b’gin by B’gin

  • 0

vind Mens soms Mens Self, tjoepstil, stomg’slaan,
wonn’rbaarl’k hoe v’rgew’nsg’sind Mens k’n wees,
jamm’rl’k, Mens w’t veeldimensie-waarheid vrees,
aysh, Paradysv’rlange, sowaar, glattie meer b’staan

“isiBhulu”, ’t staat so in isiXhosa, pejoratief,
maak selfs Mens se Muse seer, ja, Sy sweer,
is iets wat “Duiw’lspiek”-siek-slagoff’r keer,
weg t’ka’ kô, yt sup’rstruktuurg’weldsong’rief

ou arme via neo-ryke vol b’lofte g’blaas,
kanti, “Mies”-’n-“Baas” wys wie’s baas

ver-regse woordterreur nie meer nod’g,
ver-linkse krete nu hol, eintl’k oorbod’g

Mens aaire v’r Herwinn’ng, G’wete S’n,
dan b’gin Mens mos mooi, by ’n B’gin

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top