Kinders op pad

  • 0

My kinders ek gee julle
die suiwer lug,   
die Kaapse berge
en die somersee.
Wit herfsvlinders.
Joburg se bome,
handevol perdeblomme.
Ek gee julle my karos
As doepa teen die kou.

Ook: Leipoldt se handvol gruis,
Breyten se rooiborsduif,
Van Wyk Louw se beiteltjie,  
Boerneef se berggans,
en dié polfyntjie.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top