apartheidsgraf

  • 0

(vir die skedelmuseumgidse in Rwanda)

b’twiekst korrek ’n foutief loop ’n ravyn, skeur, kloof,
Mens’t mos Mens Self als w’t goed zijn, g’trou b’loof,
gaat meerd’rheid m’t geen volksmoord ooit akkoord,
kanti, Homo v’n Self banja lief, v’r “Self”, asse woord

aysh, Self-d’struksie, disse onomkeerbaar proses,
bourgeois’t g’n idee, waar is “Oos”, waar is “Wes”,
waar’m onskuld’ge onskuld’g moet swaarkry, sterf,
hoek’m Mens nu onkund’-ontkenn’ngskunde oorerf

Herwinn’ng v’n G’wete, Inplant’ng, Transformasie,
Lewe Twee, Utopia, v’r Ew’g, Paradys, Xanadu, Jena,
al’t niemand ooit voorheen v’rneem, re Qhamatha,
b’dryf “Duiw’lspiek”-sieke, submissief, demonisasie

ganse Skepp’ng wil weet waar lê Vryheid,
hoe kô Mens byrie graf yt, v’n apartheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top