lippetaal herbesoek

  • 0

– naglied vir hennie aucamp

die stil weerkaatsings van bestaan
klink in bloeisels breekbaar van ‘n boom
se dradrag in vroegherfs

en ek behou die potloodsketse
van adriaan van z se skildery
van ‘n afwesige intieme

en ‘n brief gedateer 27 augustus 2004
oor lippetaal se verhaal:

ek wil nie oor jou rou nie
jou selfmoord was verraad
jy’t my verlei tot lewe
maar in die steek gelaat

die lewe sal bly bloei
en verder verby stiltes en afwesighede breek

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top