Anti-gays wat ek bewonder

  • 8

Daar is twee anti-gay manne wat ek nie kan help om te bewonder nie.

Robert Mugabe:  ‘n Man 90 jaar oud wat jonger en gesonder voorkom as selfs Jacob Zuma.  ‘n Man beginselvas, ten spyte daarvan dat blankes die onderspit ondervind van hierdie beginselvastheid.  Op soortgelyke ouderdom, het Nelson reeds gelyk asof hy een voet in die graf is, en kunsmatig aan die lewe behou was. Robert loop fier, goed geklee, sy voorkoms aristokraties fyn, sy Engels manjifiek.

Vladimir Putin:  60 Jaar oud, lyk soos ‘n man van 40. Die 40-jarige Ukraine president lyk selfs ouer as hy.   Hoogs intelligent, fisies sterk gebou, goed geklee,  buitelig sportief, ‘n gebore leier, ‘n uitstekende strategis.

Omrede ek hierdie manne bewonder vir die eienskappe hierbo uiteengesit, beteken nie dat ek hulle optredes goedkeur nie.

Jaco Fourie

  • 8

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Jaco,

    Ek glo nie een van die twee "helde" wat jy hier noem is juis fanties anti-gay nie.

    Oom Bob is veel eerder net so anti-Brit soos onse Oom Paul destyds - alhoewel Oom Bob nie in al nege sy lewens Oom Paul se skadu sal raak nie!

    Vladimir Putin is eerder pro-konserwatief as anti-enigiets ... (Putin herinner half aan onse Doktor Verwoerd).

    Ek dink hul anti-gay beginsels skyn waarskynlik by implikasie te wees en nie 'n soort fundamentele haat wat 'n mens by Bybelaanbidders sou lees nie.

    Nietemin, jou openlikheid verdien ewe bewondering.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Cornelius

    Beide Mugabe en Putin het onderdrukkende anti-gay, met swaar strawwe, wetgewing in hulle onderskeie lande in werking gestel.

    Dankie ook vir jou respons

  • Beste Jaco

    Dit is vir my nogal verbasend dat jy twee manne bewonder wat glo dat mag uit die loop van 'n geweer kom.
    Veronderstel nou ons Oom Bob het 'n weermag tot sy beskikking gehad soos die van Putin.

    Dan het ons vandag hier plaaslik met 'n groot probleem gesit want as die ongeveer (net beraming)
    3 miljoen van sy mense begin kla oor die behandeling wat hul hier van die plaaslike inwoners kry, het hy ala Putin 'n groot deel  van Suid-Afrika geannekseer, onder die voorwendsel dat sy mense selfregering soek.

    Dan het die Suid-Afrikaanse regering soos die Weste ook baie gepraat en gedreig met sanksies en een noodvergadering na die ander belê, terwyl Oom Bob hom net soveel steur soos Putin  aan die geblaf van keffertjies.

  • F C Boot

    Ek het hierbo in my brief afgesluit deur te sê:  "Omrede ek hierdie manne bewonder vir die eienskappe hierbo uiteengesit, beteken dit nie dat ek hulle optredes goedkeur nie"

    Inteendeel, ek keur Bob se optredes geensins goed nie, ook nie Putin s'n nie.  Ek beskou altwee as vyande in waardes waarin ek glo.  Net soos 'n ruby speler wat in jou opponeerende span besonders goed uitblink, en jy jou nie kan help om hom te bewonder nie, soortgelyk sien ek die twee in daardie lig.

    Bv. Die strategiese wyse waarop Putin die Ukrain benader is uitmuntend.  Met net een lewensverlies tot dusver en met min militere arsenaal en min finansiele uitgawes as gevolg van sy toetrede tot die Ukraine debakel,  is hy ooglopend besig om die hele Weste asook die Ukrainiers te uitoorle. Vergelyk Obame met Putin in die Ukraine geval. Putin staan kop en skouers bo Obama, selfs met Obame se ondersteuning van Merkel, Hollande en Cameron.

    Putin is besig om die Ukraine in die openbaar eina te kastreer, sonder dat hulle en hul vriende enigiets werkliks punitiefs daaromtrent kan doen.  Die sanksies is vir Putin maar net  soos 'n lastige muskiet.

    In teenstelling, vergelyk die VSA te benadering tot Irak, Afganistan, Korea, Vietnam, ens.  Geweldige militere arsenaal en hewige finansiele uitgawes, plus honderde duisende lewensverliese albei kante toe.

    Tuis is Putin 'n diktator wat die Duma (parlement) en die bevolking om sy pinkie draai, en nieteenstaande, is sy populariteit onder die Russiese bevolking  veel hoer as selfs Obama s'n in die VSA.

  • Beste Jaco

    DIt is die probleem. Hoe meer hierdie mense bewonder word, ook deur gewone mense, hoe arroganter word hulle, todat hul die punt bereik dat hul reken dat hul bo alles, selfs die wet , ook internasionaal, verhewe is.

    Selfs sommige rugbyspelers soos Jannie du Plesssis het die punt bereik waar hy vir skeidsregters vertel
    dat hy kort mag bind, al die ander  vaskoppe moet lang bind aan die loskop se blad, maar hy wat Jannie is
    het glo toestemming om kort te bind, gewoonlik aan die boarm of armholte.

    Dat hy menig keer die oorsaak is dat loskoppe na binne toe skrum, hul arm word afgetrek, en dan gestraf word kan ondersteuners min skeel, solank hul span wen, want dit is al wat tel.

    Erens op die web is daar 'n video op 'n supersport kanaal waar Nick Mellet en Naas Botha die geval
    bespreek. Luister maar wat Nick te sê het.

    Die man het die arme skeidsregters al so geintimideer dat min van hulle sal waag om hom te blaas. Bang dat hul
    ook 'n bekvol sal kry.

    Putin se optrede en arrogansie hou 'n groot gevaar in vir Europa, want sulke mense hou nie op nie, totdat
    hul met ewe veel geweld gestuit word.Een van die baie redes waarom Hitler Poland binnegeval het omdat hy die Jode wat daar gewoon het wou beskerm. Putin klink in die opsig net soos Hitler.

  • F C Boot
    .
    Ek en jy verskil mbt gesindheid.

    Daar was gedurende WOII 'n Duitse vlienier wat 'n reputasie opgebou het vir die groot getal Britse vlieniers wat hy afgeskiet het.  Sy bynaam was Baron iets of die ander wat ek nie meer kan onthou nie.  Selfs die Britte het hom bewonder.

    Shaka was 'n monster teenoor sy onderdane in vergeleke met Dingaan.  Shaka word bewonder waar Dingaan in teendeel, selfs vandag, word verafsku. Geen strate of lughawens word na hom vernoem nie.

    Napoleon, Britse aartsvyand word vandag bewonder deur die Britte.  Hitler en Stalin vir hul afgryse sal nooit bewonder word nie.  Gendis Khan en Tamerlane, met net soveel afgryse as Hitler  en Stalin, word vandag bewonder.

    Die verskil?  Diegene wat bewonder word, word bewonder vir hul impak op die daaropvolgende geskiedenis van die mensdom, veral waar dit uiteindelik positiewe resultate opgelewer het.  Diegene wat verafsku word, word verafsku omrede na hulle afsterwe of ontsetting, hulle lewensbeskouinge saam met hulle te sterwe kom.

    Die ongeluk met baie Afrikaners is dat hulle mense uitsluitlik meet insoverre hulle die Afrikaner aangetas het, om te bewonder of  te verafsku.  Emily Hobbhouse word bewonder vir wat sy vir die Afrikaner gedoen het, Lord Kitchener word verafsku, ook vir wat hy aan die Afrikaner gedoen het.  Inteendeel.  Die man het net sy "job" gedoen, en daarop behoort hy eintlik getakseer te word.  Vir die Britse ryk en  selfs die hele wêreld word hy bewonder vir sy militêre suksesse veral in Noord-Afrika en selfs Suid-Afrika.  Die Britte sal vandag Jan Smuts, Louis Botha, Gen de Wet, selfs Paul Kruger bewonder vir hulle optredes teenoor hul eie nasie, maar dit wil voorkom dat baie Afrikaners nie dieselfde gesindheid wil openbaar nie.

    Cecil Rhodes sal baie Afrikaners haat en glad nie bewonder word nie.  Sy impak op Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambia word selfs vandag gevoel.  Vanuit sy Rhodes Scholarship, het menigte Afrikaners voordeel daaruit getrek.  Nieteenstaande sy negatiewe impak op Afrikaners, kan ek as Afrikaner, nie help om hom nieteenstaande te bewonder nie.

  • Beste Wouter.
    Oepsie-  vervang  asb. Jode met Duitsers .Amper herskryf ek hier geskiedenis.

    Putin se optrede en arrogansie hou 'n groot gevaar in vir Europa, want sulke mense hou nie op nie, totdat hul met ewe veel geweld gestuit word.Een van die baie redes waarom Hitler Poland binnegeval het omdat hy die Jode (skrap en vervang met Duitsers) wat daar gewoon het wou beskerm. Putin klink in die opsig net soos Hitler.

  • Beste Jaco,

    Jammer ek raak soms deurmekaar met al die name en toe noem ek jou sommer Wouter.

    Die Duitsers was die wêreld ver voor in veral vuurpyl tegnologie. Sonder die tegnologie en Duitse wetenskaplikes se hulp sou die Amerikaanse ruimteprogram veel langer geneem het om te ontwikkel. 'n Reis na die maan en  die lansering van satelliete sou  dus eers op 'n veel later stadium plaasgevind het. Die wêreld sou vandag anders gelyk het.

    Die Duitse weermag was tegnologies so ver voor die res van die wêreld dat dit eenvoudig alle teenstand
    uit die pad gevee het. Ook onder Putin het is die Russiese weermag drasties opgeknap en stel hy eenvoudig nie belang in die verouderde weermag toerusting wat in Crimea agter gebly het. Dit is presies wat Hitler gedoen het
    en die gevolge van sy magsug het tot die dood van miljoene mense gely. Mag die wêreld 'n soortgelyke episode lank gespaar bly.

    So het die gehate Hitler se optrede tog ook op tegnologiese en wetenskaplike gebied die wêreld vorentoe geneem. Daar het uit die verskriklike donker tydperk tog iets goed ontstaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top