Boekedag 2012: Reinhardt Fourie kies ’n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Ek sou graag Agaat wou wees uit die gelyknamige roman (2004) van Marlene van Niekerk. Ek wil regtig weet wat Agaat dink. Oor alles. Sy is een van die sentrale karakters, maar die leser kry nooit die geleentheid om deur haar oë te sien nie. Omdat die outeur vir Agaat slegs ’n enkele kort keer laat fokaliseer, kry mens weinig te sien van wat in haar kop aangaan, sodat mens saam met Milla vra: "Hoe moes dit voel om Agaat te wees? Hoe kon jy dit ooit te wete kom? Sou julle kon uitmaak wat sy sê as sy dit kon verduidelik? Sy sou dit in ’n ander taal as die een wat julle haar geleer het, moes uitlê" (Agaat, bl 574). Agaat is meteen alles wat Milla is, alles wat ons is, maar sy is soveel meer. "Naboots met ’n dubbele bodem" (bl 197).

Reinhardt Fourie studeer tans letterkunde in België. Hy resenseer soms films vir LitNet. Lees sy mees onlangse filmresensie hier.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top