Antwoord op Jaco se brief van gister

  • 1

Naand Jaco

Jy’s alweer met misleiding besig; jy maak asof ek op die seepkis geklim het en Dan se goeie hoedanighede besing het. Dit is nie die geval nie (nie dat ek beswaar sou hê om so iets te doen nie; Dan is reklame werd), ek het gesê Dan is ‘so pro-aktief dit pyn’ in antwoord op jou gekerm oor Dan wat nou niks pro-aktief sou doen nie. So, wat ek gesê het was in reaksie op jóú aanhoudende geteem.

Wat die lys betref, die ‘lange’ nogal, wat jy wil hê: Ek ondersteun Dan, nie noodwendig omdat daar ‘n lang lys van sy goeie hoedanighede is nie, maar omdat ek akkoord gaan met waarvoor hy staan. Maar as jy dan nou ‘n lang lys wil hê, gaan na sy webwerf toe; daar sal jy ‘n ellelange lys kan saamstel oor wat hy gedoen, gesê en geskryf het. Miskien moet ek sê gaan wéér na sy webwerf toe want jy het al in die verlede hier skakels geplaas na een of twee oulike goed wat jy daar raakgeloop het.

Jy kla weer, vir die hoeveelste maal, oor Dan nie militêre diens gedoen het nie. Dan was destyds liberaal, soos Max du Preez byvoorbeeld. Dan het intussen die kat uit die boom gekyk en hy is nie meer verkramp nie (soos jy weet beteken ‘verkramp’ die dra van oogklappe, stroomaf dryf en in ontkenning lewe). Max moes intussen agtergekom het hy het hom vir ‘n sirkus beywer (hy’s tog nie so naïef om dit nie te weet nie) maar dit ontbreek hom aan die morele moed om uit die verkrampkas te klim.

Dit ontbreek Dan Roodt nie aan morele moed nie, ook nie mannemoed nie. Selfs die politieke kommentator Harald Pakandorff het hom op ‘n kol as vreesloos bestempel, sy presiese woorde was “die man is absoluut vreesloos.” Jy kan met sekerheid aanvaar dat hy nie weens lafhartigheid militêre diens ontduik het nie maar omdat hy destyds dieselfde sienings as mense soos Max, AP Brink en Breyten Breytenbach gehad het.

Jy sanik steeds oor hy aan ‘n buitelandse universiteit studeer het. Is jy net so ontevrede oor Jan Smuts, Hendrik Vewoerd, Franklin Sonn, Lindiwe Mazibuko, Harald Pakendorff, André P Brink, Ton Vosloo, Koos Bekker en Breyten Breytenbach, om nou maar net enkeles te noem, aan vreemde universiteite studeer het? Jy dink nie swaer.

Jy kla ook oor Dan ‘n beswaar het dat Afrikaanssprekendes hulle kinders in Engelse skole sit. Het jy nie ook beswaar nie; dis mos gedienstigheid by uitstek? Hoe werk jou kop? Ek was nooit in ‘n Engelse skool nie maar het dit as vak op skool gehad en ek kan redelik goed Engels praat. My aksent is nou wel nie die Oxford ene nie maar watter ordentlike Afrikaner wil nou soos ‘n Engelsman klink?

Jy reken Dan is ‘n verleentheid vir die Afrikaner. Dit is net mooi andersom; hy is van die wat wys daar is nog Afrikaners met fut. ‘n Verleentheid vir die Afrikaner is die meelopers, agterryers, kompromiste en stroomafdrywers (na my mening) soos Piet, Pierre, Max, Antjie, Anton, Adriaan, daai hele ou spul.

Soos ek hier vir jou antwoorde gee kry ek telkens die gevoel van déjà vu; ek het hierdie goed al tot vervelens toe geantwoord en kyk nou mooi, nie lank nie of jy teem weer dieselfde deuntjie.
Kom ons kyk na jou redes hoekom jy Dan so verpes:

Hy mislei mense volgens jou maar jy sê nie waar, volgens jou, lieg of mislei hy nie. Jy spreek dus bloot ‘n persoonlike mening uit.
Jy sê hy’s ‘n verleentheid, weer eens ‘n blote mening van jou want die werklike mense vir wie die heersers in die mou lag is die agterryers en meelopers.
Jy kla oor hy in Frankryk studeer het (maar baie van die wat jy nooit sal kritiseer nie het ook in die buiteland studeer).
Jy kla oor die feit dat hy daardie voor-op-die-wa klein drol met die pop opsy geveeg het. Hoe kan jy daaroor kla? Jy moet kla oor die magistraat wat nie sy werk gedoen het nie. Dan het geweldige selfbeheersing aan die dag gelê; die gewone mens (vrouens ingesluit) sou, soos hulle in studentetaal sou sê, die klein stront straight gemoer het.
Jy kla oor hy teen die feit is dat Afrikaners hulle kinders in Engelse skole sit maar watter denkende Afrikaanssprekendes sal nie beswaar teen hierdie absurditeit hê nie?
Jy kla oor hy ‘n ‘volkstaat predik’. Jaco, die hele wêreld is vol volkstate. Wil jy nou rêrig vir my sê jy geniet dit om tussen, en saam, met mense te bly wat jou openlik afjak en verguis; jou mense op plase vermoor en jou taal probeer vernietig?

Jou redes is flou ondeurdagte persoonlike menings. Soos ek jou al voorheen gesê het, julle, die wat Dan Roodt so verpes, is teen hom omdat hy julle as kompromiste, meelopers, stroomafdrywers en patete ontbloot. Dit is vir meelopers onhoudbaar, die wat sommige van julle so ver gaan as om hom tronk toe te wil stuur.

Skrik wakker.
Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan

    Ek gaan nie vele woorde en tyd mors aan jou gegorrel hierbo wat 'n geval is van "much time and words wasted about nothing".

    Net die volgende observasies:

    Aangesien Rooi Daantjie se rubrieke nêrens pro-aktiewe optredes vir die Afrikaner bevat nie, is dit onmoontlik om sodanige lys te kan opstel, die dat jy dit nie doen nie.

    Jou lys bekendes wat hulle opleiding aan non-Afrikaanse instellings voltooi het, het nie dubbele standaarde gehandhaaf, deur ander Afrikaners te verkwalik omrede hulle dieselfde gedoen het nie soos wat Rooi Daantjie doen.  Nie soos jy nie, het ek geen beswaar dat Afrikaners hulle kinders in Engelse of andertalige instellings plaas nie. Dit het niks met my of jou te doen waar hulle verskies om hulle kinders te plaas nie.

    Die feit dat Rooi Daantjie 'n verleenheid vir die Afrikanerdom is, het ek reeds feitlik in 'n vorige respons uitgestippel,en gaan dit  nie hier herhaal nie.  Dieselfde geld vir sy dienspligopleiding se ontduiking. Indien jy nie weet waar dit is nie, lees die volgende skakel om jou geheue te verfris: https://www.litnet.co.za/Article/brief-vir-jaco-oor-dan-roodt

    Mbt  misleiding:  Rooi Daantjie se stelling in die Pretoria tot Port Elizabeth volkstaat model dat blankes reeds 'n 40% besetting het, waar daar feitlik gemiddeld net 'n 16% besetting is, dien as voorbeeld van vele.

    Mbt Volkstaat:  Selfs Rooi Daantjie se gor is uit daaroor, die dat hy die afgelope jaar daaroor tjoepstil is.

    Jy is die een wat Rooi Daantjie tot in "cloud 9" ophef, en wanneer ek hom tot op grondvlak terugklap, dan volgens jou is ek besig om oor hom te KLA!  Aai maat. Wees realisties vir eens in jou lewe.

    Die feit dat jy die draad van jou vorige skakel se response onderbreek met hierdie aparte skakel, dien as bewys dat jy oor daardie response verleë is, en wil leser-aandag eerder daarvan aftrek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top