Dirk Rigter en Thomas

  • 2

Bogenoemdes se kommentaar onderaan Dirk se plaasopstandebrief van 11 deser verwys.

Ek sien Dirk skryf “ ... wat my betref is die debat oor ‘Apartheid wat nie so sleg was nie’ afgehandel”. Ek was seker met vakansie gedurende daardie debat, want ek weet van niemand hier wat “Apartheid” goedgepraat het nie. As Dirk dalk sy oë in my rigting rol is hy weer in sy kreatiewe bui, want ek het so iets nooit gesê nie.

Definisies verander gedurig; die definisie deesdae byvoorbeeld van ‘rassisme’ is ‘die uitwys deur ‘n witte van ‘n fout deur ‘n swarte gemaak’. Die ou definisie naamlik ras- of kleurgebaseerde diskriminasie geld nie meer nie soos byvoorbeeld gesien kan word by universiteitstoelating, bevorderings en tenderprosedures.

So ook is die betekenis van ‘apartheid’ deesdae ‘die onderdruk en uitbuit van nie-wittes deur die Afrikaner’. So iets het nooit bestaan nie en, wat ook al Dirk kan ophaal as bewys van sodanige onderdrukking, sal dit meer geld ten opsigte van, onder andere, die Franse, Belge, Duitsers, Zoeloes, Amerikaners, Xhosas en veral die Engelse. Die feit dus dat Afrikaners tot in die n-de geslag moet boete doen en betaal is ‘n liberale konstruk waardeur naïewes gevang is.

Dirk sal bogenoemde systap deur daarop te wys dat, in sy kommentaar, hy ‘n apartheidswet van 1913 (met ander woorde voor Afrikanerregering) aangehaal het. As ek egter dit nie mis het nie, het Dirk op ‘n kol ‘n lys van hierdie segregasie-wette aangehaal, almal na 1948. Iemand op die werf het hom tereggewys en ‘n hele reeks sulke wette aangehaal wat voor ’48 in plek was. Miskien onthou ek sleg; miskien was dit Jaco of Thomas of iemand anders in welke geval ek Dirk dan om verskoning vra.

Dirk vra vir George “Wil jy regtig glo dat kolonialisme en apartheid niks bygedra het tot die stand van sake soos dit vandag in die RSA daar uitsien nie?” As ek moet reageer asof die vraag aan my gerig is, is die kort antwoord “nee” en die lang antwoord is “nee, natuurlik nie”. Om die waarheid te sê, kolonialisme het, onder andere, meerverdiepinggeboue, rioleringsisteme en breë paaie (sommige van hulle geteer) in Afrika tot gevolg gehad (waarvan oorblyfsels nog bestaan en besig is om te vergaan).

Wil Dirk ons nou regtig laat verstaan dat die teenswoordige jammerlike toestand in SA niks met “demokrasie-‘94” te doen het nie maar dat dit die gevolg van kolonialisme is? Waar in jou lewe in die ‘apartheidstyd’ sou stakende verpleegsters gesondheidswerkers keer om ontbindende lyke in ‘n hospitaal (Rob Ferreira) te kom haal, of ‘n minister se vrou in die staatsdiens ‘n salaris en bonusse van oor die R5-miljoen kry (gisteraand se nuus)?

Voor ek nou te veel manifestasies van die mislukte staat aanhaal, laat ek maar groet want ek moet seker een of ander tyd gaan slaap. Ek het nou nog nie by Thomas uitgekom nie, ek bêre hom maar vir more-aand.

Groetnis

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan 

     
    Ek het 'n tyd gelede vir jou koebaai gesê, want ek wil nie meer saam met jou in die modder rondrol nie. Gaan lewer gerus 'n bydrae op Praag se webwerf, jy sal baie tuis voel daar.
     
    Dirk Rigter
  • Dirk
    Trek jou kop uit die sand uit.  Wat Praag betref, dit sal jou loon om gereeld daar te lees; kom uit jou gemaksone en ivoortorinkie waar jy en jou maatjies mekaar gedurig op die rug klop oor die sirkus wat julle bewerkstellig het.  Haal af daardie oogklappe en kyk bietjie wyd vir 'n slag.
    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top