futiliteit

  • 0

Millennium Drie Sap-Sap, voortdur’nd aan’t soek,
lankal al’t v’rloor, konkreet b’wys, sleeps’l, spoor,
innie proses ook G’wete, reg-’f-sleg-met’r, v’rloor,
bly’t by Mens, nesse vloek: Voorskrif, reg ytie Boek

via Self-d’struksie word als w’t mooi is, so opg’off’r,
onkund’-ontkenn’ngskunde, onwet’nskapl’k v’rsprei,
skynbaar t’veel, selfs v’r superioriteitsindroomslagoff’r

v’r struktuurg’weldsv’rraad’s daa’ g’n surrogaat,
biochem-klon’ng, hulpbronstrop’ry, ai, gifsaad,
leuenaar nie in staat, Self op eie rede t’v’rlaat

wyl analis, wet’nskapl’k, in situ-situasie dissekteer,
forensikus, klinies, Millennium Drie Krisis analiseer,
probeer pro-aktiewe net onafwendbaarheid afweer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top