Die kwessie van twyfel

  • 5

'n Nuwe tendens onder sommige pseudo-geloofsgroepe is om 'n punt daarvan te maak dat twyfel deel is van geloof in God en as sulks aanvaar moet word as gangbaar. Tewens, daar is 'n hele beweging van kommentators en skrywers wat die twyfel-fenomeen as 'n geloofsding wil vestig. Ons dink hier aan bewegings soos die sentrum vir eietydse spiritualiteit. Hierdie is 'n groepering van mense wat, soos Izak du Plessis sê, niks weet van God nie, noem hulself gelowig, maar in dieselfde asem verwerp hulle wat in die Woord staan. Sommer 'n reeks teenstrydighede. Hoeveel weet hulle dan van God om SY opgetekende Woord te kan verwerp of selfs genoeg daarvan verstaan om dit te kan verwerp? Dié mense leef klaarblyklik 'n klug. Vir mense om só iets te kan doen, moet hulle trouens vir God baie goed ken om te kan weet dat die Woord, dit wat in die Bybel opgeteken staan, nie van Hom is nie en ook nie werklik van Hom getuig nie. Tog weet hulle niks van God nie, op eie erkenning.

Onlangs het Jean Oosthuizen met Anton van Niekerk van Stellenbosch 'n onderhoud gevoer en daartydens het Van Niekerk, wat te kenne gee dat hy 'n gelowige is, gesê dat hy oor geloof veel meer vrae het as antwoorde. Hy sê verder dat hy as teoloog baie min iets met enige sekerheid oor God kan sê as ander wie klaarblyklik tóg met sekerheid oor God kan getuig. Van Niekerk sê dat Jesus ons roep en bloot sê “volg My”, maar dit nie beteken dat mense aan 'n aantal leerstellinge moet glo nie.

Maar dié van ons wie wel vir die HERE Jesus ken, weet dat HY baie gedetailleerde leerstellings verkondig en gehoorsaamheid aan hulle verg (Mattheus 5:17-19), wat opgesom kan word in die Twee Gebooie van Liefde (Mattheus 22:37-39). HY vermaan ons tewens om nie net lippediens te doen aan SY Gebooie nie, maar om te doen wat HY van ons verwag (Lukas 6:45-48).

Maar is dit maar goed om te twyfel? Dit is so dat almal van ons op een of ander stadium getwyfel het in sekere opsigte van ons geloof. Maar is dit maar aanvaarbaar so om, soos hierdie mense vir ons wil te kenne gee, in die twyfel te bly? Klaarblyklik nie. Sou ons nie die uitnodiging van die HERE aanneem en Hom om klaarheid te versoek nie, dan gebeur dit soos met hierdie mense – hulle verval fundamenteel in hul twyfel en word self die prooi daarvan. Hulle begin dan die Woord (soos in die Bybel opgeteken) te sif en groot gedeeltes te verwerp en te vervang met hulle eie versinsels of met niks ...

Die wyse weg is om die twyfel-bul by die horings te pak en die hoof te bied. Twyfel het werklik geen voordele vir enigiemand nie en is 'n verdrietige toestand om in te verkeer. Hoe mense oor iets kardinaal belangrik soos hul geloof in God gediend kan wees om in twyfel te bly voortploeter, is onbegryplik en dui maar net op die jammerlike staat van verval waarin hul verval het sodat hulle al dink dit is maar in orde.

Die verstommende is dat die HERE as Woord van die Drie-enige God, die moeite gedoen het om in Persoon te kom – geïnkarneer - as mens uit die maagd Maria (anders was HY maar net nóg 'n mens) het om juis enersyds God, die Énigste ware God, aan ons eerstehands te kom bekendstel (Johannes 14:6-7) en andersyds, om ons van dít wat ons van Hom weghou, die sonde (wat eintlik beteken optrede wat nie met God kan harmonieer of vereenselwig word nie) finaal te kom verlos by Golgota. In dié proses het God só baie van Homself aan ons kom bekendstel. Hoe op aarde kan mense nog sê dat ons niks van God kan of sal weet nie?

Maar die HERE nooi ons om ons twyfel onmiddellik die hoof te bied deur tot Hom te nader vir klaarheid (Jeremia 33:3), want Hy het vir ons spesiaal die geleentheid en toeganklikheid tot Hom deur die Heilige Gees geskep (Johannes 14:14-16, 26; 15:26) om ontslae te raak van die getwyfel en geloofsekerheid in Hom te ontvang.

Die fenomeen van geloofsvertwyfeling word baie sterk deur die Woord afgekeur (Mattheus 11:6). Daar is baie redes daarvoor. 'n Twyfelaar kan nie in sy geloof groei nie (Jakobus 1:6-8), stagneer en kom dan mettertyd na lang regressie oor soos die klompie mense wat hier onder bespreking is – die twyfel-propageerders.

Geloofsgroei is die doelwit en bring groot bevrediging mee (Mattheus 21:21; Romeine 4:17-23). Ware gelowiges verwyder gereeld hulle berge (synde die Bybelse simbool of metafoor vir oënskynlik onoorkomelike probleme) van teëspoed en bedreiging deur gebed en 'n vaste geloof.

In die studiebybel kry ons 'n baie eenvoudige eksposisie:

“ Your faith in God Is the key to your receiving, SEED FAITH. Believing can take opposite forms. It can be faith or it can be doubt. When you believe that God exists and that He loves you and wants to meet your needs, then your believing creates faith in your heart. On the other hand, doubt is just as real. The reverse of faith, doubt tells you that God does not exist or that He is unloving and uncaring about your needs. Doubt gives rise to fear, which brings torment, not peace. Fear actually keeps you from receiving the good things God desires to send your way. Capture this truth: Doubt, and do without; with faith believe, and receive. I have said for years, “Expect a miracle!” Expectancy opens your life to God and puts you in a position to receive salvation, joy, health, financial supply, or peace of mind—everything good your heart longs for, and more!” - SFLSB, Hoofstuk 11.

Ons kry die twyfelaars jammer en hoop op hul verlossing (Judas 22).

Kobus de Klerk

  • 5

Kommentaar

  • George Bekker

    Kobus in die verlede het ek al tot die gevolgtrekking gekom dat dit beter is om jou skrywes liewer te ignoreer. Hulle is darem nou minder in getal.

    In alle liefde (en jy sal weet dat ek jou voorheen as liefdeloos beskryf het) dit pla my dat jy jou brief begin deur na “pseudo-christene” te verwys. Ek kan nie soos jy 'n teksvers aanhaal nie, maar iewers staan geskryf jy moenie oordeel nie en jy sal nie geoordeel word nie. Toegegee, daar is moderne neigings waarmee 'n mens nie kan saamgaan nie. Nogtans konsentreer ek gewoonlik op die positiewe en ignoreer die negatiewe. As jy waarsku teen voortdurende onsekerheid is dit goed, maar ek dink twyfel, by geleentheid, is eerder 'n kenmerk van 'n gelowige. Die Bybel is vol daarvan en al kan ek nie verse aanhaal nie, dink maar aan Elia en Paulus.

    Die afgelope jaar het ek meer as een keer John W de Gruche se boek Led into Mystery gelees. De Gruche is een van die min Suid-Afrikaanse teoloë wat internasionaal hoog aangeslaan word. Volgens hom is die werklike vyand van geloof nie twyfel is nie, maar 'n geloof wat onwillig is om twyfel eerlik te erken.

    Judas 22 se twyfel word in ander vertalings as “besluiteloosheid” beskryf.

  • Kobus

     
    Neem kennis wat Nobel-pryswenners van jou tipe sekerheid te sê het:
     
    "The whole problem with the world is that fools and fanatics are always so certain of themselves, and wiser people so full of doubts."
     
    Bertrand Russell
     
    Groetnis
    Thomas
  • Die vraag wat elkeen wat hom/haarself as 'n Christen beskryf moet afvra is glo jy omdat jy gesien het of omdat jy vertrou dat die Bybel God se plan bevat om deur die werk van Jesus Christus die mens weer met hom te versoen?

    Jesus rig 'n belangrike vraag aan Tomas wat sy opstanding in twyfel getrek het.

    In Johannes 20 sê Tomas in antwoord op Jesus se volgelinge dat hul Jesus gesien het; vers 25: "Nee wat dit glo ek nie. As ek nie self die seerplekke in sy hande kan sien waar hulle die spykers ingeslaan het en met my vinger daaroor kan streel en my hand op die wond in sy sy kan sit nie, glo ek eenvoudig nie wat julle vir my sê nie."

    Daar vind toe nog 'n ontmoeting plaas. Vers 27: Hy sê toe vir Tomas :"Bring jou vinger.Kyk na my hande.Kom sit jou hand hier op die wond en in my sy.Moenie twyfel dat dit regtig Ek is nie.Aanvaar dit."

    Tomas se twyfel word uit die weg geruim omdat hy gesien het.

    En wat nou van ons 2000 jaar later? Die ateïste sê, nonsens bewys dat Hy bestaan.Ek sal eers glo as jy bewys dat Hy bestaan. Beter nog ek wil self sien en voel dat dit nie net 'n kulkunsie is nie.

    Wat sê Jesus nou vir Tomas en gelowiges van vandag? Vers 28: Jesus sê vir hom: "Is jy oortuig (het jy gelowig geword) omdat jy My gesien het? Wel, die mense wat My nie soos jy sal sien nie (dit is ons) maar My tog met oorgawe sal aanvaar, gaan van geluk oorloop."

    En so bly geloof dan soos saamgevat in die Bybel A-Z: "Geloof behels dat 'n mens jou vertroue stel op dit wat Christus reeds vir jou gedoen het. Dit behels egter ook dat jy jou hoop vestig op dit wat Hy nog in die toekoms vir jou gaan doen.`Geloof werk ten opsigte van die beloftes van God in jou lewe net soos 'n transportakte ten opsigte van 'n eiedom werk: dit waarborg jou dat  jy die besitter is van God se belofte.

    Soos wat 'n transportakte geld al het jy die eiendom nog nie gesien nie,so ook God se beloftes oor al die heerlike dinge wat ons nog nie gesien het nie.

  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Hierdie bogaande bydrae van jou is nou iets waarmee mense kan werk sonder om mislei te word ...

    Thomas van destyds het gesien en geglo. Maar ons het 'n Thomas hierbo wat nie wil glo wat hy sien nie - wee hom. Watter verskriklike ontnugtering in homself gaan dit nie vir Thomas wees wanneer hy op 'n Dag in die toekoms - want dit is onafwendbaar - van aangesig tot aangesig gaan staan met die Een van Wie hy die bestaan afgemaak en gereeld gehoon het, saam met sy ewe verwaande Nobel-held, die reeds oorlye Bertrand Russel. Miskien sal hul albei dan gou-gou die Nobel-prys wil uithaal om die HERE mee te beïndruk en vind dat dit so nutteloos is, so ingrypend tekort skiet ...

    Arme twyfelaars. Mag hulle verlossing bekom en die wat  nie meer kan nie, genade sal vind.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top