Hoe verklaar jy dit?

  • 6

Na aanleiding van verlede Sondag se uitsending.

My naam is Francois du Plessis. Ek het Dr. Jurie in Stellenbosch ontmoet waar Prof Walter Veith ‘n lesing oor skeppingsleer aangebied het.

Mag ek net noem dat die jongste praatjie my hart seer gemaak het. Daar is baie van ons wat die Bybel as outentiek geïnspireerd beskou. My navorsing oor die jare het my ten volle oortuig dat die Bybel nie mitologies is nie. Die Nuzi, Ebla, Qarqar en baie ander kleitablette het die leefwyse van die patriarge baie deeglik bevestig.

Qirbet Qumran in Israel en die ontdekkings by Oxyreingus in Egipte gee die Bybel honderd persent kredietwaardigheid.

My hele lewe was ‘n soeke na die bevestiging van die betroubaarheid van die Woord. En hoe meer ek ontdek, hoe groter word my agting vir hierdie geïnspireerde boek.

Die jongste ontdekking is in Egipte gemaak. Die 61 bronne was toe nie legendes nie, maar ‘n skryfstyl wat die narratief van die eksodus verhaal bevestig.

Die giasmus in die Bybel is een van die wonders van antieke grammatika. Profesieë wat aan Jesaja, Daniël, Johannes en talle Bybelse profete gegee is, het honderde jare in vervulling gegaan.

Daar is te veel om op te noem.

Die grootste bewys van die Bybel is die effek wat dit op die lewens van die lesers het. Ek het dit persoonlik ervaar en ook in die lewens van so baie, baie mense raakgesien.

Dit maak my seer wanneer iemand soos Dr. Jurie van den Heever hierdie geïnspireerde handleding vir ons lewe afkraak. Mag ek hom vra om Bybelondersteuners net so bietjie sagter af te kraak en so bietjie in die bladsye van die Bybel te blaai.

Julle is ook welkom om na my navorsing oor Bybelse argeologie op You Tube te kyk. Tik net Francois du Plessis archaeology en maak keuses tussen die verskillende antieke beskawings.

Wens julle ‘n nuwe waardering vir die Woord toe wat alleen kom wanneer mens die Boek biddend lees en die Heilige te vra dat die Bybel ook ons harte lees.

Adventgroete,

Francois du Plessis

  • 6

Kommentaar

  • Beste Francois

    Baie dankie vir jou brief. Soos dit op die forum gaan, is die Godsdiensdebat knaend aan die opflam. Daar is verskeie menings wat oor die onderwerp gehuldig word. Daar is van ons wat onwrikbaar glo en dan is daar ook die wat nie glo nie. Die debat het ongelukkig afgesaag geraak as gevolg van die onderwerp wat misgekyk word en die gesprek dan persoonlik raak. Daar is die wat wetenskaplike bewyse soek en ander weer kan nie die goedgelowigheid/naiwiteit glo van mense wat aan pratende donkies ens glo nie. Ander kan weer nie die ongenaakbaarheid en wreedheid van God aanvaar en dit toelaat dat mense vermoor word en die ellendes op die aarde plaasvind nie. Al wat ek kan sê is, staan sterk in jou Geloof. Leef jou Geloof uit. Dit is nie maklik om 'n gelowige te wees nie. Dit kos harde werk, toeweiding en aanpasbaarheid. Glo my, dit is regtig 'n baie aangename ervaring om te glo. Sterkte.

  • Doep,

     Niks om oor te worry nie. Dr Jurie beskou homself as "kerk los" (hy woon nie eredienste by nie), maar het nie uit die (NG) Kerk bedank nie.

     Jy sal onthou dat Jesus gesê het " as niemand nie meer getuig nie, sal die klippe uitroep ". En kyk wat vertel (jou) argeologiese navorsing ons.

     Groetnis

     Raed-na-Gael

  • Sewendedag Adventiste

    Beide Franscois du Plessis en Walter Veith is predikante van die Sewendedag-Adventiste Kerk.  Hulle hele Bybelse en argeologiese raamwerk word deur sodanige geloof beïnvloed maw subjektief met 'n objektiewe geur.  Hulle hoofklem op die Bybel gaan hoofsaaklik oor die letterlike skeppingsverhaal; die profesie van Daniel en Openbaring en die Tien Gebooie met klem op die sewendedag Sabbat (vanaf sonsondergang Vrydag tot sonsondergang Saterdag).  Bykomstig is hulle "lig" tot die Bybel, hulle "profeet" Ellen White.

    Sy vertoë hierbo is teen Dr Jurie van den Heever, wie hy aanbeveel om tussen die Bybel se bladsye te lees (sic!). 'n Tweede motief is natuurlik dat lesers na sy Youtube programme kyk, met die uiteindelike doel tot bekering tot die SDA kerk.

    Francois du Plessis noem verskeie argeologiese bevindings en sê hulle bewys die Bybel nie-mitologies, maar brei nie uit presies wat hy daarmee bedoel nie; die Bybel self, of die inhoud daarvan of beide?  Ek glo nie enigeen betwyfel die bestaan van die Bybel, of selfs baie van die geskiedkundige gebeure daarin nie, maar wel die skeppingsverhaal, pratende donkie, son wat stilstaan, ens wel as mitologies.

    Wat hierdie argeologiese bevindinge wel bewys is dat heelwat van die Bybelse praktyke en verhale soos die sondvloed,  van ouer gelowe as die geloof in Yahova, deur die Bybel ingelyf is en met 'n Joodse geur besmeer.

    Die wetskode "Code Napoleon" van die vroeër negentiende eeu, vorm die basis van omtrent alle Europese lande wat onder die gesag van Napoleon geval het.  Na die val van sy ryk, is hierdie kode nie afgeskaf nie, maar elke land het dit behou en aanpassing met 'n plaaslike geur daaraan gegee.  So was dit ook die geval in Mesopotamië waar ouer ryke se wette gegeld het.

    As voorbeeld. Hy noem Elba.  Hierdie tablette is gedateer tussen 2500 en 2250 vC, lank voor die bestaan van Abraham, toe Abraham Egipte betree het, omtrent 2091 vC, en veral voor Moses gelewe het, geskat tussen 1525-1406 vC.  Maw 'n duisend jaar voordat Moses sy eerste Bybelboek geskryf het. In hierdie tablette word 'n soorgelyke sondvloed genoem; die sondebok, waar 'n bok die woestyn ingejaag is met die volk se sondes, die wette mbt familiesake soortgelyk as in die Ou Testament te vind.  Dit noem bekende stede en state, ouer as die Joodse staat en stede oa word die nie-Joodse Jerusalem asook Sodom en Gemorra genoem.

    Francois du Plessis wens almal om die  Bybel "biddend" te lees, maar om by enige waarheid uit te kom hoort dit krities gelees te word.

  • Die Bybelse god het ‘n gedaanteverwisseling binne die raamwerk van die Bybel ondergaan.  Vanaf ‘n Joodse stamgod (Ou Testament) tot ‘n universele god (Nuwe Testament). Vanaf ‘n alleengod (Ou Testament) tot ‘n drie-persoon-god (Nuwe Testament).  Die moontlikheid is sterk dat die god van die Nuwe Testament ook ‘n Joodse stamgod sou gebly het, was dit nie vir die feit dat die oorgrote meerderheid Jode van die tyd, die nuwe god-gedaante nie aanvaar het nie, welke nuwe god-gedaante ander ondersteuning buite die Jodendom moes soek.

    Die wette en gebruike in die Ou Testament het die stamgod van eeue-ouer en bestaande wetgewing en gebruike van die midde-ooste ingelyf en dit ‘n Jahova-geur gegee, asof sodanige wette en gebruike vir die eerste keer deur hom bekend gemaak is.  Selfs ‘n ouer weergawe van die skeppingsverhaal en sondvloed is aangepas met ‘n Jehovageur.

    ‘n Goddelike gesplete persoonlikheid: Vanaf ‘n jaloerse wraaksugtige god van die Ou Testament, tot ‘n sagmoedige god van liefde in die Nuwe Testament .

    Met die invloed van Griekes en Romeinse heersers se enkelwywery is vorige Joodse-veelwywery nou ‘n “no-no”.

    Die huidige tweespalk gelowiges van Jode wat besnydenis handhaaf, en non-Jode (Christene) wat die voorhuid ereplek gee.

    Behalwe vir hierbo, is daar meer as tweehonderd weersprekings in die Bybel te vinde (dit kan met gemak op die internet uitgesoek word) maw ‘n Wispelturige en weersprekende god.

  • Beste Jaco Fourie
    Het jy jouself al die vraag gevra waar die gedagte aan 'n Skepper  ontstaan het? Ek glo nie want dan sal jy nie soveel waarde heg aan 'beskawings' wat voor die Jode bestaan het.

    Lees jy http://www.scienceinafrica.com/old/index.php?q=2004/april/braai.htm sal jy sien dat oermense in Afrika reeds tussen 1 miljoen en 1.5 miljoen jaar gelede vuur as 'n middel gebruik het om vleis gaar te maak.

    Nou mag jy vra wat het dit met godsdiens te doen? Stadig maar seker het daar by die oermense ook kunsvorme ontstaan en daaruit word dit duidelik dat daar by die oermense ook 'n geestelike lewe ontstaan,het.

    So het by die mense wie ons in die algemene taal na  'Boesmans' verwys ook skeppingsverhale duisende jare ouer as die volke van die midde-ooste ontstaan.Dit is dus redelik duidelik dat soos die oermense uit Afrika getrek het skeppingsverhale saamgetrek het en mondelings oo vertel is.

    Oral oor die wêreld kry 'n mens soortgelyke skeppingsverhale.Wat die Joodse skeppingsverhale met nuwe verwantskap aan ander meer uniek maak is dat dit duidelik is dat die aartsvaders werklik ontmoetings met bonatuurlike wesens gehad het.

    Dit op sigself is niks uniek nie want tot vandag is daar mense wat hoog en laag sweer dat hul VVV 's sien en selfs ruimtelike wesens ontmoet het.

    Die Joodse geskiedenis soos dit opgeteken staan in die ou Testament  is net soos die Suid-Afrikaanse s'n nie 'n volledige weergawe nie, maar tog soms brutaal eerlik veral as dit bv die oortredings van Koning Dawid aanbetref, terwyl die donker kant van leiers soos bv Piet Retief nie altyd in geskiedenisboeke uitgelig word nie.

    Wat uniek is aan die Joodse geskiedenis is dat alle voorspellings van 'n man wat die wêreld radikaal sou verander in Jesus 'n werklikheid geword het.  

    Sonder Christus sou daar nooit  'n enkele Christen op aarde gewees het nie en sou ons nog steeds die Joodse of ander jaartelling gevolg het.

    Slegs in Christus kry die Bybel en sy verhale betekenis - sonder Christus bly dit net geskiedenis en soos die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie altyd 'n presiese weergawe van gebeure nie.

    Nou is dit opmerklik dat ateïste soos jyself en ander hard probeer om die bestaan van Christus as onwaar te bewys en daardeur dus die fondament van die Christelike godsdiens te verwyder.

    Dit is ironies aangesien Joodse Rabbis na meer as 2000 jaar se hardnekkige ontkenning nou in al hoe groter getalle die bestaan van Jesus erken en begin beskou as een van hul heel grootste profete.Lees http://religion.blogs.cnn.com/2012/04/05/jews-reclaim-jesus-as-one-of-their-own/

    Wanneer Paulus kla oor sy 'doring in die vlees'  is daar dadelik mense wat Paulus bv van 'n onnatuurlike lewenswyse verdink, maar dit is taamlik duidelik dat hy aan 'n oogsiekte gely het, veral wanneer hy sê:
    "Kyk met watter groot letters skryf ek" en gemeentelede hom so jammer kry dat as hul kon hul oë sou 'uitgrawe' en aan hom gee sodat hy beter kan sien.

  • FC Boot

    Jy is besig om hierbo te sublimeer, met veronderstellings wat in elk geval geen greintjie van bewyse bevat nie, veral mbt tot die vloedstorie in ander wêrelddele, ens. 

    Beperk jou tot die Bybel, en laat die Bybel homself verklaar, aangesien jy dit  as God se openbaring beskou.  Ek het myself as ateïs tot die  Bybel beperk mbt tot wat ek hierbo gesê het. Die Bybel het ander godsdienste se mites en gebruike van meer as 'n duisend jaar vroeër as die skryf van die eerste Bybelboek, vir homself "ge-hijack" en ingelyf met ‘n Jehova-geur.

    Mense wat vrese koester, het godsdiens nodig om hulle balans te gee.  Primitiewe mens se vrees en onkunde oor weerlig, donderstorms, aardbewings, vuurspuwende berge en ander natuurrampe het tot die ontstaan van godsdiens wêreldwyd gelei.  Met die verklarings en kundigheid wat veral in die Westerse wêreld rakende natuurrampe ontstaan het, is godsdiens nou eintlik oorbodig, en gaan dit uitsluitlik oor vrese vir die onbekende hiernamaals.  Godsdienstiges handhaaf 'n patroon van gedrag uitsluitlik ten doel om sy god vir die hiernamaals te behaag.  Hy het agtergekom dat godsdienstiges nie enige voordeel bo nie-godsdienstiges in die hede geniet nie, nieteenstaande aanbidding van 'n god, dus is sy godsdiens nou op die hiernamaals geskoei.

     As gevolg van jou skrywe hierbo, het ek effens afgewyk, en terug na die Bybel.

    Die Bybel is die Christen se uitsluitlike oorspronklike bron van sy geloof.  Was daar nooit 'n Bybel nie, was daar geen Christendom nie.  Dus berus die onus op die Christen om beide sy geloof asook sy  god te kan substansieer vanuit die Bybel.  Indien die Bybel daarin faal, faal die hele Christendom se geloof.  En dit is hoekom ek vandag, vanaf 'n getroue Christen tot ateïs geword het, omrede die Bybel misrabel gefaal het.

    Ek het hierbo uitgestippel hoe wispelturig die god van die Bybel is in beide weersprekings asook in gedrag en gedaanteverwisseling.  Jy ontwyk my onderwerp geheel en al, net soos jy 'n vorige onderwerpe oor slawerny, wat goddelike ondersteuning geniet, of vermy of met “anecdotes”  probeer omseil.

    In jou persoonlike geval, kom ek agter jy wil die Bybel glo, maar is ook met die werklikheid van ewolusie gekonfronteer, dus probeer jy twee onversoenbares te versoen.  So ook met ander dele van die Bybel waar jy in die verlede sekere dinge as kultureel van die tyd afmaak, maw sublimasie as “tool” gebruik om die ongemaklikhede van die Bybel te oorbrug.

    Kou  ook hieraan:  Jesus voorspel: “Jerusalem sal deur die heidene vertrap word  totdat hulle tyd ook verby is.”  Luk. 21:24. Ander dele van die Bybel het dit dat die heidene se tyd is op ten tye van die wederkoms. Hoe dan? Die Jode besit Jerusalem geheel en al, en die wederkoms het die afgelope dekades se besit deur Jode,  nie plaasgevind nie!

    Jy sien FC.  Ek spits my geheel en al toe op die Bybel.  Jy spring orals rond met onbetroubare bronne en omseil die Bybel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top