Op 7 Mei vanjaar is dit algemene verkiesing. Ek het in ‘n vorige skrywe daarop gewys dat bedorwe (en vanselfsprekend) wegbly stemme geen effek het op die aantal setels wat deelnemende politieke partye sal kry nie. Slegs geldige stemme wat op stemdag uitgebring is, bepaal hoeveel setels elke party in die parlement kry, proporsioneel tot die aantal geldige stemme wat die party by die stembus gekry het. Elke behoorlik ingeligte kieser in SA verstaan die konsep: Party A kry 50% van die stemme en dus 50% van die setels, Party B met 20% steun kry 20% van die setels, ens.
Cornelius Henn het hierdie, voor die hand liggende berekening van hoe setels toegewys word, aanhoudend betwis, en so skryf hy bv op 19 Maart in ‘n kommentaar vir die soveelste keer die volgende:
“…wegbly en bedorwe stemme het 'n beduidende effek in ons proporsionele kiesstelsel wat ALLE geregistreerde kiesers inreken in die bepaling van parlementêre verteenwoordiging ...”
Wel, kom ons toets sy bewering aan die hand van die 2009-verkiesingsuitslae. Dis tog die finale bewys: Hoe is setels toegewys aan die hand van die werklike stemme wat in die verkiesing uitgebring is. Hieronder is die (verkorte lys van) amptelike uitslae van 2009 se verkiesing soos gepubliseer deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie op die webbladsy:
http://eisa.org.za/WEP/sou2009results1.htm
South Africa: 2009 National Assembly election results
Voting statistics
Registered voters |
23 181 997 |
Ballots cast |
17 919 966 |
Percentage poll |
77.30 |
Valid ballots |
17 680 729 |
Spoilt ballots |
239 237 |
% Spoilt |
1.34 |
Parties with seats in Parliament
Party |
Votes |
% Votes |
Seats |
11 650 748 |
65.90 |
264 |
|
Democratic Alliance (DA) |
2 945 829 |
16.66 |
67 |
Congress of the People (COPE) |
1 311 027 |
7.42 |
30 |
Ek laat doelbewus die ander kleiner partye se uitslae uit, anders raak die skrywe te lank. Vir berekeningsdoeleinde is hierdie voldoende. (Indien ‘n leser die res van die uitslae wil sien, kyk op die webwerf)
Wat sien ons hier? Daar was 23 181 997 geregistreerde kiesers, waarvan 17 919 966 stemme uitgebring het. (dus het 77.30% van die geregistreede kiesers gestem).
Van die 17 919 966 uitgebragte stemme was 239 237 bedorwe stemme. Dus was die geldige stemme (valid ballots) 17 680 729. Van hierdie stemme het die ANC 11 650 748 gekry, die DA 2 945 829 en COPE 1 311 027.
Onderskeidelik het dié drie partye dus soos volg setels in die parlement gekry:
ANC (11 650 748 ÷ 17 680 729) = 65.90 %. (400 x 65.90%) = 264 setels
DA ( 2 945 829 ÷ 17 680 729) = 16.66 %. (400 x 16.66%) = 67 setels
COPE ( 1 311 027 ÷ 17 680 729) = 7.42 %. (400 x 7.42%) = 30 setels
Al die ander kleiner partye se setels is volgens dieselfde formule bereken.
Wat is hier so duidelik soos daglig? Slegs geldige stemme bepaal die proporsies (aantal setels) waarin die politieke partye in die parlement verteenwoordiging kry. Dieselfde vir die provinsiale parlemente. Bedorwe en wegbly stemme speel dus geen rol nie, ook nie die hoeveelheid geregistreede kiesers nie.
Henn se stelling: “…wegbly en bedorwe stemme het 'n beduidende effek in ons proporsionele kiesstelsel wat ALLE geregistreerde kiesers inreken in die bepaling van parlementêre verteenwoordiging ...” bewys ongelukkig net een ding: Hy is totaal oningelig oor die kiesstelsel waarin hy binnekort moet gaan stem.
So geagte kieser, stem tog asseblief! Geen bedorwe of wegbly stem bepaal hoe setels in die Nasionale Vergadering en die Provinsiale parlemente toegewys word nie.
Dirk Rigter
Kommentaar
Wat Dirk Rigter verduidelik is inderdaad so, wat hy egter nalaat om uit te lig dat daar in die verkiesing, 'n duidelike afsnypunt was en dat enige party wat minder 35867 gekry het nie 'n setel kon verdien nie.So is daar deur kleiner partye 'n gesamentlike geldige stemtototaal van 134614 stemme uitgebring wat glad geen setel
kon verdien nie.
Die geldige stemme was soos die bedorwe stembriewe niks werd nie, behalwe dat hul 'n invloed op die betrokke persentasies gehad het.Sou hul nie gestem het nie sou die groter partye se persentasie effens hoër gewys het.
Geen setel dus maar tog die ANC en ander se persentasie effens kleiner.
Die les is dus dat jy mooi moet dink van watter party jy gaan stem anders is jou geldige stem maar net dit, 'n geldige stem.
Die gegewens is slordig gedruk: dit behoort soos volg te lyk:
Voting Statistics:
registered voters : 23 181 997
ballots cast : 17 919 966
percentage poll : 77.30%
valid ballots: : 17 680 729
spoilt ballots : 239 237
% spoilt : 1.34 %
ANC: stemme: 11 650 748 (65.90%) 264 setels
DA : stemme : 2 945 829 (16.66%) 67 setels
COPE: stemme: 1 311 027 ( 7.42%) 30 setels
Onderskeidelik het dié drie partye dus soos volg setels in die parlement gekry:
ANC (11 650 748 ÷ 17 680 729) = 65.90 %. (400 x 65.90%) = 264 setels
DA ( 2 945 829 ÷ 17 680 729) = 16.66 %. (400 x 16.66%) = 67 setels
COPE ( 1 311 027 ÷ 17 680 729) = 7.42 %. (400 x 7.42%) = 30 setels
Goeiedag.
Matesis verg nogals abstrakte denke; iets wat duidelik baie ver buite Dirk Rigter se begrip val.
Dis nou reeds geruime tyd wat die werf se idioot-savant Dirk Rigter, van die een pol na die ander skarrel in sy kwansuis slimheid op die werf.
Nes 'n wafferse Kobus de Klerk, blaker hy sy waan in die een na die ander "volledige bydrae" vir maksimum aandag in sy gekweste narsisme.
Kennis en begrip omtrent ons proporsionele kiesstelsel is inderdaad uiteenlopend.
Die grootste nadeel daaraan duidelik juis die feit dat ons proporsionele kiesstelsel, 'n baie bepaalde vlak van logisisme vereis.
Gereken vandag se ANC matriek by (s)linkse fundamentele en radikale liberale anderhaters soos Dirk Rigter, dan sit die land duidelik met 'n dilemma - of maak dit hoegenaamd nog saak?
Vir diegene wat dit nog nie gekyk het nie, plaas ek nogmaals Doktor Pieter Mulder se eenvoudige sinnebeeld oor hoe wegbly- en bedorwe stemme by implikasie 'n beduidende effek in ons proporsionele kiesstelsel wat ALLE geregistreerde kiesers inreken in die bepaling van parlementêre verteenwoordiging: http://www.youtube.com/watch?v=XcwDx114IFQ&feature=share ... (kyk tussen 3:50 min tot by 5:20 min om die implikasie van wegbly stemme op grond van Dr. Mulder se "Oom Jan" sinnebeeld te begryp).
Dit verg werklik eintlik nie veel om Dirk Rigter se onthutstheid in sy stelling "Geen bedorwe of wegbly stem bepaal hoe setels in die Nasionale Vergadering en die Provinsiale parlemente toegewys word nie", weereens uit te wys nie.
Wat my wel tref is die feit dat ek tot op hede die enigste is wat dit moet doen wyl selfs die "slimme Wouter Ferns" al intussen sy eie "useful idiot" gebreinspoelde napratery agter by Dirk Rigter in hul "meerderheid" tans op die werf ingewerp het.
Sonder verdere klagte herhaal ek 'n paar gedagtes en voeg spesial hier en daar 'n nuwe faset vir diegene wat sukkel met somme by:
Om te begin moet 'n mens aan Dirk Rigter vra: "persentage poll 77.30" uit wat gereken?
Indien Dirk Rigter reg kon antwoord, sou dit sekerlik wees - uit die HELE getal "Registered voters 23 181 997".
Dit alleen is al genoeg bewys dat wegbly stemme en bedorwe stemme 'n beduidende effek in ons proporsionele kiesstelsel het - indien nie, dan sou 77.30% =100% gewees het.
Die 22.70% wat nie gestem het nie, het dus vanselfsprekend 'n proporsionele effek.
Die 77.30% word wel eweredig volgens persentasie stemme gewerf verdeel, maar dis uiters noodsaaklik om die 22.70% in verhouding daartoe te bring om die waarde van ons kiesstelsel in geheel te kan ag.
'n Mens sou seker wel kon filosofeer oor hoeveel van die 22.70% vir enige van die minderhede sou tel?
Maar, dis nie die punte nie; wegbly en bedorwe stemme bevoordeel ALTYD die meerderheid in ENIGE proporsionele kiesstelsel in praktyk.
Die enigste teoretiese moontlikheid waarin wegbly en bedorwe stemme GEEN effek in 'n proporsionele kiesstelsel het nie, is waar AL die wegbly en bedorwe stemme vir die meerderheidparty sou stem.
Enige opposisie kieser wat wegbly of hul stem bederf, bevoordeel egter die meerderheidsparty relatief tot die persentasie wat die wenparty gewerf het.
Met ander woorde; ongeveer 0,659 van 'n enkele wegbly of bedorwe opposisie se stem tydens 2009 se verkiesing, het die ANC met soveel by implikasie bevoordeel - die veronderstelling natuurlik heel logies naamlik dat 'n OPPOSISIE STEM moes wees!
Wegbly en bedorwe stemme vir die ANC maak hoegenaamd nie saak nie!
Dis werklik moeilik om 'n eenvoudiger voorbeeld as dié van Dr. Mulder daarvoor te stel.
Ek besef wiskunde is nie almal se forte nie - pedagogie ook nie.
Behalwe Dr. Mulder se metafoor, is my begrip dalk te eenvoudig om oor te dra.
Ek nooi enige ander belangstellende wat wel minstens Dr. Mulder se voorbeeld onder die knie het, om my poging te bepaal en my dalk met raad by te staan om my verklaring duideliker te maak.
Ek onderneem wel om dit later ter wille van alle opposisie kiesers ook in 'n volledige bydrae saam te vat.
Geduldige en opvoedkundige groete,
Cornelius Henn
Dirk Rigter, jy't nou met 'n lang storie waarin jy Cornelius verkeerd probeer bewys het, bevestig dat hy wel gelyk het. Die sleutelwoord hier is proporsioneel. As daar honderd geldige stemme is, is die onderskeie partye se aantal stemme 'n persentasie van 100. As 10 persone nie stem nie word die aantal as 'n persentasie van 90 bereken.
As daar dus drie partye is, A, B en C, en tien van C se kiesers stem nie, styg die persentasiestemme van A en B alhoewel presies dieselfde aantal A- en Bstemmers gestem het.
Dis graad 1 matesis.
Jan Rap
Cornelius
Jy is weer uitgeknikker. Kom nou man, stemme tel verg nie abstrakte denke nie! Die goed word net bymekaargetel en die proporsies word bepaal met 'n eenvoudige berekening. Hoe eenvoudig kan ek dit nog vir jou maak? Jou probleem is dat jy jouself nou so vasgeknoop het dat jy nooit gaan loskom nie. Logisisme? Metafoor? Idioot-savant? Te veel groot woorde en te min eenvoudige logika. Doen die berekeninge jouself en kyk of jy by 'n ander antwoord uitkom, dan praat ons weer. Hoe sê jy nou weer?..."Alle geregistreede kiesers word ingereken in die bepaling van parlementere verteenwoordiging..." Watter onsin!
FC Boot
Jy is heeltemal reg oor die afsnypunt wat van die kleiner partye nie gehaal het nie. Ek wou die berekening egter so eenvoudig moontlik hou om te wys hoe die partye wat wél genoeg stemme getrek het, se proporsies bereken word. Dus het ek nie hiervan melding gemaak nie. Nietemin, dankie dat jy dit uitgewys het sodat mense nie hul stemme op randeiers moet vermors nie.
Jan Rap
Dis juis die punt: Die partye se verteenwoordiging word bepaal deur elkeen se stemtotaal as proporsie van die totale geldige stemme te bepaal, in die geval dan 90 en nie 100 nie. Het jy mooi gelees wat Henn sê? "...Alle geregistreede kiesers word ingereken in die bepaling van parlementêre verteenwoordiging..."
Baie dankie Jan Rap ... dis byna of hierdie nuwe/neo "useful idiot" soort liberales soos Dirk Rigter meen elke verkiesing is 'n referendum of iets soos die Amerikaanse keuse tussen Republikein en Demokraat ... "proporsioneel" in 'n veel party kiesstelsel is myle buite gebreinspoelde Afrikane soos Dirk Rigter se begrip ... dis absoluut noodsaaklik dat elke opposisie kieser hul kruisie in 'n proporsionele kiesstelsel trek - en reg trek, anders bevoordeel hulle eenvoudig die meerderheid ... ek vermoed ook my verduideliking is ietwat oor die koppe van slimmes soos Dirk Rigter, en bid hardop vir eenvoudiger taal om hierdie belangrike beginsel oortuigend oor te dra ... kom ons werk daaraan ... Boeregroete, Cornelius Henn
Teveel klem word op die wegbly stem geplaas. Veronderstel dat daar 'n 100% verkiesing was dan moes die 5 262 031 miljoen mense 'n keuse uitgeoefen het en vir een of ander party gestem het of hul stembriewe bederf het.
Die feit is egter dat hul buite stemming gebly het en dus dit oorgelaat het aan diegene wat wel gaan stem het om te besluit watter partyein die parlement verteen woordig gaan wees. Ek vermoed egter indien hul gedwing was om te stem hulle proporsioneel sou gestem het soos die res van die kiesers gestem het.
Beste FC Boot,
Dis wel waar dat 'n 100% deelname die enigste behoorlike voer in 'n proporsionele kiesstelsel is.
Jy's dalk reg dat die wegblystem bloot 'n refleksie van die stemme uitgebring kan wees ... maar, jy kan ook ewe verkeerd daarin wees - wie weet ? ... dis nog nooit gesaghebbend ondersoek nie.
My beroep is op die apatiese Boere -Afrikaners wat by implikasie met hul wegblystem die DANC en ander vyandiggesindes letterlik daarmee bevoordeel.
Ek vermoed sulke propaganda waar dit voorgegee word dat wegbly en bedorwe stemme geen effek het nie, juis gerig is om onverskillige opposisie kiesers se lusteloosheid aan te moedig tot voordeel van die meerderheid.
Dirk Rigter is reeds bewys as iemand wat nie huiwer om opponente se standpunte kwaadwillig te verdraai nie.
Ek sal nooit 'n DA of ANC kieser aanmoedig om te stem nie - laat hulle maar apaties wees!
My pleit is egter dat elke Boere- Afrikaner hul kruisie moet gaan trek -groot asseblief!
Boeregroete,
Cornelius Henn
Dirk Rigter, miskien help dit as jy besef dat die totale setels vooraf en proporsioneel tot die totale getal geregistreerde kiesers bepaal word ... die aantal setels word bepaal op grond van die getal geregistreerde kiesers - of is dit moontlik dat die 400 stoele in die parlement opgrond van een of ander werkskepping formule bepaal word? ... as 77% = 100% was, dan was daar moontlik net 350 stoele oop ... alleenlik waar al die Boere- Afrikaners hul kruisie trek, kan ons seker wees ons regmatige deel in die bestuur van die land het ... my vermoede is dat daar veel meer Boere- Afrikaners onnodig op die kantlyn staan wyl die meerderheid net verder voordeel win! ... byna soos Esau sy geboortereg vir 'n pot lensiesop verruil het ...
Hello
Henn
Ek haal jou weer aan uit jou skrywe: ..."ALLE geregistreede kiesers word ingereken in die bepaling van parlementere verteenwoordiging..."
Verduidelik hierdie stelling van jou in "...eenvoudiger taal..." soos jy so pikant opgemerk het, aan die hand van 2009 se uitslae asseblief, met spesifieke verwysing na die 23 181 997 geregistreerde kiesers en hoe dit die setel-toewysing beïnvloed het. Dis nou jou kans, ons wag in spanning.
O net so terloops, jou skellende byvoeglike naamwoorde voeg geen waarde toe tot enige debat nie, ook nie hier nie. En toevallig is beide wiskunde én die pedagogie deel van my forté.
Geregistreerde kiesers wat wegbly se stemme dra proporsioneel tot die meerderheid by ... apatiese kiesers wat geregistreer is en vir die behoud van Boere-Afrkaners kon stem moet besef hul steun uiteindelik die ANC as hulle sou wegbly ... aan diegene wat wel verstaan; hoe kan 'n mens hierdie hartseer beginsel beter bewoord sodat almal dit verstaan?
Henn
Dis ongelooflik! Jy het geen benul waarvan jy praat nie. Jy skryf:..."Dirk Rigter, miskien help dit as jy besef dat die totale setels vooraf en proporsioneel tot die totale getal geregistreerde kiesers bepaal word ... die aantal setels word bepaal op grond van die getal geregistreerde kiesers..." Watter louter onsin.
Die aantal setels in die parlement word NIE VOORAF BEPAAL volgens die aantal geregistreede kiesers nie. Dis vasgelê in die Grondwet. Gaan lees tog hoofstuk 4 wat hieroor handel. Maak seker van jou feite, moenie goed uit jou duim suig nie, jy stel jouself aanhoudend in die verleentheid.
Hello Wouter (en hallo vir enigiemand anders wat hier mag lees)
Jy praat weer net omdat praat praat is. As daar drie partye is, A, B en C en dieselfde persentasie van elkeen, sê die helfte, bly weg op stemdag dan maak dit geen verskil aan die eindresultaat nie. As egter die helfte van slegs, sê party C, wegbly, dan gaan A en B se stempersentasies op.
In algemene terme as net C stemmers, sê aantal x, het wat wegbly is die totaal A+B+C-x, noem dit T. Die onderskeie persentasies is dan100 A/T, 100B/T en 100(C-x)/T. Indien die aantal (x) wat wegbly by C vir, sê B, gaan stem lyk die totaal so: A+B+x+C-x en dit is weer die oorspronklike totaal naamlik A+B+C, noem dit S. Die stempersentasies lyk nou so: 100A/S, 100(B+x)/S en 100(C-x)/S. So kan jy sien dat die argument om vir die groter party te stem omdat hulle groter is sinneloos is want, soos kiesers van C na B loop, word B groter en C kleiner. B kan dus vinnig die groter party word.
As jy dus vir die DA wou stem (soos ek vermoed jou voorneme is want dit lyk nie vir my of jy veel vir Afrikaans en die Afrikaner voel nie) maar jy doen dit nie bevoordeel jy die ander partye.
Eenvoudig. Graad 1 matesis; jy hoef nie slim te wees nie; jy moet net onthou wat jy in graad 1 geleer het.
Jan Rap
Verstommend mnr Rigter, verstommend......
Goeiedag.
Dirk Rigter alleen weet waar hy die getal 400 setels in hoofstuk 4 van die Grondwet raak lees.
Hoofstuk 4 stel wel die vereistes waarvolgens die 400 setels in 2009 se verkiesing bepaal is, maar dit dui nêrens wat ek kon lees die getal 400 as 'n vaste komponent aan nie.
Die 400 parlementêre setels in Dirk Rigter se relaas hierbo, is wel as 'n vaste komponent voor die verkiesing in 2009 bepaal.
Anders as die vaste komponent van 400 setels, is wegbly en bedorwe stemme deel van die veranderlike wat kwalifiserende partye en veral die meerderheid proporsioneel in ons proporsionele kiesstelsel bevoordeel.
Dit blyk daar wel effens van 'n liggie iewers in "Wouter Ferns" se dop aangekom het.
Dis net jammer dat hy soos soveel kere voorheen weer my woorde probeer verdraai.
Dit maak egter nie saak hoe 'n mens met woorde speel of hoe hard die werf se kruipers my persoonlik probeer neerhaal nie, Dirk Rigter se waan dat bedorwe en wegbly stemme GEEN invloed op die getal setels vir kwalifiserende partye het nie, is bedrog!
Ek beaam "Wouter Ferns" se verduideliking as reg: "Statisties gesproke word alle partye bevoordeel deur die bederfde stemme in verhouding tot die stemme wat die partye verower het en in pas met die persentasie wat die bederfde stemme uitmaak van die totale stemme. Dirk se 1,34% berekening word aanvaar. Dit beteken die wen vir die party was soos volg: 2,6 setels vir die ANC ... 0.89 setel vir die DA."
Dankie "Wouter Ferns"
Vir diegene wat dit wel op grond van "Wouter Ferns" se verduideliking verstaan, laat ek dit net so.
Ek hoop dat Dirk Rigter ook na dese sal besef dat bederfde stemme NIE bloot in die snippermandjie beland nie!
Bedorwe stemme alleen het dus duidelik minstens 2,6 setels vir die ANC in die 2009 verkiesing bygedra.
Ja, die ideaal is steeds 'n 100% stemtotaal in enige proporsionele kiesstelsel - wyl 100% kiestotaal vir enige opposisie absoluut noodsaaklik is om die gebreinspoelde meerderheid te stuit.
Ek laat die redenasie daar en glo hier is nou genoeg fasette gelewer om die opdeel van wegblystemme en bedorwe stemme in ons proporsionele kiesstelsel te verstaan.
Dankie ook vir jou nugtere bydrae Jan Rap. Matesis is duidelik nie almal se forte nie en daar is gewis te veel Dirk Rigters wat hul bedrog daarin probeer saai.
Boeregroete,
Cornelius Henn
Hello Cornelius,
Of 'n mens daarvan hou of nie, verkiesings word gewen met stemme en dan wel met stemme wat geldig is.
Dit is die aantal voete in stemlokale wat deurslaggewend is. As jy nie deelneem nie beteken dit eenvoudig dat jy dit aan ander mense oorlaat om te besluit watter partye in die parlement verteenwoordig gaan wees.
Die nadeel van die proporsionele stemstelsel is dat daar afsnypunte is, wat eenvoudig beteken dat 'n party die minimum aantal stemme moet verwerf om 'n setel in die parlement te verkry.
In die 2009 verkiesing is 134614 geldige stemme uitgebring vir 'n aantal kleiner partye.Tog het die stemme geen setel verwerf nie, terwyl die afsnypunt vir 'n setel 35867 was.
Sou die 134614 stemme vir een party gewees het sou die party 3 setels verdien het .Dit bewys maar weer dat eendrag mag is.
'n Mens moet onthou dat die wegblystem net werk as dit meer ondersteuners van die groot party is, as die wegblystem persentasiegewys dieselfde is vir alle partye is gaan dit niks aan die verkiesinguitslag verander nie,omdat die verhouding van die stemverdeling tussen partye dieselfde bly.
Om die ANC se oormag te breek moet sy ondersteuners in groot getalle wegbly van die stembus of vir
'n opposisie party stem. Ek glo nie dat dit gaan gebeur nie en verwag dat baie van die nuwe stemmers
wel hul stem vir die ANC gaan uitbring.
Goeiedag.
Ek sou eerlik nie soos Dirk Rigter hierbo gespog het met "En toevallig is beide wiskunde én die pedagogie deel van my forté", nie.
Maar nou ja, Dirk Rigter boog nou geruime tyd met allerlei kleinlikhede en sy staat van breinspoeling soos byvoorbeeld sy klas by Hermann Giliomee ...
Siestog ...
In sy onthutste waansin spu Dirk Rigter onder meer die volgende: "Die aantal setels in die parlement word NIE VOORAF BEPAAL volgens die aantal geregistreede (sic) kiesers nie. Dis vasgelê in die Grondwet. Gaan lees tog hoofstuk 4 wat hieroor handel. Maak seker van jou feite, moenie goed uit jou duim suig nie, jy stel jouself aanhoudend in die verleentheid."
Agterna beskou, vermoed ek Dirk Rigter verwys wel dalk na Deel 46 in Hoofstuk 4 van die Grondwet.
Dit lees: 46. (1) Die Nasionale Vergadering bestaan uit minstens 350 en hoogstens 400 vroue en mans wat as lede verkies is ingevolge ?n kiesstelsel wat –(a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word; (b) op die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is (c) vir ?n minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en (d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het. (2) ?n Parlementswet moet ?n formule voorsien om die getal lede van die Nasionale Vergadering te bepaal. http://www.justice.gov.za/legislation/constitution/SAConstitution-web-afr.pdf
Die getal 400 setels, is dus nie 'n absolute of vaste komponent in die Grondwet vasgelê nie.
Die wet lees heel duidelik "Die Nasionale Vergadering bestaan uit minstens 350 en hoogstens 400 vroue en mans ..." - aldus die Grondwet, kan dit wissel!
My vraag oor HOE die 400 setels vir die verkiesing bepaal is, lees ewe duidelik in antwoord paragraaf (2) "'n Parlementswet moet ?n formule voorsien om die getal lede van die Nasionale Vergadering te bepaal".
Ek beskik nie oor die bepaalde Parlementswet nie en ook nie die formule wat die getal lede van die Nasionale Vergadering bepaal nie. Enigeen wat die werf daarin kan toelig, sal welkom wees.
Ek is egter absoluut oortuig daarvan dat die Parlementswet se formule by implikasie minstens iewers die getal geregistreerde kiesers - of selfs die hele getal burgers in die land reken.
Hoe ookal sy; die getal van 400 setels is wel as 'n vaste komponent voor die verkiesing in 2009 bepaal.
Nog 'n vaste komponent in die verkiesing is die getal geregistreerde kiesers.
Volgens Dirk Rigter was daar 23 181 997 geregistreerde kiesers- 23 181 997 / 400 = 57994.99 - dus 57 955 kiesers per setel (benaderd).
Voorts volgens Dirk Rigter, het die ANC 11 650 748 van die geldige stemme gewerf.
11 650 748 / 57 955 = 201 (benaderd)
So gereken het die ANC dus net 201 uit hul uiteindelike 264 setels met direkte stemme gewen.
Minstens 63 setels is dus proporsioneel uit wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye tot die ANC se 201 setels toegedeel.
23% van die ANC se totale setels is dus danksy wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye gewin.
Gereken aan hul 201 direkte setels, het die ANC 'n allemintige 31% aan setels uit wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye gewin.
63 setels verteenwoordig ook minstens 15% van die totaal uit 400 setels in die Parlement.
Die ANC het 50% setels gegrond op hul direkte stemtal gewin.
50%+15%=65% (65.9% sonder benadering en ook volgens Dirk Rigter se statistiek hierbo).
66% sou die ANC van 'n 2/3 meerderheid voorsien het - genoeg om die Grondwet te wysig!
Ja, dis hoe maklik jou wegblystem, bedorwe stem en stem vir 'n nie- kwalifiserende party, Prez Zuma 'n masjiengeweer om die Boere mee te skiet in die hand kan stop!
Ek hoop en bid eerklik dat my bedoeling in protes teen die nuwe/neo soort (s)linkse, "useful idiot", fundamentele, radikale, oorlogshond liberale Dirk Rigter, duideliker staan.
Dis net die DA en ANC - of te wel DANC gebreinspoelde lakeie wat die hel by implikasie van wegblystemme, bedorwe stemme en stemme vir nie- kwalifiserende partye, probeer wegsteek.
As jy met jou Afrikanerhart stem, gaan stem asseblief!
Die slimmes wat by die ZumaZille-bende kruip, kan gerus die dag vakansie neem en hulself in alles behalwe kruisies trek verlustig!
Genadiglik darem die wete dat die kanse bitter gering is dat daar 'n "Wouter Ferns" of "Dirk Rigter" iewers op 'n kieslys verskyn.
Boeregroete,
Cornelius Henn
Henn
Vanaf 1994 se verkiesing is daar reeds 400 setels in die parlement. Gaan kyk na die uitslae...Ek gee op met jou. Die Grondwet word nie elke 5 jaar aangepas nie...Ag toggie. Jy het NIE die grondwet gelees nie, of jy kan nie lees nie.
Beste Wouter,
Dit klink heel gaaf!
Ek reis ook gereeld in Centurion-area en is ewe bereid om jou by jou naaste Katolieke gemeente of kuierplek te ontmoet.
Ek bring vir jou VFPlus en Orania Beweging se aansluitingsvorms saam.
Ek gee ook hiermee toestemming aan onse Webvoete om my e-pos vir jou te stuur indien jy my direk wil kontak.
Vriendelike groete,
Cornelius Henn
Beste Cornelius
Hier is verwysings na 'n paar webblaaie wat moontlik 'n paar van jou vrae kan beantwoord.
1. http://www.idea.int/vt/countryview.cfm?CountryCode=ZA
Hier kry jy besonderhede van ondermeer die verkiesings vanaf 1994 tot 2009. Dit gee bevolkingsgetalle. Hoeveel mense stemgeregtig was, hoeveel geregistreer het en hoeveel uiteindelik besluit het om wel te stem.
2.http://www.etu.org.za/toolbox/docs/govern/elections.html
Die webblad verduidelik hoe die kiesstelsel werk.
3.http://www.pmg.org.za/political-party-representation-in-national-assembly
Die webblad gee ook besonderhede oor die kiesstelsel.
4.http://welections.wordpress.com/guide-to-the-2014-south-african-election/south-africas-political-system/
Die webblad bevat ook voorstellings oor hoe die ' Lawmaking process: the constitutional theory' werk.
Ek kon egter nie die wetgewing opspoor waarin die die formule verskyn wat verduidelik hoekom daarop
400 setels besluit is.
Ok, nader aan die datum sal ek vir Webvoet vra...