen het.

Max moet besef dat wat hy op Twitter lees geskryf is deur gewone mense, nie joernaliste wat opdrag het om met ‘n sekere inslag te skrywe nie. Wat hy op Twitter gesien het is die ware toedrag van sake en dit het hom natuurlik baie ongemaklik gemaak; hy het dan ywerig meegewerk om die huidige bedeling daar te stel.

Max se verhaaltjie kom dus neer op ‘n erkenning dat die media met breinspoeling besig is. Max se brein was amper ontspoel. Hy was vir ‘n wyle uit sy gemaksone maar is vinnig terug vir opvolgspoeling.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • George Bekker

    Max gee te kenne dat hy soms vatbaar is vir oortuiging. Miskien, net groot miskien kan Jan Rap by hom leer. In hierdie hoop gaan ek beslis trap!

  • George, in hierdie stories en redekawel kom die begrip 'vatbaar vir oortuiging' glad nie in nie.  As 'n ou vir jou sê jou groen kar is pienk met blou kolle en jy stem nie saam nie kan daardie ou nie gaan staan en kla dat jy nie vatbaar vir oortuiging is nie.  Met my gereelde redekawel met die liberaal-demokrate en daardie mense gaan dit gewoonlik oor die agteruitgang van Afrikaans spesifiek en die land in die algemeen. Die feit dat ek nie aanvaar dat Afrikaans NIE stagneer nie, en dat dit NIE klopdisselboom in die land gaan nie, dui dus nie daarop dat ek nie vatbaar vir oortuiging is nie, want die verval is 'n voldonge feit.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top