Afrikaanse films

  • 1

Ek is nie 'n geesdriftige fliekganger nie. Ek sal by die huis op die TV miskien 'n fliek sit en kyk. By die huis kan ek opstaan, iets gaan drink, bene rek of kommentare lewer. Ek kan ook nie te lank stil sit nie. Ek kry rustelose bene. Ek weet nie eers hoeveel kos 'n fliekkaartjie deesdae nie. Ek kan ook my eie springmielies maak.

Ek het verlede week een van die beter Afrikaanse films gesit en kyk. Dit was Die Wonderwerker wat oor Eugene Marais se lewe gehandel het. Die film was goed gemaak, die toneelspel was baie goed asook die storielyn.

Dit is baie beter as van die geykte swak toilethumor en ander afgesaagde kopies van Grease of een of ander musiekspel.

Doe zo voort.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top