Engelse invloed op Afrikaans met verreikende gevolge

  • 8

My dogter doen debat en sy het 'n onderwerp gekry wat nogal moeilik is om bronne te kry vir navorsing. Die onderwerp is: "Die invloed van Engels sal verreikende gevolge hê vir die voortbestaan van Afrikaans". Sy moet hierdie stelling voorstaan Tot dusver het sy gesukkel om bronne te kry om haarself voor te berei en die tyd loop nou vinnig uit. Ek sal dus waardeer as iemand in die groep enige voorstelle het van bronne. Hetsy 'n spesifieke webtuiste of 'n boek of 'n spesifieke skrywer/persoon wat nagevors kan word.

Groete

Petronella

  • 8

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Op webwerwe soos LitNet, FAK, Maroela en Praag is daar baie leesstof oor hierdie onderwerp. Dit moet nie net gaan om die invloed wat Engels sal hê nie, maar ook om die verwoesting wat reeds aangerig is. Byvoorbeeld, in Die Burger (5 deser, p 12) is daar 'n berig onder die opskrif: "Liefde vir Afrikaans vuur Rauch en Blue aan." Die berig handel oor groenhout soos Laurika Rauch en Elvis Blue wat reeds baie vir Afrikaans danksy bv die luisterliedjie gedoen het. Maar wanneer hulle praat oor hulle groot liefde vir Afrikaans word woorde soos die volgende gebruik: looks, beautiful, no-brainer, joy, collaboration. Red nou 'n taal met sulke geradbraakte Afrikaans. Dit is om van te ween.

     

    Johannes Comestor

  • Petronella

    Jy moet beslis nie jou kind aan die verkrampte tonnelvisie politiese propaganda van Praag voorstel nie.  Onder die ou bedeling was dit 'n koerant wat 'n kandidaat vir sensuur was.

  • Hallo Petronella

    "Die invloed van Engels sal verreikende gevolge hê vir die voortbestaan van Afrikaans".

    Dit val my op dat die Oskar Pistorius verhoor is miskien die treffendste voorbeeld hoe verreikend die gevolge alreeds is.  'n Afrikaanssprekende man, Oskar Pistorius, word in Engels verhoor en spreek die regter aan as  "My lady".  Nie net Oskar Pistorius is Afrikaanssprekend nie, so ook is die openbare aanklaer, Gerrie Nel, asook  advokaat vir die verdediging, Barry Roux. Ook Afrikaanssprekend is meneer en mevrou Steenkamp,  vader en moeder van ontslape Reeva. Al die sleutelfigure in die verhoor is dus Afrikaanssprekend. Tog praat hulle almal Engels en die verhoor vind plaas in Engels. Dit word wie weet waar oral in Engels gebeeldsend na TV-uitsenders.  Alle  media  insluitende nuusbronne op die internet  is huidiglik tot oorlopens toe vol van hierdie saak en artikels en uitsendings is oral beskikbaar. Hierdie verhoof  vorm 'n treffende voorbeeld van Engels se invloed op die NIE-voortbestaan van Afrikaans as hoftaal a.g.v. Engels.

    Engels wat Afrikaans vervang as akademiese taal op universiteite, en selfs sluiting van die Afrikaans Nederlandse Departement by Universiteit van KwaZulu-Natal kan nagespoor word deur sleutelwoorde daarvoor te Google.

    Die Afrikaanse Taalraad (ATR)  se webwerf sal ook heelwat artikels oplewer wat u dogter kan lees.

    Groete

    Henk Seymore
    11 April 2014

  • Baie dankie vir jul bydraes.  Moeilik om iets voor te staan wat jy nie mee saamstem nie.  

    • B van der Merwe

      Petronella, het jy asseblief dalk nog die inligting of debatstuk. Ek sukkel ook om inligting en bronne in die hande te kry?

  • Ja, die invloed van Engels op Afrikaans is verreikend, maar moenie vergeet van die verrykende gevolge nie.

  • Maklike onderwerp; die bronne is om ons. Al wat gedoen moet word, is om die ore oop te hou. Luister hoe Afrikaans se woordeskat vergroot en die seggenskrag daarvan versterk word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top