Angus: mites, fiksie en midrash

  • 1

Beste Angus,

Elders tik jy onder meer: "Ja, mite is ook skepping van die menslike verbeelding, en as dit gestalte in skrif kry, is dit fiksie. Geskiedskrywing kan nie fiksie bevat nie, want dan is daar geen bewys voor nie, en dit mag nie. As dink jy mors jou tyd om midrash aan my te verduidelik, dan moet ek maar des noods self opsnork, nie waar nie?"

Angus, vir 'n baba is alles wat kan natmaak en dorsles byvoorbeeld "nanas".

Namate 'n mens se taalvaardigheid ontwikkel, vorm meer woorde en raak die nuanse daartussen ook belangrik.

Selfs al klink woorde dieselfde bepaal spelling daarvan die betekenis byvoorbeeld; Katoliek met 'n groot K en katoliek met 'n klein k - Kommunis en kommunis - Nasionaal en nasionaal - Neo- Liberaal en neo liberaal - Liberaal en liberaal - Woord en woord ... ensovoorts.

Hier op die werf is die uitdaging mense op verskillende vlakke van ontwikkeling wie almal by verskillende mylpale in die lewe is.

'n Voorbeeld daarvan is die kamstige sondelose ware gelowige en spiritueel intelligente Bybelaanbidders soos Trienie Mahne en Kobus de Klerk, wat geen onderskeid tussen 'n agnost, ateïs, agodsdienstige, of selfs jou pragtige neologisme "agelowige" kan maak nie.

Beskaafsprekend, is die hoogste strewe. Sulkes besig die standaardtaal en openbaar kulturele verfyndheid en opvoeding in hul spreektaal.

Daarom huiwer ek ook nie om my tot die gesag van verklarende woordeboeke te bind nie.

Ek deel die volgende paar sleutelwoorde en hul verklarings met jou:

(mite, mitologie, fabelkunde en godeleer)
mite, =s. 1. Tradisionele, gew. voorhistoriese verhaal of vertelling oor bonatuurlike mense of gedaantes wat die vergestalting is van die populêre of algemene geloof en sienings oor natuurlike verskynsels. 2. Sulke vertellings as versameling. 3. Denkbeeldige persoon, saak of idee. 4. Ongegronde praatjie. mitedigter.
mitologie. Die gesamentlike oorgelewerde mites van 'n volk; godeleer; fabelleer.
fabelkunde, fabelleer. 1. Kennis van fabels. 2. Mitologie, godeleer.
godeleer. Leer omtrent die gode, fabelleer, mitologie.

(fiksie)
fiksie, =s. 1. Verdigsel, versinsel, veronderstelling. 2. Verbeeldingskuns (letterkunde).
letterkunde, =s. Gesamentlikheid van werke van digters en prosaskrywers in enige land wat deur egtheid en skoonheid ons gevoel streel; kunsvoortbrengsels deur taal uitgebeeld, literatuur. in die letterkunde studeer.

(skryfkuns)
skryfkuns. 1. Kuns om mooi skriftekens te maak. 2. Kuns om gedagtes in skrif treffend weer te gee. 3. Bedrewenheid om literêre kunswerke te skryf.
skryflessenaar

(logika)
logika. 1. Regte manier van redenering. 2. Die regte opmekaarvolging van oorsaak en gevolg. 3. Dinkleer; redeneerkuns.

(teologie en godgeleerdheid)
teologie. 1. Godgeleerdheid. 2. Wetenskap van God en die goddelike wat steun op gegewens v.d. openbaring.
godgeleerdheid. Wetenskap v.d. godsdiens, teologie.

Uit bogenoemde is mite, duidelik nie fiksie nie (andersom ook nie).

Soos ek reeds menigmaal voorheen aan jou verduidelik het: nes teologie, vorm mites deel van die logika (mitologie in hierdie geval) en  fiksie deel van die letterkunde.

Fiksie is 'n bepaalde kuns om verbeelding in skrif treffend te weergee.

Alleen as jy wetenskap deel van die verbeelding beskou, is mites fantasieë.

Maar nou ja, uit ervaring weet ek dat "agelowiges" die wetenskap as die enigste regte manier van redenering ag en Godsdiens as dromery beskou.

Angus, na ek reeds so gefaal het om jou tot die eenvoudige onderskeid tussen fiksie en mite te vorder, dring jy steeds daarop aan dat ek jou in iets so gesofistikeerd soos "midrash" moet onderrig!

Vir jare reeds voer slimjanne soos Wouter Ferns en Chris Dippenaar  hul waan omtrent midrash op die werf.

Wouter Ferns meen midrash is net tot die Ou Testament bepaald aangesien die Nuwe Testament deur Christene geskryf is en dit daarom niks met Katoliek, of katoliek te make het nie.

Beide Wouter Ferns en Chris Dippenaar meen dat midrash 'n taboe-onderwerp vir alle katolieke (met 'n klein k) is, aangesien dit veral ontnugterde Protestante se siniese argumente ondermyn (voeg gerus by Wouter Ferns se bepaling met die volle steun van die Bybelaanbidders dat ek artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis geformuleer het, en dat katoliek met 'n klein k, my neologisme is).

Intussen het die Bybelaanbidder Kobus de Klerk ook onlangs gewaag met sy illusie dat Jesus ons van midrash verlos het, en dit daarom irrelevant is.

Ek het nog nie opgegee nie en oefen van tyd tot tyd my omskrywing van midrash sodat ek die sleutel daarvan (so algemeen in Katolieke en Anglikaanse katkisasie bekend), ook aan my Calvinistiese broers en suster kan oordra.

Ek het vrede met Google en moedig enigeen wat sou belangstel om die woord midrash op die Internet te ondersoek.

Ek deel heelhartig die volgende paar skakels:

 

http://judaism.about.com/od/glossary/g/midrash.htm

 

http://moriel.org/MorielArchive/index.php/teaching/a-beginners-look-at-midrash

 

http://www.catholicculture.org/culture/library/most/getchap.cfm?WorkNum=216&ChapNum=13

 

http://www.womenpriests.org/courses/inter/magi.asp
                                                                                     

https://swede1875.wordpress.com/category/midrash/

 

Let veral op hierdie deel uit laasgenoemde skakel:

For his part, Benedict XVI does not conclude that the Gospels must have been written in the style of the Midrash, but hê does say that  “the literary resemblance is beyond dispute.”  Regardless of how far one may wish to take this claim, for Benedict, it is clearthat the Gospels constitute a form of interpreted history:

{W}hat Matthew and Luke set out to do, each in his own way, was not to tell “stories” but to write history, real historythat had actually happened, admittedly interpreted and understood in the context of the word of God. Hence, the aim was not to produce an exhaustive account, but a record of what seemed important for the nascent faith community in the lightof the word. The infancy narratives are interpreted history, condensed and written down in accordance with theinterpretation.

Die onderwerpe is glad nie ingewikkeld nie.

Dit blyk gewoon asof die desperate slimjanne hier die troos van hul illusies koester.

Ek deel met jou die volgende video in die gees van die tyd:

 

 

Ek hoop werklik dit val geheel in jou bereik. Jode beskou die midrash/herinterpretasie daarin net so lasterlik soos anti- Semitiese ware gelowige Bybelaanbidders dit ook eweneens verag.

Mag Jesus Christus onse HERE, self die mite van die Evangelie in 'n ieder se hart waar maak.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 1

Kommentaar

  • Beste Cornelius, 

    Jy tik: “Selfs al klink woorde dieselfde bepaal spelling daarvan die betekenis...”
     
     Ja, nee, Cornelius, vir ? onkundige is alles ook “nannas”.
     
    Dit mag jou siening van die gesproke en geskrewe taal wees, maar dit is nie taalwetenskaplik nie.  Jy span die kar voor die perde.
     
    Die gesproke taal is primêr, en ? woord se betekenis lê in die woordvorm en in die konteks waarin dit in die sin gebruik word.  Die skriftelike taal is maar ? swak weergawe van die gesproke woord, en die spelstelsel is maar ? powere poging om om soms verskil in betekenis weer te gee.  Dit sou heel snaaks geklink het as jy in ? gesprek telkens moet verduidelik of jy nou katoliek met ? groot k of katoliek met ? klein k gebruik.  Dit behoort mos in jou gesprek, of sin, duidelik te wees wat jy bedoel.  Katoliek (met hoofletter) en katoliek is verskillende betekenismomente van dieselfde woord. 
     
     Jy sien Cornelius, as ? kind se neus loop en water loop, het “loop” verskillende betekenismomente volgens die konteks. 
     
     So is daar derduisende voorbeelde waar spelling jou nie help met die betekenis nie.  
     
     Om vir my die verskil tussen fiksie en mite te verduidelik, gee jy ? klomp woordeboekverklarings van woorde, o.a. dié van fiksie.  Jy versuim egter om ? woordeboekverklaring van mite te gee.  Kom ek doen dit vir jou.
    fiksie (1) Denkbeeldige voorstelling; versinsel, verdigsel. (2) Romanliteratuur.  
     
     mite (1) oorlewering omtrent gode en godsdiens; godeverhaal: Oud-Germaanse mites. (2) fabel: storie sonder grond.
     
     ? Mite kan dus ? mondelikse vertelling wees wat van geslag tot geslag oorgedra word, of die vertelling kan skriftelik opgeteken word.  Alle mites waarvan ek weet is skriftelik opgeteken, en as dit in skriftelike vorm verskyn, is dit ?f fiksie ?f dit berus op ware, kontroleerbare geskiedkundige feite.  Geen opgetekende mite waarvan ek bewus is, is geskiedskrywing nie. Anders gestel, ? mite kan nie geskiedskrywing wees nie en geskiedskrywing kan nie mite wees nie. 
     
    As ek beweer het dat ? mite fiksie is, het ek nie daarmee bedoel dat ? mite en fiksie sinoniem met mekaar is nie.  Ek het daarmee bedoel dat ? mite ? onderafdeling van fiksie is, en daarom is dit ook fiksie. 
     
    Die mite is eintlik ? onderafdeling van Didaktiese digsoorte.  Laasgenoemde bestaan uit die leerdig, die sage, die mite, die legende, die sprokie, die fabel, en die parabel.
     
     ? Mite het sy ontstaan hoofsaaklik te danke aan die neiging van primitiewe volkere om natuurverskynsels te personifieer, en hulle dan as goddelike wesens uit te beeld.  So is die wind, die donderweer, en selfs liefde en haat as gode en godinne voorgestel.  Die mite is dus heeltemal ? produk van die menslike verbeelding, en nie verbonde aan ? bepaalde persoon of gebeurtenis nie. 
     
      Volgens jou skakels is dit duidelik dat midrash ? verduideliking van fiksie is. Ek haal sommer uit die eerste skakel aan: “Midrash aggada can best be described as a form of storytelling that explores ethics and values in biblical texts. ("Aggada" literally means "story" or "telling" in Hebrew.)” 
     
     Groete, Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top