Galileaanse mane

  • 10
Die ding laat my dink aan die ou korrelkop oom doer uit Gobabis se omte. Die oom het op groot ouderdom vir die eerste keer die dieretuin besoek waar hy dinge gesien het wat hy nooit kon droom bestaan nie.

Die ergste was vir hom die seekoei. Nadat hy vir ure na die snaakse dier gesit en staar het, het hy sy kop geskud en gesê:  "Nee, daar is nie so 'n dier nie."

Sover ek weet het die ou oom toe weggestap; hy het nie die "zookeeper" probeer oortuig dat die seekoei se hok leeg is nie.

 
 
 
 
  • 10

Kommentaar

  • 2015-04-17 @11:03
    Toe was hy darem nie so 'n korrelkop oom nie.

    Hier by ons op SêNet is daar 'n korrelkop oom wat al die omstanders sal probeer oortuig dat die hok leeg is, en dit wat hulle sien, net ligstippeltjies en parallaksfoute is.

  • Frank,

    Die oom het nie spirituele intelligensie gehad nie!

    Kosie die Kabouter, ons resident spiritueel intelligente glo dan selfs dat die aarde plat is en dat mense en dinosourusse snoesig saam op Noag se ark geleef het. Siestog.

    Thomas

  • Kobus de Klerk

    Die probleem met hierdie soort van 'vergelyking', net soos in die geval van Russel se teepot en die spaghetti-monster, ens is dat dit eintlik glad nie 'n voorbeeld is nie. Inhoudelik is dit so onrealisties, so ver verwyderd van die realiteit en die punt wat dit veronderstel is om te maak, dat dit so absoluut irrelevant is. Dit sê niks. Daar was nog nooit iemand wat beweer of voorgegee het dat iets soos 'n spaghetti-monster of 'n ruimtelike teepot bestaan nie, en nog minder iemand wat beweer dat hy 'n dier sien, maar ontken dat dit bestaan. Maar in die verbeeldingswêreld van so 'n stomme spreker bestaan daar blykbaar wel so iets.

    'n Meer toepaslike vergelyking sou wees, in die onderhawige geval van die gesprek elders oor die sigbaarheid van Jupiter en sy mane van die aarde af, dat 'n mens die ouens wat beweer hulle sien dit 'duidelik' hier van die aarde af met hulle amateurtoerusting, eerder sou kon vergelyk met 'n swaksiende persoon wat 'n onthoringde renoster sien, maar omdat hy nie behoorlik kan sien nie, en ander mense beweer daar is seekoeie in die omgewing, beweer dit is 'n seekoei. Vra hom dan om te bewys hy sien 'n seekoei, dan kap hy terug met die storie hierbo en Russel se teepot endie spaghetti-monster. Hierdie tipe psige vind met mens net (genadiglik) onder 'n baie beperkte groepie mense en vermaak hulle eintlik maar net mekaar daarmee.

    Dus, dit is net 'n sekere soort van mens wat so iets onrealisties soos die voorbeeld hierbo en die ander wat ek noem, sal probeer uitgee om 'n punt te maak. Al wat dit bewys, egter, is dat die ou geen benul het waaroor die gesprek werklik gaan nie, en dat hy dit nie kan verstaan nie en dan maar iets kwytraak net om darem gehoor te kan word en dan deur sy eie blerts geïmponeer word...

    Siestog.

  • Kobus de Klerk

    Thomas hierbo se absolute snert aanmerking is tipies die reaksie wat jy van ouens kan verwag wat ook daardie soort van voorbeeld wat Frank gee, sal aanhang en dink dat dit iets beteken. As ons nou vir Thomas sou vra om enige brief of bewys te lewer van wat hy hierbo sê, sal hy natuurlik nie kan nie.

  • Ek weet nie hoekom Kobus nou juis renosterhoring by die ding insleep nie, maar nou ja, die man se ding is die man se ding. Dalk om 'n flopperige bewering 'n harde feit te maak.

    Duitswester

  • Frank

    Wat Kobus eintlik vir jou wil sê is dat Jupiter se mane nie bestaan nie en dat die hele wêreld se sterrekykers 'n spul idiote is omdat hulle dit wel raaksien. Hy probeer nou al vir jare lank die "zookeeper" oortuig dat die hok leeg is maar hoe meer hy dit probeer wegpraat hoe meer gluur die seekoei vir hom!

    Dis 'n kwessie van spirituele intelligensie - dit maak jou blind.

    Thomas

  • Beste Kobus,

    Wakker skrik my ou vriend! Die lidmate van die SM-kerk is al oor die 10 miljoen, en dit na seker nie meer as tien jaar nadat hulle profeet, Bobby Henderson die kerk gestig het en hulle Bybel geskryf het.

    Die hele ding is eintlik die skuld van die aanhangers van Intelligent Design. Die ID-mense het verseg om die Intelligente ontwerper te identifiseer, want indien hulle sou erken dat dit God is, dan is hulle gebrandmerk as 'n religie, en agv die First Amendment, sou hulle dan nie in skole ID kon verkondig nie. Dit het die deur oopgelaat vir die Spaghettimonster aanhangers om te beweer dat die Intelligente ontwerper eintlik die Spaghettimonster is, en hulle dring aan om hulle "wetenskap" in die skole aan te bied.

    Net soos die kreasionis, verwerp hulle ook die evolusieteorie en verkondig die skepping van die heelal binne ses dae, met die Spaghettimonster as die skepper.

    Ek dink jy verstaan dit, want jy verwys ook na die verbeeldingswêreld van die mens.

    Groete,
    Angus

  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Kan jy jouself so verder verneder soos wat jy hierbo doen - jy verstaan wraggies nie eens wat jy in Afrikaans kan lees nie en moet dit heeltemal verdraai om by jou psige te pas. Wys jou wat ateïsme aan mense doen.

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Hulle is almal soos jy - ateïste. Ek sê mos, net vir ouens met julle probleem sal so iets moontlik wees. Nie vir die massas en massas normale mense nie. 10 Miljoen uit ongeveer 6 biljoen? Nie eens 'n spikkel nie. Sê mos, daar is bitter min van julle.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top