Bekendstelling van Voortrekkerleiers en Trekroetes in Pretoria

  • 0

BOEKBEKENDSTELLING: VOORTREKKERLEIERS EN TREKROETES

Pretoria, 29 September 2014. Voortrekkerleiers en Trekroetes, geskryf deur die bekende historikus, dr. Jan Visagie en uitgegee deur Die Erfenisstigting, word om 10:00 op Saterdag, 4 Oktober 2014 bekendgestel. Die funksie vind plaas in die Erfenissentrum, geleë op die Voortrekkermonument Erfenisterrein.

Voortrekkerleiers en Trekroetes is die eerste boek wat volledige beskrywings gee van die roetes wat die Trekleiers die binneland in gevolg het. Dis so gedetailleerd dat ‘n mens vandag bykans presies die Trekkers se spore kan volg.

Bywoning kan by Estelle Pretorius by navorsing@es.org.za voor 2 Oktober bevestig word. Die media is ook welkom om die geleentheid by te woon.
                                                                                                                                                           
Uitgereik deur:
Genl.maj. (Aft) GN Opperman
Besturende Direkteur
Die Erfenisstigting
Tel: 012 325 7885
Faks: 086 616 9587
E-pos: bd@es.org.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top