Dirk Rigter se uitstekende brief

  • 5

Ek verwys na Dirk se brief van 30 Junie 2014.

Die brief is uitstekend in die opsig dat dit duidelik die wanpersepsies illustreer wat die sogenaamde liberales a) ter tafel lê om hulself te regverdig of b) vir soetkoek opeet omdat hulle naïef en/of oningelig is.

Dirk sê “apartheid het misluk agv sy inherente aard van die ontkenning van landsburgers se basiese menseregte. Dis so eenvoudig soos dit.” ‘n Wye stelling; Dirk maak nie onderskeid tussen ‘apartheid’ en ‘segregasie’ nie. Indien hy met ‘apartheid’ bedoel dat die vorige bedeling (voor, sê, 1970) landsburgers onderdruk en hulle menseregte ontken het is die stelling ongeldig; die vorige regering het niemand onderdruk nie.

Indien hy ‘segregasie’ bedoel is hy gewoon verkeerd; segregasie werk byvoorbeeld goed in Europa; Spanjaarde kan nie in Portugal stem nie, Duitsers nie in Frankryk nie en so aan. Dit werk selfs in Suider Afrika; Basoetoes kan nie in Swaziland stem nie en andersom en nie een beskuldig die ander een dat dié hom onderdruk nie. Dit lyk ook nie of die Swazi’s en Basoetoes aan onderdrukking gebuk gaan omdat hulle burgers van etnies homogene state is nie. Inteendeel, dit lyk nie of etnies gemotiveerde opstande en rebellies enigsins daar ‘n probleem is nie, anders as in die res van Afrika.

Wat hy ook al onder sy ‘apartheid’ verstaan, die stelling dat dit ‘misluk’ het is ook verdag. Hoe kan mens verklaar dat iets wat nog in wording was misluk het? As hy vir sy seuntjie ‘n kaskar bou en hy sit nie die wiele aan nie omdat hy wil gaan rugby kyk sê hy vir sy kind die kar het misluk. Hy glo dalk homself maar die seuntjie sal dwarsdeur hom sien.

Buitendien, wanneer misluk, en wanneer slaag, iets volgens Dirk? Ek sou reken ‘n administrasie misluk, soos hier en nou, wanneer die ekonomie kwyn, wanneer misdaad buite beheer raak en die polisie niks daaraan kan of wil doen nie (nog meedoen ook), wanneer dienslewering so swak is dat die landsburgers se misnoeë manifesteer in gemiddeld 30 opstande per dag, wanneer korrupsie hoogty vier (vier of vyf burgemeesters binne twee weke in die pad gesteek), wanneer parke, paaie en strate toiingrig en onveilig is, wanneer mense nie vry is om hulle eie taal te praat nie, wanneer mense in hulle duisende die land verlaat omdat die toestand onhoudbaar geword het. ‘n Administrasie slaag waar bogenoemde nie gebeur nie. Op die manier het die ou bedeling dus geslaag en die nuwe bedeling misluk maar miskien het Dirk ‘n ander definisie.

Ook dwaal hy met die begrip ‘landsburgers’; baie van die sogenaamde burgers waarvan hy praat was burgers van onafhanklike state, net soos die van Swaziland en Lesotho. Daar is 2038 tale in Afrika so daar is nie ‘n manier dat die koloniale grense, wat die kontinent in so 60-plus state verdeel het, kan werk nie. Dis nie iets in wording nie, dit hét misluk te oordeel aan die opstande, gedurige etnies gemotiveerde oorloë en algemene agteruitgang van bykans al hierdie lande. Soos ek voorheen genoem het; vanaf Aachen in Duitsland tot by Vila Real in Portugal kry jy heelparty verskillende lande. Die afstand Tussen Thohoyandou en Kaapstad is min of meer dieselfde maar Dirk glo dit móét een land wees. Maak geen sin nie.

Dirk is “vas oortuig daarvan” dat, sou die ANC vroeër (John Vorster se tyd) na die onderhandelingstafel genooi gewees het, “ ... sou die uitkomste heel anders gelyk het, wie weet?” Ons almal weet; ons sou net vroeër in Inca Kiss straat gesit het; kyk maar na sogenaamd bevryde state ten noorde van ons.

Dirk sal nou weer sê ek kla net en kla oor die nuwe bedeling. Dit is miskien so, maar ek kla eintlik oor Dirk kla oor die ou bedeling (terloops, die ou bedeling het hier in die vroeë 70’s opgehou; teen die liberale PW-hulle se tyd was die skrif al aan die muur). Dirk wil hê, soos uit van sy vorige briewe blyk, ons ‘moet aanvaar’, aanvaar byvoorbeeld dat die tyd vir suiwer Afrikaans verby is en dan, natuurlik, by implikasie, moet ons die res aanvaar, naamlik dat die tyd ook verby is vir veilige strate en dorpsgebiede, skoon parke, genoeg krag ens ens. Al waaroor mens mag kla, lyk dit my volgens Dirk, is oor die vorige bedeling wat hy en sy maatjies dan ook doen sodra iets gebeur wat daarop dui dat die nuwe bedeling misluk, en dis gereeld.

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • Dagsê Jan Rap, 

     
    Dit lyk my jy ken die kontinent van Afrika, waaroor jy jou so as kenner uitgee, maar uiters swak. Die 54e staat het nou-die-dag maar eers tot stand gekom – Suid-Soedan. Die mislukking van die oorgrote meerderheid van state in Afrika was nie daaraan te wyte dat swart mense die bestuur van die state oorgeneem het nie, maar die proses van oorgang vanaf die koloniale heersers na die inheemse bevolking wat totaal verkeerd en te vinnig plaasgevind het. Doen jouself ’n guns en gaan lees bietjie op oor Afrika. Toe ek destyds deur Afrika gereis het, het ek dit my besigheid gemaak om bietjie op te lees oor ons kontinent, en hoe dit gekom het tot waar ons vandag is. Dit maak nogal interessante leesstof.
     
    Die wit regering in Suid-Afrika het die stryd om aanvaarding in die wêreld en daarmee saam die ekonomiese stryd verloor. Daardie selfde magte en kragte bestaan vandag nog en gaan die ANC ook in toom hou om nie oor te gee aan die populiste in hulle geledere nie. 
     
    Volgens jou het die vorige regering niemand onderdruk nie. Ek weet nie in watter land jy die afgelope 50 jaar gewoon het nie maar as jy dit glo dan moet jy eerder in kammaland saam met Kobus de Klerk en sy fundamentalistiese maatjies gaan speel, want dan kan jy enigiets glo. 
     
    Die vorige bedeling was onvolhoubaar en moes tot ’n einde kom. Die huidige bedeling is jonk en vol probleme. Deur aanhoudend ’n beter verlede te probeer skep gaan weinig bydrae om die probleme in die huidige bestel aan te spreek. Ek sien jy verwys altyd na ons en julle asof jy iewers op ’n eiland leef en niks met die probleme van die nuwe Suid-Afrika te doen het nie. Dis tyd dat jy ophou droom van hoe goed die ou SA was en jou bydrae begin lewer om ’n beter SA te bou. Al sluit jy net by AfriForum aan en lewer ’n finansiële bydrae, maar om op die kantlyn te staan en skree gaan tot niks lei nie. 
     
    Is jy ’n tipiese voorbeeld van die verbitterdes wat Front Nasionaal gestem het? 
     
    Thomas
  • Beste Jan, my brief van 30 Junie was nie aan jou gerig nie. Dus hoef jy nie daarop te gereageer het nie. Nietemin, iemand wat loutere onsin kwytraak soos die onderstaande aanhalings uit hierdie brief van jou, behoort in die jaar 2014 eintlik maar geïgnoreer te word. Lees weer wat jy skryf:

    ..."Dirk maak nie onderskeid tussen ‘apartheid’ en ‘segregasie’ nie. Indien hy met ‘apartheid’ bedoel dat die vorige bedeling (voor, sê, 1970) landsburgers onderdruk en hulle menseregte ontken het is die stelling ongeldig; die vorige regering het niemand onderdruk nie." ...en..."Hoe kan mens verklaar dat iets ( Apartheid) wat nog in wording was misluk het?"...

     

    Ek volstaan met die volgende: Jy het vasgehaak in die "goeie ou 1960's" toe die witman nog ordentlik baas was en vir almal wat nie wit was nie kon hiet en gebied soos dit hom / haar gepas het, en dit as "segregasie" afgemaak het. Want dan was dit mos nie onderdrukking nie.

     

    En dan span jy werklik die kroon met die stelling dat Apartheid nog in wording was en dus nie misluk het nie! Waar was jy die afgelope 40 jaar? Nog op die 1938 ossewa-herdenkingstrek? En toe het jy vergeet om af te klim? Jan Rap, loer uit by die seilkappie, tuur oor die span osse die toekoms in, dalk, net dalk, sien jy iets van die skade wat "segregasie" aan hierdie land gedoen het.

     

    Naskrif: Goddank Standaard Afrikaans word nie meer in mense se kele af gewurg nie, nee Afrikaans kan nou in al sy skakerings gepraat en geskryf word. Dalk te laat, maar dalk nie...

  • Ek plaas hom in 1955, vasgesteek in 'n groef en net een brief wat geskryf kan word, alles in bostaande brief is al eindeloos herhaal. 

     
    En net soos die oom nie Afrika ken nie, ken die oom Europa ook nie, en hoe lank dit geneem het om van 500 klein "state" te arriveer tot die 27 of so wat vandag die EU opmaak. 
     
    Presies wat hier gebeur het. 
     
    Dalk moet die ou fossiel "Game of Thrones" kyk om 'n idee te vorm van "realpolitik" en verby sy kinderlik eenvoudige rympie van "taal = volk = land", te kan kom. 
     
    Kompleksiteit is nie die oom se sterk punt en kan gerus ignoreer word. 
     
    Hoe goed hy ook al uithou in kammaland. 
  • Aitsa die manne staan mooi saam om Jan Rap by te kom.

    Thomas sê dinge het te vinnig gebeur en dit is daarom dat dinge skeefloop en skeef geloop het in Afrikastate.

    Die feit dat die westerse idee van demokrasie en algemene stemreg so  vreemd is aan Afrika is as om 'n Eskimo in volle gewaad in die Karoo aan te tref, ontgaan baie mense.

    Die feit dat vrouens eers stemreg in 1919 in die Liberale Nederland gekry het, wys maar weer dat die samelewing, van die ontstaan van die mens hier op aarde 'n manlik gedomineerde samelewing was. Dit was dus 'n uiters vreemde gedagte dat 'n mens algemene stemreg sou toeken aan swart mense in 'n gemeenskaplike grondgebied.

    Dit het westerse lande lank geneem om die stamverband te ontgroei, maar dit sal nooit uitsterf nie, want dit is 'n integrale deel van die samelewing.In Afrika  (ook elders) en veral nog in Suid-Afrika is vroue niks meer as seksobjekte, daar vir die gratifikasie van manlike seksuele behoeftes. Daarom gebruik baie jong swart mans ook nie kondome nie, want wie eet nou lekker goed met die papiertjie om?

    Vrouens is dan ook op groot skaal die slagoffers van mensehandel en is dit dan ook veral organisasies beheer deur mans wat hulself hieraan skuldig maak.

    In Afrika-stamverband skaar almal hul om die leier, nie noodwendig dat hul met al sy doen en late saamstem nie, maar omdat stamverband die lojaliteit vereis, en is in die sin alle opposisiepartye onpatrioties, want hulle moet saamwerk met die regering om die se beleid, hoe krom of skeef ookal, 'n sukses te maak.

    En dit is dit wat lande soos Zimbabwe laat misluk want enige opposisie word met geweld onderdruk.In Suid Afrika kom die tendens veral in die voorgenome grondhervormingsbeleid al meer na vore.In 'Inside Quatro"
    is dit duidelik dat vroue ook dikwels die slagoffers van seksuele misbruike was en dat daar in die ANC in ballingskap geen idee van demokrasie was nie. Trouens die afvalliges  het aan die kortste end getrek en is met behulp van die lande se veiligheidsmagte, waar die kampe geleë was, behoorlik kortgevat, terwyl sommiges met RPG's aan flarde geskiet is.

    En aan die hoof van die sekuriteitsmagte was niemand anders as ons eie President Zuma, wat nou nog 'n kring van vertrouelinge om hom bou.

    Die onderliggende idee van selfstandige ontwikkeling was dan ook Maslow se idee om eers aan mense se basiese behoeftes te voldoen en dan geleidelik op die pad na volle menswees in hul eie kultuur en grondgebied
    te plaas.

    Dat die idee misluk het is duidelik vir almal om te sien.

    Ons sien in baie Europese lande opstande teen regerings terwyl Suid-Afrika self deurloop onder stakings en geweld. Algemene stemreg  het dus 'n positiewe en negatiewe kant.Dit het sommige toegang tot ongekende
    en ongehoorde politieke mag gegee en is niks meer as 'n diktatuur omdat dit in staat is om feitlik enige wetgewing deur te stoomroller, terwyl opposiepartye tyd en geld saam met amder siviele instansies bestee op  duur hofsake om die invloed daarvan te versag of totaal te keer.

    Dit het ook vakbonde in staat gestel om hul lede se saak te stel ,maar die geweldadige optrede van sommige lede laat my soms worder of die kool die soos werd was.

    So moes ek dan ook hierdie week in 'n plaaslike koerant lees van:
    'Barbaric'  behaviour. Violent strikers cause severe damage to property in Apex, beat up seven month pregnant woman with metal pipe.

    Tog tel hierdie barbare se stem net soveel by die stembus as enig ander stemgeregtige kieser.Kan 'n mens regtig die verval van sentrale sakegebiede, en ineenstortende infrakstruktuur toeskryf as simptomaties van 'n jong demokrasie  of was die oorgang te gou.Sien Thomas se kommentaar en is dit hoekom Suid-Afrika tans lyk soos dit lyk?

  • Hallo, 

     
    Ek gaan deur my eposse en sien die kommentaar van FC Boot en besluit om dit te ignoreer. 
     
    Daar kan net so lank met die regse sluipers en hul geheime impulse redekawel word, hoe kras bogenoemde kommentaar van FC Boot ook al was, maar dit is goed om 'n FC Boot nou duidelik te sien. 
     
    Frases soos "volle menswees in hul eie kultuur en grondgebied te verplaas", "die oorgang te gou", "stamverband" en dan die powere poging tot 'n slimheid, "westerse idee van demokrasie en algemene stemreg so  vreemd is aan Afrika is as om 'n Eskimo in volle gewaad in die Karoo aan te tref". 
     
    Die verwysings na barbare, ontwikkelingspad maak duidelik 'n FC Boot se verdriet oor die feit dat die opvoedingstaak nie voltooi is nie en is tekenend van argumente van 'n Comestor wat net so omgekrap is oor "barbare", "hordes", en dat "hulle" nie hier hoort nie. 
     
    So is die wat sensitief is, in teenstelling to die "barbare" en die wat nog 'n lang ontwikkelingspad het. 
     
    'n Mens kan maar net jou kop skud dat sulke idees nog voortbestaan. 
     
    Die afgelope dag of twee bespreek ek en 'n swart medewerker die werk van Steve Biko en het hy my aandag gevestig op Steve Biko se versameling van opstelle, "I write what I like" en wat 'n ervaring is dit nie. 
     
    Die gevoel wat ek kry is dat Steve Biko defnitief nie van wit mense hou nie, maar dit is 'n leerkurwe om die woede te ervaar van 'n persoon wat geveg het teen onderdrukking. 
     
    Steve Biko, sou glad nie sy goedgekeuring gegee het dat ek hierdie kommentaar geskryf het nie. Soos hy skryf in sy opstel, "Black Souls in White Skins?":
     
    "Instead of involving themselves in an all-out attempt to stamp out racism from their white society, liberals waste lots of time trying to prove to as many blacks as they can find that they are liberal. This arises out of the false belief that we are faced with a black problem. There is nothing the matter with blacks. The problem is WHITE RACISM and it rests squarely on the laps of the white society. The sooner the liberals realise this the better for us blacks. Their presence amongst us is irksome and of nuisance value. It removes the focus of attention from essentials and shifts it to ill-defined philosophical concepts that are both irrelevant to the black man and merely a red herring across the track. White liberals must leave blacks to take care of their own business while they concern themselves with the real evil in our society---white racism".
     
    Hoe streng is daardie "liberals waste lots of time trying to prove to as many blacks as they can find that they are liberal". 
     
    Daarom moet ek seker my mond hou en Steve Biko verder laat praat. 
     
    FC Boot is verdrietig oor sy opheffingstaak wat nie voltooi kon word nie. 
     
    Sotlik. 
     
    Maar hoe sou Steve Biko reageer het op 'n FC Boot se "volle menswees in hul eie kultuur en grondgebied te verplaas" en denkrigting so tekenend van die regse sluipers: 
     
    "Does this mean that I am against integration? If by integration you understand a breakthrough into white society by blacks, an assimilation and acceptance of blacks into an already established set of norms and code of behaviour set up by and maintained by whites, then YES I am against it. I am against the superior-inferior white-black stratification that makes the white a perpetual teacher and the black a perpetual pupil (and a poor one at that). I am against the intellectual arrogance of white people that makes them believe that white leadership is a sine qua non in this country and that whites are the divinely appointed pace-setters in progress. I am against the fact that a settler minority should impose an entire system of values on an indigenous people".
     
    Steve Biko se walging in hierdie tipe van denke wat 'n FC Boot verteenwoordig is duidelik in bogenoemde formulering van Steve Biko. 
     
    Wat verwag Steve Biko van my, as iemand wat hom self aandui as 'n liberaal: 
     
    "The liberal must understand that the days of the Noble Savage are gone; that the blacks do not need a go-between in this struggle for their own emancipation. No true liberal should feel any resentment at the growth of black consciousness. Rather, all true liberals should realise that the place for their fight for justice is within their white society. The liberals must realise that they themselves are oppressed if they are true liberals and therefore they must fight for their own freedom and not that of the nebulous "they" with whom they can hardly claim identification. The liberal must apply himself with absolute dedication to the idea of educating his white brothers that the history of the country may have to be rewritten at some stage and that we may live in "a country where colour will not serve to put a man in a box".The blacks have heard enough of this. In other words, the liberal must serve as a lubricating material so that as we change the gears in trying to find a better direction for South Africa, there should be no grinding noises of metal against metal but a free and easy flowing movement which will be characteristic of a well-looked-after vehicle".
     
    'n "Jan Rap", 'n FC Boot en ander regse sluipers hier toon 'n gebrek aan empatie, 'n armoede van begrip en faal daarin om die woede te verstaan van 'n Steve Biko, wat sekerlik een van die beste is wat die woede teen onderdrukking verwoord het en wanneer die woorde van steve Biko met aandag gelees word bied dit 'n kragtige teenpool tot die ontkennings van 'n "Jan Rap" en die arrogansie van 'n FC Boot wat nou nog glo dat "whites are the divinely appointed pace-setters in progress". 
     
    Of soos Steve Biko dit veel beter beskryf: 
     
    "No longer was reference made to African culture, it became barbarism. Africa was the "dark continent". Religious practices and customs were referred to as superstition. The history of African Society was reduced to tribal battles and internecine wars. There was no conscious migration by the people from one place of abode to another. No, it was always flight from one tyrant who wanted to defeat the tribe not for any positive reason but merely to wipe them out of the face of this earth.No wonder the African child learns to hate his heritage in his days at school. So negative is the image presented to him that he tends to find solace only in close identification with the white society."
     
    Ek is bly my medewerker het my aandag gevestig op Steve Biko. 
     
    Lees Steve Biko, "he writes what he likes", en dit is gewaarborg om jou kwaad te maak, maar wat 'n man. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top