Benny Lindelauf in SA saam met ’n groot aantal LAPA-skrywers

  • 0

 

Benny Lindelauf (regs) is ’n Nederlandse outeur wat tans deur die land toer op uitnodiging van SASNEV, die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere. Saam met hom op die foto is Eureka Barnard, die hoof van SASNEV. (Foto: Izak de Vries)

Lindelauf tree Maandag (20 Oktober) en Dinsdag (die 21ste) in Kaapstad op saam met Nanette van Rooyen. Dinsdag sluit Eldridge Jason ook by hulle aan. Maandag se sessies sal grootliks gemik wees inligtingoordrag, terwyl hulle Dinsdag ’n kort, kreatiewe werkswinkel sal aanbied vir skoliere.

Vrydag die 24ste Oktober gee Lindelauf weer ’n werkswinkel om skeppende skryfwerk en leeslus onder skoliere aan te moedig. Hy doen dit saam met Fanie Viljoen en Jaco Jacobs in Bloemfontein.

Maandag 27 Oktober sal Lindelauf optree saam met Lisa Day, Marisa Haasbroek, Alet Steenkamp, Nerine Ahlers en Ilse Salzwedel by die Waverley Biblioteek. Die sessie is oop vir die publiek en begin om 10:00.

Op Vrydag 31 Oktober bied Lindelauf weer ’n werkswinkel oor skeppende skryfwerk aan, dié keer in Port Elizabeth saam met Heila Theron. Dit vind plaas by Grey Kollege en is ook oop vir die publiek. Belangstellendes kan vir Pieter Rademeyer van Grey Kollege skakel. Mense van alle ouderdomme is welkom.

Daniel Hugo het reeds twee van Benny Lindelaauf se boeke, Die hemel van Heivisj en Nege oop arms in Afrikaans vertaal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top