Die grootste karakter in wêreldletterkunde

  • 17

“Beslis Don Quijote,” sê my braaivleisvriend, John, toe ek nou die aand die vraag vra. “Hy het ten minste die moed gehad om windmeulens aan te val,” probeer hy om sy antwoord te motiveer.

“Scarlett O’Hara,” meen Andy. ? Mens kan sommer sien waarom, want die plooie sny al diep in sy wange. Almal lag lekker terwyl hy in sy Skotse baard brom: “If ye don’t agree, I don’t give a damn.”

“Jesus Christus was die grootste karakter ten alle tye,” beweer Pete met oortuiging. “Hy is die bekendste van almal en is so oortuigend deur die evangelieskrywers geskep dat almal dink hy het werklik bestaan.

“Niemand kan Shakespeare klop nie. Hy het ten minste vyftig karakters wat bo aan die lys moet wees, maar ek stem vir Hamlet,” sê Jane wat haar by ons mans kom aansluit het om die braaivleis vuur.

“Spiderman,” gil klein Johnnie, John se oudste.

“Vir my sal dit maar altyd wees. Die simbool van niks, die draer van goeie sowel as slegte nuus. Geen een van die ander vyf-en twintig letters van die alfabet kan so baie met so min verrig nie, hoe jy hulle ook al skryf of inkleur,” beweer Paul die filosoof.

Vir my is dit moeilik om te kies tussen Big Brother, God en Humpert Humpert.

Groete,

Angus

  • 17

Kommentaar

  • Hello Angus, 

     
    Hierdie was 'n brief wat ek baie geniet het, baie dankie daarvoor. 
     
    Synde jy die Afrikaans vir my moontlik gemaak het, ja ek hou ook van Don Quijote, of dan in Engels, "the knight of the sorrowful countenance", en moet ek my empatie met hom erken en dan die gepaardgaande sagte plekkie wat ek vir hom het. Ook is dit verstommend hoe "vars" hierdie verhaal van 400 jaar oud is. 
     
    Wat die karakters van Shakespeare is ek dit eens met Jane, Hamlet, sonder enige twyfel, maar stem ook vir die idee dat meer as 50 uit die werke van Shakespeare gevind kan word. 
     
    Indien die lys dan uitgebrei word, definitief, Falstaff, Richard III en Rosalind en Beatrice en my finale karakter uit Shakespeare se werke, Shylock uit "The Merchant of Venice". 
     
    Maar wat van Holofernes uit Love's Labour's Lost en hoe kan Prospero & Caliban vergeet word en King Lear. 
     
    Moet dan seker hier stop. 
     
    Die karakters behalwe vir hulle lewe op papier word vir my (nog meer) werklik in 'n goeie film en lig ek 'n paar uit: 
     
    Hamlet soos uitgebeeld deur Kenneth Branagh maar wat dan van sy onlangse Macbeth? 
     
    Falstaff het vir my lewendig geword met Simon Russel Beale. Nou een van my gunsteling akteurs. 
     
    Richard III wat deur Sir Ian McKellen met sukses vertolk as 'n uitbeelding van Hitler se Derde Ryk. 
     
    Indien hierdie verplasing aanvaar word, dan is Ralph Fiennes se Coriolanus 'n moet en hoe Ralph Fiennes, Coriolanus, lewe gegee het, in die konteks van "Occupy Wall Street" en die debat oor ongelykheid. 
     
    Beatrice, natuurlik net, Emma Thompson. Spitsvondig en intelligent in eie reg. 
     
    Nabokov se Humbert Humbert, sonder enige twyfel, so moeilik soos die onderwerp ook al mag wees en hoe ongemaklik Humbert Humbert jou ook al laat. 
     
    Claudius uit I, Claudius van Robert Graves. (Hoe het hy ooit oorleef). 
     
    The "Wife of Bath" uit "The Canterbury Tales" van Geoffrey Chaucer. 
     
    'n Paar karakters uit Samuel Beckett se toneelstukke, nie soveel uit "Waiting for Godot" nie, behalwe vir Lucky, maar wel "Endgame", en dan Nell, Nagg, en Hamm & Clov. 'n "disfunctional" verhouding se bloudruk. "Ek loop nou, ek bly". 
     
     'n Deel van Lucky se dialoog: 
     
    "Given the existence as uttered forth in the public works of Puncher and Wattmann of a personal God quaquaquaqua with white beard quaquaquaqua outside time without extension who from the heights of divine apathia divine athambia divine aphasia loves us dearly with some exceptions for reasons unknown but time will tell...."
     
    Nou wanneer ek 'n stortvloed hoor van die(sogenaamde) werklikheid van goddelikheid, dan hoor ek "personal God quaquaquaqua with white beard quaquaquaqua" en moet die poging van Nell, Nagg, Hamm & Clov om te bid nie vergeet word nie en hoe dit sonder enige sukses eindig. 
     
    'n Teenpool tot bogenoemde, Reverend Ames, wat die stille vrede van geloof bevestig, in Marilynne Robinson se Gilead. 
     
    Nog 'n teenpool, George Herbert as spreker in sy gedigte. (Love bade me welccome). 
     
    Ander:
     
    Vergil in "The Death of Virgil" van Herman Broch. 
     
    Nie heeltemal 'n karakter nie, maar Giacomo Leopardi in sy "dagboek", Zibaldone, 4500 bladsy en sal ek dit sekerlik nooit kan klaar lees nie.  
     
    Dante in "The Divine Comedy".
     
    Montainge in die "Opstelle". (Wys)
     
    Philip Roth verweef in die meer as 30 boeke wat hy geskryf het en verduidelik is in Roth Unbound van Claudia Roth Pierpont. 
     
    Die verteller in Danube van Claudio Magris. (Wys)
     
    Abel Tiffauges in The Erl-King of "The Ogre" Michel Tournier. (Magiese figuur)
     
    Orlando van Virginia Woolf in "Orlando: A Biography". (Nog altyd 'n fassinering gehad met vloeibaarheid van geslag).
     
    Nora Marie Eldridge in The Woman Upstairs van Claire Messud. (Soms het 'n mens 'n rede om kwaad te wees vir die lewe - of so voel dit).  
     
    Gulliver? (Bewerk jou tuin). 
     
    Dan ander karakters waarvan ek hou en 'n refleksie op my persoonlikheid is en sal die wat die karakters ken 'n gevoel van my persoonlikheid ook kry, synde die aangetrokkenheid wat ek tot die karakters voel en hoe ek een met hulle voel. 
     
    Hans Castorp uit "The Magic Mountain" van Thomas Mann. 
     
    Ulrich uit "The Man Without Qualities" van Robert Musil. (My absolute gunsteling)
     
    Bernardo Soares van Fernando Pessoa in "The Book of Disquiet". 
     
    Die verteller van "In Search of Lost Time" van Marcel Proust.
     
    Maurice & Scudder van E. M. Forster se Maurice. 
     
    Hans van den Broek in Netherland van Joseph O'Neill. 
     
    My perfekte vrou en daarom dan 'n karakter soos ingekleur deur myself indien ek "straight" was, Zadie Smith. 
     
    Bogenoemde dan die wat ek wil uitlig. 
     
    Laat jou wens vir weke in hulle geselskap. 
     
    Dan moet flieks nog ondersoek word, TV, skilderkuns....
     
    Hierdie was dan my laaste kommentaar, daar moet gelees word....
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Net 'n korreksie, in die plek van Gulliver, moet dit lees, Candide, maar het Gulliver nog steeds 'n plek op die lys van die grootste karakters ooit. 
     
    In die kommentaar wat voor hierdie kommentaar geplaas was, was daar verwys ma die gebed van Nagg, Hamm en Clov en wil ek dit graag plaas. 
     
    Maar eers 'n bietjie agtergrond. 
     
    Die begin van jaar het ek 'n versameling van DVD's ingevoer, soos "La Grande Bellezza", "Ma Vie en Rose", "A Separation", "Blue is the warmest Colour", "Amour", "Hannah Arendt", "Fanny And Alexander" en nog 'n paar ander, elkeen van hulle volgens my mening, 'n meesterstuk. 
     
    Die een waarna ek die meeste uitgesien het, was "Beckett on Film". 
     
    Hierdie is heel gepas, aangesien elke film in die lys, 'n uitsonderlike karakter na vore laat kom en 'n aanduiding gee van sterk karakters wat in film gevind kan word. 
     
    ep Gambardella in "La Grande Bellezza", fassineer. 
     
    Ludovic in "Ma Vie en Rose", het my weemoedig gelaat, 'n sewe jarige seun wat graag 'n dogter wil wees, hoe kan jou hart, hard bly na die kyk daarvan. 
     
    "A Separation", "Blue is the warmest Colour", "Amour", nog nie gekyk nie, werk nog eers deur die lys. 
     
    "Hannah Arendt", is so goed soos ek verwag dit gaan wees. die verhoor van Eichman en die banaliteit van die bose en Barbara Sukowa as Hannah Arendt, intelligensie vergestalt.
     
    Alhoewel ek net van kinders hou as 'n abstraksie, sien ek uit om "Fanny And Alexander", te kyk en is dit seker ook twee kinders wat op die lys van karakters geplaas kan word. 
     
    Dan uiteindelik, Beckett on Film, van dit kan gevind word op Youtube, wat my seer laat na al die Ponde wat ek betaal het vir dit.  
     
    Een wat ek wil uitlig, is Play, en kan hier gevind word:
     
     
    Met karakters, W1, W2 & M
     
    M: "God, what vermin women". 
     
    W2: "Are you listening to me?. Is anyone listening to me?. Is anyone looking at me? Is anyone bothering about me at all". 
     
    Dus, Beckett se karakters as 'n groep en wat 'n groep is hulle nie. 
     
    Vat Estragon wat Waiting for Godot so open: 
     
    "Nothing to be done"
     
    Vladimir wat antwoord:
     
     "I'm beginning to come round to that opinion. All my life I've tried to put it from me, saying Vladimir, be reasonable, you haven't yet tried everything. And I resumed the struggle".
     
    Is dit nie? (kry my deur die dag- is dit redelik om nou tou op te gooi?)
     
    Beckett en god, wat om te doen daarmee? 
     
    ESTRAGON:
     
    What exactly did we ask him for?
     
    VLADIMIR:
     
    Were you not there?
     
    ESTRAGON:
     
    I can't have been listening.
     
    VLADIMIR:
     
    Oh . . . Nothing very definite.
     
    ESTRAGON:
     
    A kind of prayer.
     
    VLADIMIR:
     
    Precisely.
     
    ESTRAGON:
     
    A vague supplication.
     
    VLADIMIR:
     
    Exactly.
     
    ESTRAGON:
     
    And what did he reply?
     
    VLADIMIR:
     
    That he'd see.
     
    ESTRAGON:
     
    That he couldn't promise anything.
     
    VLADIMIR:
     
    That he'd have to think it over.
     
    En so aan en so aan, indien die misverstand tussen god en godot aanvaar word as 'n redelike een.
     
    Dan die uiteindelike gebed, nou 'n werklike gebed, Nagg, Hamm en Clov probeer: 
     
    HAMM:
     
    Let us pray to God.
     
    CLOV:
     
    Again!
     
    NAGG:
     
    Me sugar-plum!
     
    HAMM:
     
    God first!(Pause.)Are you right?
     
    CLOV (resigned):Off we go.
     
    HAMM (to Nagg):And you?
     
    NAGG (clasping his hands, closing his eyes, in a gabble):Our Father which art—
     
    HAMM:
     
    Silence! In silence! Where are your manners?(Pause.)Off we go.(Attitudes of prayer. Silence. Abandoning his attitude, discouraged.)Well?
     
    CLOV (abandoning his attitude):What a hope! And you?
     
    HAMM:
     
    Sweet damn all!(To Nagg.)And you?
     
    NAGG:
     
    Wait!(Pause. Abandoning his attitude.)Nothing doing!
     
    HAMM:
     
    The bastard!! He doesn't exist.
     
    CLOV:
     
    Not yet.
     
    Net soos Shakespeare, dan 'n verskeidenheid van karakters het waaruit geput kan word, soos Iago, wat ek nie ingesluit het, het Samuel Beckett net so 'n verskeidenheid van karakters wat as 'n groep dalk, in die geheel moet opgeneem word. 
     
    Na die aanvanklike kommentaar, nog 'n paar karakters wat op die lys van grootste karakters ooit geplaas moet word. 
     
    Dorothea Brooke, Middlemarch van George Eliot. 
     
    W.G.Sebald in sy verskeidenheid van boeke?. 
     
    Lydia Davis in haar stories? 
     
    Adolphe. 
     
    Geoffrey Braithwaite in Flaubert's Parrot? 
     
    Daar is hope, maar is dit nie 'n plesier nie, en stop ek hier, want soos verwag kan word, dink 'n mens kort, kort aan nog iemand wat 'n mens op die lys wil sit.
     
    Jane Austen se karakters. (ek het net te lanklaas Jane Austen gelees of gekyk). 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    Het Niekie van den Berg ook nou in 'n karakter in die wêreldletterkunde ontaard?

    http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Niekie-van-den-Berg-Ek-is-soos-Bart-Nel-20140328

    Die pyn hier is eintlik hoe  die kampioen van goedhartigheid, Don Quixote, 'n Spaanse edelman en brawe ridder se denkbeeldige avonture wat hy in sy woestynagtige tuiste La Mancha aangedurf  het, in 'n geykte cliché tot "windmeul aanvaller" gereduseer word.

    Diegene wat wel die verhaal ken sal stem dat Don Quixote in sy antieke beskermingsdrag saam 'n plaaslike werker, Sancho Panza, se romantiese avonture ter verdediging van alles goed en reg in die wêreld veel verder strek as die enkele insident toe hy 'n windmeul as 'n vyand misken het.

    Punt is; daar is kleuters wat selfs meer omtrent Don Quixote se misies en stand van dapperheid weet as om hom hoegenaamd so eng in sy slag met 'n windmeul te ken.

    Mag Jesus Christus onse HERE, self die fiksie/mite omtrent GOD se liefde en genade, 'n werklikheid in 'n ieder se hart maak.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Don Quixote se intensies was goed en hy 'n goeie man, daarom die deernis, sonder enige twyfel, net so 'n komplikasie met die gevolge van die "perfekte" goeie mens in die samelewing het is sekerlik  Prince Myshkin.

  • Beste Cornelius,

    As Kobus sê: "Ek is soos Jesus Christus," wil dit nog nie sê hy wat Kobus is, is 'n fiktiewe karakter nie.
    Almal ken die idioom "hy het 'n klap van die windmeul weg," maar slegs diegene wat die karakter Don Quijote ken weet waar dit vandaan kom. Ek verkies Don Quijote bo die Engelse Don Xuixote. 
     
    Vir my is die roman 'n goeie voorbeeld van hoe die mens die werklike met verbeelding kan verwar. Daarom is Don Quijote 'n goeie voorbeeld van 'n goeie Christen.
     
    Groete,
    Angus
  • Jan, moenie die volgende manne en mannin (vrou) vergeet nie. Vonk de Ridder die Ruiter in swart. Mark Condor. Rocco de Wet Die Grensvegter. Tessa en natuutlik dr Conrad Brand. 

  • Zeno Cosini - Zeno's Conscience van  Italo Svevo (die laaste teug van die laaste sigaret en die sielkundige implikasies daarvan)

     
    Bartleby (the scrivener) van Herman Mellville maar dan verkies ek om dit nie te doen nie
  • Beste Wouter,

    Dankie, ek twyfel baie sterk of ek ooit by al jou karakters gaan uitkom. Ek weeg nog aan Gibreel Farishta, Winston Smith of dalk is dit nog Napoleon van Animal farm-faam. Of is dit dalk nog Max Havelaar? 
     
    Groete,
    Angus
  • Wouter

    Phew! Ek verwonder my dat jy so baie boeke in 'n week kan lees.  Het jy ooit tyd vir 'n sosiale lewe ook?

  • Hello Jaco, 

     
    Eers moet ek met 'n geheim begin. 
     
    Jare gelede het ek twee boeke gelees, wat anders was as enige boek wat ek tot op daardie stadium gelees het. 
     
    Dit was Harold Bloom, "The Western Canon" en George Steiner, "No Passion Spend"". 
     
    Daardie twee boeke het my lewe verander, Harold Bloom het my 'n leeslys gegee, wat die fondament van my biblioteek was en is. 
     
    Ek het ongeveer elke boek op die lys gekoop, ongeveer 3000 werke en gelees soos dit moontlik was, gegewe die tekort aan tyd, maar die biblioteek is daar en wag vir my aftrede ook en hierdie is van die karakters wat ek kan onthou, op 'n lukrake manier, soos die week aangaan wat vir my uitgestaan het en dan die wat ek ontdek het buite Harold Bloom se lys. 
     
    Die George Steiner, alhoewel sy werk nie 'n lys bevat nie, is dit so vol verwysings, dat ek nou nog daaruit put.
     
    Maar hierdie spreek net letterkunde aan, en is daar die ryk veld van films ook, en 'n voorbeeld soos wat ek die naweek gekyk het as deel van die stel DVD's wat ek onlangs ingevoer het, is Ingmar Bergman se Wild Strawberries en Professor Isak Borg as 'n karakter of die ma en pa in Tokyo Story van  Yasujir? Ozu 
     
    Hierdie het dus op 'n plesier van my wat ek met die vraag van Angus ontdek het vir my openbaar. 
     
    Hierdie is dus nie die week se lees nie, maar het die vraag van Angus tot gevolg gehad, dat ek begin wonder het oor die karakters in skilderkuns ook, en kon ek die naweek Laura Cumming, A Face tot the World, On Self-Portraits, wat begin om daardie vraag te antwoord, "karakters" soos Albrecht Dürer, Rembrandt, Diego Velázquez, Caravaggio, maar soos alreeds aangedui film ook, en dan is ek sekerlik soos Professor Isak Borg wat sy verhaal open soos volg. 
     
    "In our relations with other people, we mainly discuss and evaluate their character and behaviour. That is why I have withdrawn from nearly all so-called relations"

     
    So tragies is dit nog nie wat my betref nie, Daar is egter wel 'n fassinering vir die optrede en karakter van die skeppings wat kuns bied en bied dit die moontlikheid tot diep ondersoek wat intellektueel stimulerend is en het ek gehoop meer sou hulle karakters lys. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Angus, 

     
    Daarvoor het ons 'n leeftyd kans. Salman Rushdie is op my lys, en sal ek seker by sy werke kom oor tyd. Ek is met jou wat Winston Smith betref, maar het nog nie Animal Farm gelees nie, en het slegs van Max Havelaar gehoor van Pieter Redelinghuys af.
     
    Maar hierdie vraag van jou, het ek geniet, baie dankie daarvoor. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Wouter

    Nogmaals.  'n Vraatsug vir boeke soos min.  Dit het beslis jou lewensvisie heelwat verbreed wat ek benydingswaardig vind.

  • Baie dankie Jaco, dit kan indien 'n mens dit toelaat om jou lewensvisie te verbreed. 

     
    Terwyl ek met jou praat, as deel van die DVD's wat ek ingevoer het was daar 'n gay movie ook, "Weekend", van Andrew Haigh, met twee nuwelinge in die hoofrolle, Tom Cullen & Chris New as Russell & Glen onderskeidelik.
     
     'n Gay film wat "uiteindelik" die onderwerp van gay verhouings intelligent aanpak en uitbeeld. 
     
    Kyk of jy dit dalk sien in die winkels, hetsy om te koop of om te huur, dalk tref dit DSTV met tyd. 
     
    Dit is werklik die moeite werd om te kyk.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top