Die Woord en stagnante akademici

  • 22

Die eertydse Kerkbode-joernalis en geloofsantagonis Jean Oosthuizen kry weer 'n ander akademikus, Anton van Niekerk, in die hande om te gesels (https://www.litnet.co.za/Article/onderhoud-anton-van-niekerk-gesels-oor-sy-geloofsoortuigings) oor twyfel in geloof en al die redes waarom mense moet twyfel en nie geloofsekerheid moet hê nie.

Nou is dit so dat dié tendens klaarblyklik by akademici voorkom selfs al beskou sommige van hulle hulself as gelowiges, soos van Niekerk. By die akademici wat hulle met die hedendaagse natuurwetenskappe besig hou, het dié regressiewe proses dermate posgevat dat meeste van hulle net nie hulle weg kan oopsien om in enige, wat hulle bonatuurlike noem, te glo nie.

God is nie bonatuurlik nie, God is natuurlik, want HY is alles.

Ander geleerdes, bekwame mense wat geletterd en geleerd is wat een of ander akademiese onderleg het, maar nie in die akademiese milieu werksaam is nie, gaan meestal nie onder hierdie regressiewe persepsievermoë gebuk nie al is hulle ook baie intellektueel. Meeste van hulle het nie die probleem om die onderskeid te tref tussen die vrug van die menslike rede en die menslike vermoë tot die Spirituele nie.

As mens na hierdie fenomeen onder akademici kyk, dan word die rede daarvoor al meer en meer duidelik.

Akademici werk feitlik daagliks in omstandighede waar hul vakgebied noukeurig en sorgvuldig geklassifiseer word en waar dissiplines in kassies verpak word. Dit is 'n antieke gebruik en werksmetode wat al uit die dae van Leonardo da Vinci dateer en in stede daarvan dat akademici hul gebruik en werksmetode progressief aanpas deur die natuurlike fenomeen van inter-dissiplinêre oorvleueling te bestudeer, bemeester en toe te pas, het hierdie antieke werksmetode en gebruik hedendaags vlakke bereik waar die betrokkenes baie weet (van die beskikbare kennis) van hul vakgebied, maar weinig van ander dissiplines.

Een van die belangrikste kenmerke van die hedendaagse akademiese wetenskap is om nie soseer kennis te versamel en geleidend toe te pas nie, maar eerder om beskikbare kennis te neem en dit vir die sekulêre menslike begrip (waarna hulle filosofies verwys as die 'rede') verstaanbaar te probeer maak. Nuwe ontdekkings word onmiddellik eers geklassifiseer in reeds bestaande kategorieë, sommige waarvan eeue oud is en só het die proses lankal stagnant geword.

Hierdie stagnasie het die gevolg dat die akademici sukkel om oorvleuelend te redeneer en te dink en veral om te besef dat hulle met inligting moet werk wat nie noodwendig in hulle kategorieë pas nie, en veral ook dat daar inligting is wat nie op die tradisionele akademies-wetenskaplike manier gereduseer kan word om vir die beperkte menslike rede sin te maak nie. Alle fenomene wat nie in hierdie kategorieë geredelik inpas nie, word bykans summier verwerp as onwetenskaplik.

Wanneer dit by sake van geloof kom, waar spiritualiteit 'n kardinale rol speel, kniehalter hierdie gebrekkige benaderingswyse hierdie akademici geweldig. Hulle het geleer om álles te reduseer tot die vlak waar dit vir hulle sekulêre menslike rede binne die beperkte verwysingsraamwerk waarbinne hulle breinfunksies en redevermoë afgerig is deur jarelange en tradisionele afrigting en die beperkings wat dit bied, verstaanbaar is.

Vandaar dat 'n akademikus soos Anton van Niekerk sal sê dat leerstellings soos die maagdelike geboorte of die erfsonde of die kompleksiteite van die twee-nature-leer oor Christus kwalik vir hom antwoorde bied op eksistensiële of bestaansvrae en dat Genesis 1–3 of Psalm 8 of Psalm 139 tekste is wat verhale vertel wat geen aanspraak maak op historiese waarheid nie.

Wanneer mens die inhoud van die vermelde tekste (en vele ander soortgelyk in die Woord) weer nagaan, sien mens dat die inhoud daarvan nie geredelik gereduseer kan word tot die vlak van menslike sekulêre begripsvermoë nie. God spreek immers ook deur die psalmdigters (Psalm 95:7–11; 2 Samuel 23:2; Handelinge 1:16,20; Hebreërs 3:7–11, 15) maar vir hierdie mense is hierdie Goddelike openbaringe duister en onaanvaarbaar en verrinneweer hulle dit, soos van Niekerk dit doen, tot die laagtepunt waar hy dit noem bloot belydenis dat God geskep het en hoe hy sin kan maak (terwyl hy self blykbaar nié sin kan maak nie) van daardie skepping.

Die ontoepaslike en onakkurate eenvoud van só 'n aanmerking spreek van die ingrypende gebrek aan insig in die Woord en waaroor die Woord eintlik gaan. Hy sal die gedeelte wat hy op sy sekulêre menslike vlak kan insien aanvaar, maar dit wat sy 'rede' te bowe gaan, gewoon verwerp.

Dit is die demonstrasie van die afgewaterde en afgetakelde begripsvermoë van 'n mens wat sy kontak met God verloor het, sy Spiritualiteit en die vermoëns wat dit bied, dus, en die beperkings in begrip en verstand wat dit meebring.

Aanwending van selfs geringe logika sal vir mens dadelik uitlig dat die Bybel (die opgetekende Woord), nie spreek van menslike intelligensie en begrip nie, maar van Goddelike intelligensie en juis daaroor getuig. Dus is die HERE Jesus se openbaringe oral in die Woord te vinde, en ook in daardie gedeeltes van die Ou Testament en elders, wat deur die HERE Self so bevestig word (Mattheus 5:17-19) – ons weet dat Genesis, byvoorbeeld, juis deur een van die grootste van God se profete, Moses, opgeteken is.

Nou is dit verstommend hoe mense soos van Niekerk en Oosthuizen kan dink dat hulle op hulle manier, Goddelike insig, mededeling en geheimenisse kan reduseer tot hulle vergelykend uiters beperkte menslike rede en as hulle dit nie regkry nie, te verklaar dat die Woord nie aanspraak (kan) maak op historiese waarheid nie.

Dít is vir my dwaasheid. Die antwoord lê in Romeine 8:5-9, maar openbaar ook die rede waarom sulke arme mense nie kan glo nie - omdat hulle hul insiglose sif gebruik om alles deur te laat van wat nie in hul rede-kassies pas nie, wat, in sommige gevalle, só ingrypend is dat amper niks meer oorbly nie ...

Goddelike Waarheid word wél openbaar, alleenlik deur kinderlik op Jesus die HERE en die Heilige Gees te vertrou vir leiding – Nehemia 9:20, 30; Psalm 51:13-14; 143:10; Johannes 14:26; 15:26, maar in stede dat hulle probeer opgradeer na die HERE, wil hulle Hom degradeer na hulle vlak. Tragies.

Kobus de Klerk

  • 22

Kommentaar

  • Kobus

    Dis werklik lekker om jou weer terug te sien.  Hoop dat jou bydraes, soos in die verelede, weer gereeld gaan wees.

  • Beste Kobus,

     Bly om weer van jou te hoor. Nog maar dieselfde ou Kobus: diegene wat nie dink soos Kobus dink nie, gaan “gebuk” onder “regressiewe persepsievermoë”. As iemand die geloof in twyfel trek, dan is dit kastig ? "regressiewe proses" wat by hom posgevat het, want hulle het nie die spirituele intelligensie van ? Kobus de Klerk nie. Hierdie iemand is ook nie sommer enige iemand nie, nee, dis die “akademici wat hulle met die hedendaagse natuurwetenskappe besig hou”. Die “ander” is die gelowiges, wat alles maar vir soetkoek opvreet. Hulle is so na Kobus se smaak. 
     
     Dan die groot patatta: “God is nie bonatuurlik nie, God is natuurlik, want HY is alles.”, wat tog nie so ? groot patatta is, soos selfs Kobus gedink het dit is nie, want dit is heeltemal waar. Dis heeltemal waar binne die twee buiteblaaie van die Bybel. Binne daardie twee blaaie bestaan God werklik, en as iemand nog sou wou twyfel oor sy natuurlikheid, lees maar hoe hy  ? bloederige lyk was nadat hy aan ? paal vasgespyker was. Binne hierdie twee blaaie is hierdie hele volle katastrofe, ? fiktiewe waarheid wat nie bevraagteken kan word nie. Dit wil nou sê, as die Bybel reg gelees en reg verstaan word as Joodse en Christenmitologie. 
     
     Sodra daar egter beweer word dat die Bybel letterlik waar is, dan word dit blootgestel aan historiese en geografiese norme, of jy nou wil of nie. Dit is dan dat die inhoud van die Bybel belaglik raak. Die twee here, Van Niekerk en Oosthuizen, het al so amper daarby uitgekom as hulle Richard Dawkins verkeerdelik kritiseer. Hulle het al die klok hoor lui, en moet nog net uitvind waar die klepel hang. Gaan lees maar Dawkins se boeke, en jy sal tot die besef kom dat hy meer weet van die letterkunde en letterkundige kritiek as menige letterkundige.
     
     Geloof en die wetenskap is versoenbaar as die Christen die Bybel reg lees en verstaan.
     
     Geloof en wetenskap is onversoenbaar as die Bybel belaglik gemaak word deur die Christen wat probeer bewys dat die skeppingsverhaal histories waar is, dat Noag en die vloed histories waar is, dat Maria maagdelik geboorte geskenk het aan Jesus, dat Lot se soutpilaarvrou al ontdek is, en dat Jona drie dae in ? vis se maag kon leef. (Niemand het dit al ooit gewaag om te bewys dat dit moontlik is om ? vrou uit ? man se ribbebeen te maak nie, en dit sommer so woerts-warts.)
     
     Die Christen is al so geïndoktrineer dat hy nie anders kan as om te dink dat die Bybel histories waar is nie. Selfs jý beweer dit en haal dan Rom. 8:5-9 aan wat glo die bewys is. Ek dink jy weet nie wat “historiese waarheid” beteken nie. 
     
     Ek het maar so hier en daar gevat aan wat vir my enigsins na ? korrel gelyk het. Die meeste van jou skrywe is pure kaf.
     
     Groete, 
     Angus  
  • Kobus,

     
    Iemand soos jy wat die Genesisverhaal in 2014 steeds letterlik opneem, moet maar stadig om die begrip "stagnant" aan ander toe  te dig. Wees ook maar bedag op die woord "regressief", veral as jy so graag spiritualiteit tot een of ander waarneembare " iets" wil verklaar.
     
  • Beste Angus
    Waarom sou die skrywers van die skeppingsverhaal nou juis sê dat Eva uit Adam se ribbebeen gemaak is?Jy sal dit net verstaan as jy weet wat die Rabbynse siening van die vrou is.

    Volgens een van die rabbi's is dit betekenisvol dat die vrou uit die ribbebeen van die man gemaak is.As die vrou uit die voete of hoof van die man gemaak was, kon sy op getrap word of op die man se kop sit (wat  so tong in die kies natuurlik baie kere gebeur).

    Sy is egter uit die ribbebeen gemaak om naby aan die hart van die man te wees (en dit Angus behoort 'n sakie te wees wat elke man na aan die hart moet lê).

    Verder kan 'n mens lees: http://www.jewishencyclopedia.com/articles/5916-eveIn Rabbinical Literature: Eve was not created simultaneously with Adam because God foreknew that later she would be a source of complaint. He therefore delayed forming her until Adam should express a desire for her (Gen. R. xvii.). Eve was created from the thirteenth rib on Adam's right side and from the flesh of his heart (Targ. Pseudo-Jonathan to Gen. ii. 21; Pir?e R. El. xii.). Together with Eve Satan was created (Gen. R. xvii.).

    Nou terug na Kobus De Klerk. As Christene aanvaar ons dat die 66 boeke van die Bybel onder inspirasie van die Heilige Gees deur meer as 40 skrywers oor 'n tydperk van 1500 jaar tot stand gekom het. Dit alleen behoort 'n bewys te wees dat ons inderdaad te doen het met iets besonders.

    Wat ons nooit moet vergeet nie is dat die Bybel in menslike taal en woorde geskryf is en dat woorde oor die eeue heen hul oorspronklike betekenis verloor en selfs nuwe betekenisse kry. Ek is nie 'n taalkenner nie
    maar besef dat as 'n antieke taal slegs 8000 woorde bevat teenoor die meer as een miljoen woorde in Engels, daar talle verbuigings van die woorde in die antieke taal moet wees, wat dan 'n nuwe betekenis kry na gelang van die gebeure waarin dit gebruik word of wat dit beskryf.

    Daarom moet ek my verlaat op die kennis van die mense wat die tale noukeurig bestudeer het en dit 'n lewenstaak gemaak het om die Bybel te vertaal in bv hedendaagse Afrikaans en dan dit te doen sodat die oorspronklike boodskap of betekenis van die betrokke teks nie verlore gaan nie.

    Maar dit beteken ook dat ek van my kant af myself so goed as wat dit binne my vermoë val om my op hoogte te bring van veral die geskiedenis en kulture waarteen die verhale hulself afspeel.Ek moet dus myself ook op hoogte bring van die sienings van die leermeesters van die volk waaruit die Christendom ontstaan het.

    So kry die Woord van God soos dit in die Bybel opgeteken is 'n nuwe en ryker betekenis en word 'n mens ook verlos van die eng siening van sommige mense sonder om afbreuk te doen aan die 'Skeppingskrag' van God en agter dit alles sy verlossingsplan in werking te sien.

    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot

    Indien jy glo dat die Bybel God se openbaring is, dan moet jy antwoorde van Hom daaruit kry.  Die Rabbyne, die Katolieke katkesasie-boeke, verworpte (spurious) antieke godsdienstige boeke ens, kwoteer jy vir die leser, wat jy hom aanbeveel om eerder te lees vir Bybelse antwoorde.  Hoe seker is jy hulle vertolk die Bybel reg, of is hulle gesag dan hoër as die van die Bybel s'n in jou geval, en die Bybel maar sekondêr?

    Die ironie is die geval waar jy die "spurious" boeke, van hulle so oud soos die Bybel self kwoteer, wat deur jou  net so gelees en aanvaar word, maar die Bybel volgens jou,  weens onvoldoende woordeskat deur jou verkwalik word, en geensins die "spurious" boeke nie wat as tydgenoot aan dieselfde  onvoldoende  woordeskat onderworpe is!

    Nou in die lig van jou argument hierbo en elders, kom ek gee jou 'n belaglike voorbeeld vir doeleindes om vir jou uit te lig hoe belaglik jou argument hierbo en elders voorkom. 

    In Lev gee God duidelik opdrag dat homosekueles dood gestenig moet word.  Die gedagte daartoe kom nie eers by jou op om dit te wil doen  nie en ek glo ek is reg indien ek jou so opsom.  Net soos gay Christene, sal jy dit nou wil weg "sublimeer" (dws in hierdie voorbeeld, jou verpligting om die doodstraf uit te voer).

    Die sublimasie by bv gay Christene is (en dit is die soortgelyke tipe argument wat jy met alles wat jy nie met die Bybel eens is nie, ook gebruik):

    Homoseksualiteit asook prostitusie was deel van die Kanaäniete se geloofpraktyke.

    God gee opdrag dat hierdie vorm van godsdiens uitgeroei moet word.

    So dit gaan nie oor die homoseksuele dade of prostitusie self nie, maar wel omrede dit in afgodediens misbruik word.  Dus is daar niks fout met die homoseksuele daad of selfs prostitusie nie, wel met die godsdiens!  Dus omrede gay Christene aan alle ander godsdienstige opdragte voldoen, is sodomie nie 'n faktor by God nie.

    En so word 'n duidelike opdrag gesublimeer om 'n ander betekenis daaraan te probeer gee.

    En weet jy wat?  Gesublimeerde argumente oortuig net die wat oortuig wil wees.  Dit vorm nie eers die eenvoudigste beginsels van logika nie.

  • Beste FC Boot

    Jou skrywe hierbo kielie my tot in my ateïstiese kleintoontjie. Kobus sal ook heel in sy skik wees daarmee. Nè Kobus?
     
    Groete
    Angus
     
  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Ek het die kommentaar van Jaco Fourie op jou benadering gelees ...

    Jaco is 'n ateïs en ek en hy het al telkens kop gestamp oor daardie oortuigings van hom, maar hy het vir jou die pak slae gegee wat draadsitters soos jy werklik verdien - onomwonde. Jaco het die wankelrigheid van hierdie louheid van gelowiges soos jy presies uitgewys vir wat dit is.

    Aan God se Woord is geen kompromis te tref nie. Maak nie saak dat tekste mettertyd oorgeskrywe is nie. Diegene wie dit opreg gedoen het, het dit steeds met dieselfde inspirasie van die Heilige Gees gedoen as die vorige en vandag nog word die mens gelei in die uitleg daarvan deur die Heilige Gees.

    Dit is 'n skande vir jou wat jouself 'n gelowige noem dat 'n volslae ateïs soos Jaco die logika kan insien daarvan dat jy dus by God Self insig moet soek en ophou om jou te wend na uitgediende en spekulatiewe opinies van ander mense wat self nie antwoorde het nie, en jy kan dit self nie insien nie. Jy het 'n ateïs nodig om jou op suiwerheid in jou geloofsbenadering te wys?

    Wat die behandeling van homoseksualiste en hul praktyk aanbetref, gooi ons nie meer mense met klippe dood nie, terwyl die praktyk daarvan self steeds uitgeroei behoort te word, maar deur oortuiging  - tewens, ons maak sedert die HERE se Offer op Golgota niemand meer ter wille van geloof dood nie, want die HERE Jesus Christus het gekom en die die dood vir alle mense kom smaak, ook vir Jaco en die ander wat soos hy leef, weg van Gods Woord, as hulle Hom maar net sou wou aanneem. Gevolglik het ons nie meer die reg om mense so te veroordeel nie, maar om hulle te waarsku. In ons harte is ook nie meer die begeerte om hulle te dood nie, want die liefde van die HERE is in ons harte, en dat hulle eerder tot redding sal kom, want uiteindelik wag die dood wel op hulle as hulle volhard, weens die oordeel wat hulle op hulself haal.

    Kobus de Klerk

  • Beste Jaco Fourie

    Moenie belaglik word nie en die onnatuurlike probeer goed praat nie en dan die Bybel verkrag deur dinge uit veband te ruk nie.

    Die opdragte wat 'n mens in Levitikus aantref  is spesifiek van toepassing op die uitverkore volk waarvan daar net een was.

    WANT: dit resorteer oor seksuele omgang wat nie reg is nie en direk indruis teen die bedoeling van God met die skepping van die man en vrou. In die voorafgaande is dit duidelik dat 'n mens nie die Here se naam deur die modder moet sleep nie,want alle menslike organe is met 'n spesifieke doel en funksie geskep. Ja dit is inderdaad so dat homoseksualiteit vele oorsake het.

    n Mens lees dan ook verder in die nuwe testament die volgende: Joh 8 : 1 - 11
    1 maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan.
    2 Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer.
    3 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan.
    4 Hulle het vir Hom gesê: Meneer, hierdie vrou is op heterdaad betrap waar sy owerspel gepleeg het.
    5 Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?
    6 Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe.
    7 Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.
    8 Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe.
     9 Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense.
    10 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?
    11 Niemand nie, Here, sê sy. Toe sê Jesus: Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.

    Wat so besonder is aan die Fariseërs se woorde dat hulle nie sê God het ons in die wet beveel, maar wel Moses het ons in die wet beveel. Daar is geen duideliker voorbeeld dat  dit inderdaard  mense is wat met menslike woorde en taal in die woord van God opgeteken het.

    Jesus gaan egter verder en praat  in Mat 5 .27 oor slegte seksuele begeertes en sê in vers 27.
    Julle ken ook die volgende wet 'Moenie by iemand slaap met wie jy nie getroud is nie.'

    28.Ek sê egter vandag vir julle dat slegte begeertes reeds in julle kop begin,nie in dit wat julle doen nie.As jy bv op so'n manier na 'n ander vrou kyk dat jy haar in jou gedagtes seksueel begeer, het jy eintlik al klaar by haar geslaap.En dan het jy God se voorskrif oortree.

    Dit is opmerklik dat Jesus hier van God se voorskrifte praat wat daarop gerig is om 'n lewe te lei wat nie God se naam deur die modder sleep nie.

    Mag dit ook met jou goed gaan.

  • Beste Angus

    Pasop dat jy jou  ateïstiese kleintoontjie nie teen die grootste hoeksteen van alle tye stamp nie in jou haas
    om jou genot aan Kobus oor te dra.

    Groete
    F C

  • FC Boot

    Of my kommunikasie is gebrekkig of jy het 'n probleem met die inname van kommunikasie.

    Ek het 'n voorbeeld vir argumentsonthalwe hierbo gebruik, nie met die doel om homoseksualiteit goed te praat nie.  Ek stel dit onomwonde.  Die Bybel praat dit nêrens goed nie.  Ek het juis homosekualiteit vir twee redes gebruik.  Eerstens om jou die belaglikheid van gesublimeerde redenasie, wat juis jou tipe redenasie is uit te lig, en tweedens, indien enige gay Christene my brief lees, hulle dieselfde sal besef.

  • Beste FC Boot

    Man, ek is rêrig trots op jou. Uiteindelik begin jy so half en half die dinge reg verstaan. Hierbo skryf jy:
     
      “Waarom sou die skrywers van die skeppingsverhaal nou juis sê dat Eva uit Adam se ribbebeen gemaak is? Jy sal dit net verstaan as jy weet wat die Rabbynse siening van die vrou is.”
     
     Hieruit kom ek agter jy besef dat die skeppingsverhaal ? skepping van die menslike verbeelding is. Dis Rabbynse skrywers wat, volgens tradisie van die Joodse volk, die skepping van Eva so uitgebeeld het dat dit uitbeeld hoe na sy aan die hart van die man is. 
     
     Mooi so, FC! Dit is presies hoe ? mite sy ontstaan het. Die volgende stap is nou vir jou om dit as mite te erken. 

     Dan, ewe skielik, verwys jy na ? Joodse webwerf, wat weer daarop dui dat jy glo dat die skepping van Eva uit Adam se ribbebeen ? werklike gebeurtenis is. Jy kan tog nie so ? draadsitter wees nie; een of ander tyd moet jy na een kant toe afval. Sê dus vir ons sonder die onnodige toegooi van woorde: is die verhaal van Adam en Eva ? werklike gebeurtenis, of is dit ? skepping van Rabbynse skrywers volgens die Joodse kultuur? 

     Nou moet jy fyntrap, FC. As jy beweer dat die skeppingsverhaal ? skepping is van Rabbynse skrywers, dan gaan ? groot deel van die Christene waarskynlik jou kop afbyt. Dit mag dalk wees dat die dominee en kerkraad jou onder sensuur gaan plaas. As jy saamstem met die oorgrote meerderheid Christene, dat dit letterlik gebeur het, dan stel jy die Bybel bloot aan wetenskaplike norme. Daar sal bewys moet word dat dit moontlik is om ? volledige mens binne ? ommesientjie te skep, teenoor evolusie se miljoene jare deur middel van natuurlike seleksie. Jy kan nie terugval op bonatuurlike, of goddelike ingryping van bo, ? soort deus ex machina, soos die aanhangers van Intelligent Design, nie. Dit is maar dieselfde as “god of the gaps” en wetenskaplik onaanvaarbaar. (Vgl Die Dover-hofuitspraak van 2005.) 

     Jy sien FC, die “grootste hoeksteen van alle tye” is toe niks meer as ? kaartehuis nie.

     Groete,
     Angus
  • Beste Angus
     Soms weet ek nie of ek moet lag of huil nie oor jou desperate pogings om tog 'n debatspuntjie of twee aan te teken.

    Jy het werklik nie gelees wat ek al voorheen oor die onderwerp geskryf het nie. Net soos wetenskaplikes vandag teorieë ontwikkel het oor wat biljoene jare gelede gebeur het en dan dit met wetenskaplike
    waarnemings probeer bevestig, skryf die Genesisskrywers die verhale duisende jare na hul glo dat die gebeurtenisse plaasgevind het.

    Beide verklarings het een ding in gemeen, nog die wetenskaplikes van vandag of die skrywers in ballingskap was ooggetuies van dit wat biljoene jare of duisende jare gelede plaasgevind het.

    Maar daar is egter belangrike verskille. Die skrywers in ballingskap skryf die verhale as teenvoeters vir die skeppingsverhale wat die tyd in omloop was en waarin baie gode elkeen 'n rol gespeel het in die totstandkoming van die heelal en die mens.

    Hulle weerlê dit  en sê daar was net een Skepper GOD- EEN OORSAAK waardeur alles ontstaan het en nie baie oorsake (gode) nie.Hier stem hul vertolking nogal baie ooreen met die 'Oerknalteorie' of is jy van mening dat daar meer as een oorsaak was?

    Hulle gaan dan verder en verduidelik nie hoe alles tot stand gekom het nie - dit was van sekondêre belang maar wel dat alles deur GOD tot stand gekom het.

    GOD word dan vergelyk met die magtige konings van die tyd, wat tuine aanlê waarin mens en dier veilig is teen die gevare buite die stad.

    Hulle gaan dan verder en vertel dan dat die mens nie in die paradys geskep is nie, maar wel buite dit en deur God in 'n beskermde gebied geplaas word. Die les is dus duidelik binne die tuin onder die beskermer
    van die koning en sy wagte is veilig en jy word beskerm.

    Oortree jy word die beskerming opgehef. Dieselfde gebeur met die mens in die paradys - solank hul God se gebooie gehoorsaam is hul veilig en onder sy beskerming. Oortree die gebooie en jy bevind jouself
    in die wildernis en gaan jy net met moeite en baie verdriet oorleef.

    'n Mite sê jy - nee Angus dit was 'n leermetode.Die woord mite kom tog van die griekse woord 'Mythos' wat 'n gedagte, 'n verhaal , 'n toespraak  of 'n mondelinge oordrag is. 'n Onderrigmetode dus.

    GOD ,die skepper van hemel en aarde en Jesus Christus wat jy verwerp en nou na 2000 jaar selfs deur sommige Joodse Rabbis as een van hul groot profete erken word, was teenwoordig.

    Jy was na my mening werklik aan die slaap toe jy blykbaar jouself nog as 'n Christen beskou het, maar dit moet jy ook weet. Die Anti-Christus het juis sy oorsprong in die kerk en dit maak hom besonder gevaarlik
    omdat hy soos Satan in die paradysverhaal  goed op hoogte is van GOD se gebooie , maar 'n besondere vermoë het om God se woord en gebod te verdraai tot die ondergang van die mens en tot sy eie roem omdat hy juis die wetenskap as 'n voertuig gebruik om sy uiteindelike doel te bereik - nl om die mens weg te skeur van die genade en versoening wat  in Jesus Christus te vinde is.

    Ek hoef nie fyn te trap nie, want as jy nou mooi alles rustig gelees het, is dit mos duidelik dat die HOE alles tot stand gekom het van SEKONDÊRE belang is. 'n Christen kan dus evolusie aanvaar as die voertuig
    waardeur binne die perke van die wetenskaplike kennis  hoe 'lewe' nadat  dit ontstaan het, verder ontwikkel het.

    Google gerus 'How life originated on earth' en jy sal baie wetenskaplike verklarings vind  en dat dit nog steeds een van die grootste raaisels is. Jy kan ook die webblad 'fact and faith' nagaan om die mening van 'n Christelike wetenskaplike  te lees.

    Vier jy kersfees Angus? As jy dit wel doen, dan doen jy dit om die verkeerde rede.

    Groete en fynloop dat jy nie met broek op jou knieë gevang word as jy eendag met die opstanding jou aan die verkeerde kant bevind nie.

  • Beste FC Boot

     
     Ek het slegte nuus vir jou wat Kersfees betref. Ja, ek vier Kersfees. My seun het vir my ? kas Johnnie Walker Bluelabel persent gegee, en ek gaan beslis so ? doppie of twee steek, want Kersfees is vir almal bedoel: Christen, Mohammedaan, Hindu, Ateïs. Kom, ek verduidelik vir jou.
     
     In Amerika is daar ? wet wat kerk en staat van mekaar skei; daarom mag daar nie religieuse aktiwiteite in skole plaasvind nie. Die skoolraad van Solon, Ohio, het dus in 1990 Kersfeesopvoerings by die skool verbied, omdat dit hierdie wet sou verbreek. Die ouers was woedend en die saak is in die hooggeregshof beslis. Die skoolraad het die saak verloor omdat daar bepaal is dat Kersfees ? sekulêre fees is; dis deel van alle kulture regoor die wêreld. Die hof se bevinding was dat Kersfees niks te make het met Christus nie. Aan die anderkant is Bybellees en bid wel deel van die Christenkultuur, en nie toegelaat in staatskole nie. 
     
     Volgens die Catholic Encyclopedia is die fees afkomstig van Egipte en was dit nie een van die vroeëre kerkfeeste nie. Hierdie heidense fees was die instelling van verwaande sondaars, nl farao’s en konings wat  ? groot ophef van hulle eie geboortes gemaak het. Die Christene het eerder vername persone se dood herdenk, nie hulle geboortes nie.
     
     Dit is eers 300 jaar later, na die sogenaamde geboorte van Christus, dat die Rooms-Katolieke Kerk beveel het dat 25 Desember ? feesdag moet wees ter herdenking van die geboorte van Christus.
     
    Jy vier Kersfees omdat jy na die pype van die Rooms-Katolieke Kerk dans. Ek vier Kersfees omdat ek graag duur geskenke ontvang en uitdeel. (Daar wag so 'n rooi Audi A3 vir my skelmpie.)
     
    Geseënde Kersfees. 
     
     Groete
     Angus
  • Angus.

    Lekker om te lees dat jy ook die vrugte van die vlees kan geniet met jou "skelmpie".

  • Uiteindelik wys Kobus De Klerk sy ware kleure deur met ateïste saam te stem.

    En arme Jaco Fourie, hy het nie 'n idee waarom al die voorskrifte deur God aan sy uitverkore volk gegee is nie .Die antwoord lê in Levitikus 20: "Julle behoort aan God," waarin God dit duidelik stel dat hy 'n weersin het in die dinge wat die nasies doen, wie se land Hy aan hulle belowe het. Die grootste gevaar was dan dat die uitverkore volk in dieselfde gewoontes sal verval as die volkere wat die land voorheen bewoon het.

    Omdat God heilig is moet die volk ook rein en skoon lewe. Jesus gee die antwoord waarom Moses namens God al hierdie beperkinge en wette op die volk van toepassing maak - dit is omdat die volk se harte en koppe so hard soos klip is en God se gebooie verbreek.

    Dit is Iets wat duidelik word net nadat Moses die berg opgaan om die 10 gebooie te ontvang. Is Jaco Fourie en Kobus de Klerk dan so verblind dat hul dink dat die reine Hom met die onreine sou besig hou - die heilige met die onhelige?

    Gaan lees gerus my ander kommentaar elders. God het geslagsonderskeid tussen man en vrou so hoog aangeslaan dat Hy in die skeppingsverhaal slegs praat van die mens as manlik en vroulik. Die Bybel leer dan verder dat elke orgaan daar is vir 'n spesifieke doel en dat anale seks bv tussen homseksueles 'n gruweldaad in die oë van die Here is omdat 'n orgaan wat uitsluitlik daar gestel is vir die uitskeiding van menslike afvalstowwe vir ander doeleindes gebruik word.

    'n Volk op reis na die beloofde land kan kwalik trek en die moeilike reis voltooi deur die wildernis as dit gebuk gaan onder allerhande seksuele aansteeklike siektes. Wat staan nog om die aanslae van die nasies te weerstaan, wie se uiteindelike doel was om Israel soos vandag totaal uit te roei en sodoende te voorkom dat God se belofte van 'n Verlosser wat 'n seën vir alle nasies sal wees sy verskyning sou maak.

    Is ons nog onder die wette?
    In Galasiërs 2 praat Paulus oor die wet van Moses:

    Vers 13.Ons is Jode van geboorte af en nie 'n klomp sondaars wat God glad nie ken nie.Tog is ons glad nie God se witbroodjies nie.Want niemand kan in die regte verhouding met God kom deur sy wet te gehoorsaam nie. Dit (die wet) help niks nie. God skryf net mense se sondes af wat in Christus glo. En dit is presies wat ek en julle gedoen het het. Die wet van Moses kon dit nie regkry nie. Want niemand kan in die regte verhouding met God kom bloot net deur die wet te probeer gehoorsaam nie.

    Werklik betreurenswaardig dat Kobus de Klerk  die woord van die Here so verkrag dat hy hom uiteindelik skaar aan die kant van die ateïste.

  • Beste Angus

    Dit help altyd om meer as een bron te raadpleeg om die oorsprong van 'n fees na te gaan.

    Dus gebruik ek ook behalwe die bron wat jt gebruik die skrywe van Own Chadwick - 'an eminent church historian' se ' A History of Christianty'.

    op bladsy 24 skryf hy:
    "So in Christmas in our age is a harmony of three element: the junketings of the Roman crowd trying to relieve the gloom of winter; the Roman cult of the sun and light; and at the heart,the memory of a birth in a manger in the Palestinian town of Bethlehem."

    To that harmony, much later, the North added elements from folklore,such as the Germanic Christmas tree. But Father Christmas was the fourth-century bishop St Nicholas (Sinterklaas in Dutch,hence Santa Claus) renowned for his kindness to children,and whose feast was 6 December."

    Omdat jy 'n ateïs sal  jy dus hart uit die fees ruk en jou vereenselwig met die ander twee elemente.

    Mag dit met jou goed gaan

  • FC Boot

    Jou weersprekings hierbo laat my net glimlag, soos ek vir 'n deurmekaar kind sou glimlag. 

    Eers verkwalik jy Kobus hierbo omdat hy hom met 'n ateïs se waarneming van jou gebrekkigge Christenskap saamstem en dan onmiddellik daarna aan Angus toon jy jou teenstrydigheid met jou bewondering van Owen Chadwick se korrekte uitleg van die samesmelting van die heidendom met die Christelikheid om kersfees te kan vier. Nou toe nou!  Waar is jou verontwaardiging nou oor die rein (Jesus) wat met die onrein (heidendom) in die kersfees ingevleg word!

    Nadat ek by herhaling geskryf het dat die Bybel homoseksuele dade veroordeel, mors jy vele woorde en spasie om te probeer bewys wat die Bybel daaroor te sê het.

    Nadat ek by herhaling gesê het dat jy jou Bybel eers goed moet bemeester alvorens jy dit in debat aanpak, maak jy steeds jouself in die openbaar bollie, soos hierbo.

    Jy skryf hierbo met verwysing na Gal 2,  dat die wette van Moses deur Christus ongedaan gemaak is.  Vir die nuwe jaar, kom ek en jy bespreek wat jy oor die wette van Moses verstaan, en maak voortydig 'n goeie studie daarvan, want ek waarsku jou my kennis daarvan is besonders goed en omrede ek weet jou Bybelkennis is uiters gebrekkig, weet  ek ek ('n ateïs) gaan jou (as Christen) 'n uitklophou gee.

  • Beste FC Boot, 

     Jy laat my baie dink aan my goeie ou vriend Danie wat ek op skool gehad het. Hy wou tog so graag in die skoolkoor sing, maar ongelukkig was hy, sonder dat hy dit geweet het, heeltemal van die noot af. Toe die sangonderwyseres hom mooitjies vra om maar liewer te gaan albaster speel, was sy verontwaardiging groot – hy sing dan presies dieselfde woorde as die ander lede van die koor! 
     
     Ek “vereenselwig” my met geen een van die betekenisse van Kersfees nie – ek het slegs verwys na die oorsprong van die woord. 
     Groete,
     Angus
  • Beste Jaco Fourie

    Jou stomme mens  - 'n uitklophou sê jy  - want jy ken die Bybel goed. Jy is in goeie geselskap want selfs Satan is 'n Bybelkenner

    Jy het nie 'n idee waarvan jy praat nie en ek stel voor dat jy eers joiuself op hoogte bring wat verstaan word onder wette van Moses.Is jy werklik so arrogant of net plein simpel dom dat jy nie besef dat Jesus Christus gekom het ,nie om die wet  en profete  te vernietig nie waaronder die Jode geleef het, maar om hulle te voltooi en in alle opsigte aan hulle te voldoen, iets buite die bereik is  van sondaars.

    Jy moet dus dit  wat Paulus sê nie losmaak van dit wat Christus sê nie.

    En dan is jy nog vermetel genoeg om die volgende te skryf;

    Kobus Sommer 'n vinnige video  van vele.  Twee mannetjies bestyg mekaar en ignoreer die leeuin.  En dit is ooglopend geensins om dominansie te toon nie.  Die teerheid teenoor mekaar is opvallend. http://www.liveleak.com/view?i=df9_1411938366

    Jy praat van teerheid - net jou gebruik van die woord dui aan dat jy geen benul het waarvan jy praat nie.
    Twee top  manlike roofdiere bespring mekaar en tree dan instink gedrewe op en jy noem dit 'teerheid 'en probeer so homoseksuele gedrag goed praat omdat dit kwansuis so in die natuur gebeur. En daarmee het jy jou homoseksuele gedrag opdieselfde vlak geplaas want daarom gebruik jy die voorbeeld  om jou lewenswyse goed te praat.

    Hoe laag wil jy daal om 'n  gedrag goed te keur wat deur talle geneeshere as gevaarlik beskou word en deur die Bybel veroordeel word - nie op mediese gronde nie,maar omdat dit 'n bespotting maak van die mens wat deur die Skepper se werk tot stand gekom het en dan die gebod  soos vervat in Genesis in die verband oortree.

    En dan wil jy werklik nog met my in gesprek tree?

  • Beste Angus

    Jy skryf eers :

    "JY sê: Jy vier Kersfees omdat jy na die pype van die Rooms-Katolieke Kerk dans. Ek vier Kersfees omdat ek graag duur geskenke ontvang en uitdeel (Daar wag so 'n rooi Audi A3 vir my skelmpie.)."

    Daarna skryf jy Ek “vereenselwig” my met geen een van die betekenisse van Kersfees nie – ek het slegs verwys na die oorsprong van die woord.

    Die gee van geskenke  het dan juis ontstaan omdat dit ons herhinner aan die geskenke wat Jesus van die wyse manne ontvang het. Jy sien dus dat jou geskenke aan die jou 'skelmpie' dus sy oorsprong in die tradisie het. Jy dans dus na die pype van 'n tradisie - ek vier kersfees omdat daar uiteindelik 'n Verlosser gebore is.

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,

    Vierhonderd jaar voor die sogenaamde geboorte van Christus het die aanhangers van Pythagoras diereofferande aan die gode verwerp, en die Griekse wysgeer het met 'n alternatief gekom, nl om ongemengde mirre en wierook aan die gode te offer gemeng met heuning.  
  • FC Boot

    Tsk! Tsk!

    Pasop dat jy nie ‘n kop-aar bars en met ‘n verlamde skewe gesig sit nie!  Hou jou woede in toom maat, met woorde soos “jou stomme-mens”, en uitspraak dat  ek ‘n Satan- aanhanger is (indien daar ooit ‘n Satan is) omrede Satan, volgens jou,  die Bybel beter as jy ken! Bykomstig volgens jou is ek arrogant en simpel dom.  Met sodanige verwoede woordeskat ontbloot jy jouself aan die leser dat jy reeds deur my verslane voel, indien nie swetend in ‘n hoek gedryf is nie! Dan vaar jy teen my uit oor die wette van Moses!  Maat jy weet nie eers wat ek oor die wette van Moses ken nie, aangesien, nie soos jy, het ek nog nie daaroor enigsins gerep nie.  Maar ek is gewillig, selfs oorgretig, om dit wel met jou te bespreek, indien jy die moed het om my daaroor te wil aanpak, met die vooruitsig van ‘n goeie pak slae oor die onderwerp van my kant.

    Dan soos ‘n drenkeling, gryp jy na ‘n respons van my aan Kobus, waarop ek op Kobus se stelling “dat diere nie sodomitiese gedrag openbaar”, respondeer met ‘n voorbeeld, welke voorbeeld jy aangryp as my poging om homoseksualiteit te regverdig, nieteenstaande dat  ek reeds aan Kobus gesê het dat dit my hoegenaamd nie sou bodder al was die mens die enigste wat sodanige neigings toon nie.

    Om af te sluit, toon jy jou gros onkunde, sonder stawende feite, deur te skryf dat homoseksualiteit (afgesien van VIGS wat heteroseksueles ewe aantas) lewensgevaarlik is, maar dat dit van minder belang is as die feit dat dit deur jou god veroordeel word!  Dan kwoteer jy Genesis (moes dit nie Lev gewees het nie?) sonder om uit te wei welke teks jy na verwys.  Waarom na ‘n boek van Moses verwys waar jy in vorige skrywes gesê het dat hierdie boeke vir Joodse konsumpsie en uitsluitlik op die Jode van toepassing is? Gereeld kwoteer jy as sogenaamde Protestant,  Rabbynse en Katolieke oorleweringe (veronderstellings) as meer gesaghebbend as die Bybel selfs, dus jou agterweë gebrekkige kennis van die Bybel. 

    Alhoewel ek meermale met Kobus kop gestamp het, kan ek hom respekteer vir die feit dat hy sy geloof in die Bybel probeer uitleef.  Jy dra jou getoonde geloof soos ‘n wapen op ‘n baaidjie-lapel wat ek geensins kan respekteer nie.  In Engels noem hulle dit “slogan Christianity”.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top