Sakkie Spangenberg se mening

  • 3

Ek lees vandag hierdie kommentaar van Sakkie Spangenberg op die NHN se webwerf raak:

“Lees ek vandag Christina Landman se stuk in Beeld (5 Augustus 2014) oor Wilhelm Jordaan se bekentenis dat sy geloof nie aldag meer so vas en seker is nie, en Adrio Koenig se reaksie daarop, naamlik dat geloof altyd vas en seker moet wees en dat syne nog nooit gewankel het nie. Onlangs het hy en Julian Muller op "Dagbreek Bestes" ook verskil. Ek het Piet Croucamp se artikel daarnaas interessant gevind. Dit handel oor die ANC wat so neersien op gegradueerdes. Eintlik kom 'n politikus die beste sonder grade klaar. Ek wil beweer dat dit ook van vele dominees geld: "Moet tog nie studeer nie, want dit maak dat mens begin twyfel. God sorg dat die eenvoudiges van gees verstaan." Hoe seg Paulus: "Waar is die wyses van hierdie eeu ...?" Ek wonder of Adrio al wyer as die teologie gelees het. Sodra mens dit begin doen, besef jy dat die Bybelboeke met 'n uitgediende kosmologie, geologie en antropologie werk. Voorts dat die Christelike geloof soos dit tradisioneel in die drie ekumeniese belydenisse verwoord is, moeilik te rym is met ons moderne kennis.”

Ek kan maar net sê hoor-hoor.

Groetnis

Thomas

  • 3

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Thomas,

    Vir geloof om seker en onwankelend te wees moet mens altyd in gedagte hou dat jy moet glo "soos 'n kind". Skakel dus al die hoër fakulteite af soos rede, denke en logika, ignoreer kennis, en staak eenvoudig om te dink! Dit is so eenvoudig. Anders kan geloof nie die lig van gesonde kritiek verduur nie, en sal begin wankel.

    Goeie denkende teoloë soos Bart D. Ehrman glo nie meer in die Hebreeuse mites en feëverhale van sy teologiese fakulteit nie. Dit is 'n besondere vooruitgang in die evolusionêre ontwikkeling van die mens en sy denke.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys.

     

     

  • Francois Malherbe

    Geagte Pieter

     
    Kind wees is die voorreg van 'n kind. As volwassenes probeer kind wees raak hulle kinderagtig.
     
    Groete
     
    Francois Malherbe
  • Hallo Thomas,
    Ook Jurie van den Heever het in sy:  Quo Vadis: ‘n Ope brief aan die gereformeerde kerke in die RSA die volgende kommentaar oor Sakkie Spangenberg gelewer wat by die artikel wat jy aangehaal het, aansluit:
    “Sakkie Spangenberg toon in sy jongste boek, Jesus van Naseret (2010), hoekom hy een van die voorste Bybelwetenskaplikes in Suid-Afrika is. In soepel Afrikaans word meer as vier eeue se navorsing oor die Ou en Nuwe Testament onder die vergrootglas geplaas en saam met sy eie insigte, elegant saamgevoeg tot `n rasionele en ewewigtige basisdokument vir ’n nuwe hervorming.
    "Op grond van al hierdie inligting sal die gereformeerde kerke uiteindelik oop kaarte met ons moet speel en erken dat groot dele van die Bybel verkeerd vertolk is.
    "Die tyd is ook verby dat kritici gemuilband kan word deur te beweer dat hulle die Bybel nie verstaan nie, of dit nie reg lees nie, of dat hulle nie gelowig is nie.
    “Sommiges neem selfs die posisie a lá Adrio König in (Ek Glo die Bybel – Ondanks al die Vrae, 2003) deur te verklaar dat hy die Bybel in elk geval glo, ten spyte van al die ongerymdhede. Om so kop in die sand te steek, los  niks op nie.”
    Groete,
    Panda

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top