jamm’r, kam’raad, v’rleentheid strek wyd,
Mens is b’loof, amm’l ontslae v’n apartheid,
via berg-’n-dal klink kru klank v’n “isiBhulu”,
wie gat Mens v’rlos vannie ingxaki kakhulu?
taal se status (inn’rwaarheid: tále s’n),
erg’rl’k aang’tas, b’swadd’r, heel v’rsin,
voel Mens, as post-apartheid só b’gin,
is waarheid, waaragt’g, glattie ing’win
monument rys phallo-argitektonies,
kanti, v’r lew’nd taal mos ultra-ironies,
wat-of-wie is toe dour in ’75 ov’rlede,
hoe v’rsoen Mens so iets merrie hede?
al is Broed’r, Sust’r, Vlakt’l’ng, ew’neens t’vrede,
zijn daar iets vreemds re moed’rtaal, haar roede
Jacobus Faasen