eendag?

  • 0

Kry vandag die oproep van een of ander plek en 'n dametjie wat in 'n regtig lelike aksent aan my probeer verduidelik van vakansies en dergelike lekker dinge. Ek weet uit die staanspoor wat sy probeer verkoop maar ek weet sy moet haar werk doen so ek gee haar die beloofde drie minute waarvoor sy gesmeek het. (herre, die arme dingetjie het heel waarskynlik 'n kroos om voor te sorg, so wat is die odds?)

Sy vra wanneer laas ek vakansie gehad het en ek beduie haar dit was letterlik in die vorige eeu en sy verstaan nie toe beduie ek haar dat ek in 1999 wel 'n week afgevat het weg van my werk af en ek hoor sy het nie 'n clue nie.

Sy vra of ek belang stel om dalk een of ander tyd weg te breek met my kroos en derglikes en ek beduie haar ja. Dit is my hart se begeerte. Ek sal wel eendag ...

Sy vra my of ek uiteet en ek beduie haar dat ek baie braai. buitekant. binnekant, op plate, op roosters, in potte buite potte, op die grond enige plek. Want ek’s van nature 'n karnivoor en Tim Noakes het gesê dis goed so.

Sy vra wanneer laas ek in 'n hotel oornag het en ek beduie haar na my reisagentskap toe want ek het geen idee nie. Want ek weet dit was in Kuala Lampur en die nagte en dae het so inmekaar geweef geraak dat ek self nie meer seker was nie. Ek onthou egter wel dat 'n baie beleefde poliesman my op die straat wakker gemaak het en beduie het dat ek 'n taxi moet kry anders moet hy my toesluit.

Sy vra of ek beplan om weer weg te breek. Ek beduie haar: Ja eendag. Sy vra of ek sal belang stel in 'n komplimentêre reis na een of ander hemelse bestemming en ek sê ja, eendag. As dit na Machu Picchu is en ek hoor haar vinniger asemhaal en voor ek dink ek score big time hoor ek sy het geen idee waar dit is nie.

Want eendag is al wat oor is, is dit nie? Tussen nou en eendag lê nog moer baie tyd.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top