Boekbekendstelling: Goeiemôre, mnr Mandela deur Zelda la Grange

  • 0

Titel: Goeiemôre, mnr Mandela
Outeur: Zelda la Grange
Uitgewer: Penguin SA
ISBN: 9780143539117

Koop Goeiemôre, mnr Mandela by Kalahari.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die boekbekendstelling van die boek wat almal wil lees, het op 19 Junie 2014 in Johannesburg plaasgevind. Zelda la Grange se boek Goeiemôre, mnr Mandela en Good Morning, Mr Mandela het gelyktydig by Penguin SA verskyn. Nadia de Kock het namens LitNet gaan foto's neem.

Zelda la Grange teken haar boek.

Onder die eregaste was Josina Machel, Ahmed Kathrada, Zindzi Mandela en (advokaat) George Bizos.

Hoofman Mandla Mandela

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu praat per videoskakel vanaf die buiteland met onderhoudvoerder Adriaan Basson (Beeld se redakteur) en Zelda la Grange.

Aartsbiskop Thabo Makgoba

Zelda se ouers, Des en Yvonne la Grange

Zelda la Grange saam met 'n bewonderaar

Melt Myburgh van Penguin SA

Mandla Mandela ontvang Zelda la Grange se boek oor die man wat die wêreld nooit sal vergeet nie.

Zindzi Mandela gesels met 'n vriend. In die agtergrond is Batsetsana Kumalo.

Ten slotte kry Zelda 'n toejuiging en 'n staande ovasie van die skare.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top